BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Aankondigings moet letterlik opgeneem word, - Einde - Toekoms – Hede 3710 Indien julle die tyd nog nie as ryp beskou waarin vervul sal word wat in woord en geskrif verkondig is nie, dan sal julle onverwags getref word, want My Wil, sal in aksie kom soos wat dit sedert ewigheid bepaal is. Wanneer julle oë oop is vir, en julle die vermoë het om te oordeel oor, die geestestoestand van die mensdom, sal julle ook nie twyfel aan My Woord nie en sal julle elke dag voorberei op die vervulling van My aankondigings, en slegs hy wat nog blind van gees is, sal wag op ‘n verder toekomstige tyd. Ook wanneer hy gelowig is, d.w.s. om My as Bestuurder van alle lotgevalle te erken, en om die samehang van alle skeppings met hul Skepper presies te ken, om op hoogte te wees van die doel van die mense op aarde, en die gevolge van die verontagsaming daarvan, sou die mense die sekerheid gee dat die einde in aantog is en alle twyfel sou ongegrond wees. Die kennis ontbreek hulle egter en slegs weiniges het daarom die insig dat daar nie veel meer tyd oorbly vir die geestelike ontwikkeling van die mense nie. Solank as wat hulle meer aandag aan die aardse ontwikkeling skenk, sal die laaste tyd nie produktief benut word nie. Die mense moet hulle daagliks voorberei, sodat die einde hulle nie sal bevrees nie. Wie sal egter so-iets doen, indien hy nog nie die tyd kan aanskou wat die einde van ‘n verlossingsperiode aankondig nie? Elke gedagte aan uitstel sal nadelig wees vir die siel, en wanneer Ek julle op hoogte bring deur My bodes wat Ekself onderrig, wanneer Ek julle wil inwy in My verlossingsplan en julle bekend maak dat julle nog min tyd oorhet, neem dan hierdie woorde van My in die volste geloof aan, bedink dat Ek julle nie verniet hierdie aansporings en onderrig laat toekom nie en rig julle lewe in gehoorsaamheid daarvolgens in. Reken op ‘n spoedige einde en neem alles letterlik op wat Ek julle verkondig deur My dienaars op aarde. Glo dat die toekoms ook eendag die hede sal word en indien julle aan die woorde geen waarheid heg nie, kyk dan na die lewe en doen en late van die mense om julle, kyk na wat daar oral gebeur, herken en erken die geestestoestand van die algehele mensdom op aarde, wat hulself oortref in liefdeloosheid en handelinge wat nie in ooreenstemming is met My gebod van die liefde nie. Die insig moet vir julle die bevestiging wees van My aankondigings, julle sal daaruit kan bepaal watter uur geslaan het en dus My ingryping daagliks en op elke oomblik verwag, want dit sal die einde voorafgaan, wat nie te lank op hom sal laat wag nie. Ek onderrig My dienaars op so ‘n wyse, dat julle sal moet insien dat Ek hulle vir ‘n taak oplei. Ook die spoedige werksaamheid van hierdie dienaars moet vir julle ‘n bewys wees, want Ek het geen skool onderrigte verkondigers van My woord nodig nie, inteendeel moet dit mense wees wat hulself omvorm het om ‘n opnamehouer te wees van My Woord deur hul lewenswandel, sodat hulle oortuigend vir My Woord kan opkom. Hulle sal dus ook spoedig hulle amp moet aanvaar om suksesvol werksaam te kan wees vir My en My Ryk op hierdie aarde. As so iemand My woord uit hul mond aanneem en ook bereid is om My te dien, vir My werksaam te wees in die laaste tyd voor die einde, sal hy ook die tyd herken en weet dat dit gekom het, hy sal self die noodsaaklikheid van My werksaamheid in die laaste tyd insien en nie twyfel aan My woord nie, hy sal rekening hou met die tyd wat vlak voor die deur staan, omdat dit aan hom toegestaan word om vir My te werk, want wie My Woord gelowig sal aanneem, sal ook die nabyheid van die einde voel. Hy sal die lae vlak van die mensdom sien en sal weet dat daar geen geestelike opbloei op hierdie aarde meer kan wees nie. Wie egter slegs die wêreldgebeure beskou, sal geen oog hê vir die geestestoestand van die algehele mensdom nie en daarom sal hy ook nie erken dat die tyd van die einde gekom het nie. Dog onverwags vinnig sal die dag daar wees wat Ek vasgestel het sedert ewigheid as die einde van ‘n verlossingsperiode. Wag julle daarom maar daarop en berei julle voor, sodat julle hierdie dag nie hoef te vrees nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205