BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 303

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Oorwinning oor die dood deur Jesus Christus 4614 Die wêreld is verlos van sonde. Die mense moet jubel en juig wanneer hulle bewus word van hierdie groot genade wat vir hulle 'n onuitspreeklik swaar lot in die hiernamaals sal spaar, indien dit benut word, wanneer daar dus in geloof aan die verlossing deur Jesus Christus gevra word om vergewing van die sondeskuld. Jesus Christus het die verlossingswerk volbring, wat so belangrik is vir alle wesens op aarde en in die geesteryk en die mense neem so weinig notisie daarvan en maak geen gebruik van hierdie ondenkbare genade nie. Jesus het hom laat kruisig uit liefde vir Sy medemens en het weer op die derde dag opgestaan uit die dood. Hy het die dood oorwin en Hy wil dat alle mense deelagtig wees aan die offer wat Sy Liefde vir die mense gebring het. Hy wil dat ook hulle oorwinnaars van die dood moet word. Dat hulle die dood nie meer hoef te vrees nie en dus die ewige lewe kan ingaan, omdat Hy die versperring afgebreek het deur die werk van verlossing wat nie in sy volle betekenis begryp kan word solank as wat die mens op aarde is nie. Hy het die dood oorwin en daardeur die ban verbreek. Die mense wat onvry was deur die vroeëre sonde van opstand teen God, wie se wil onder die invloed van Sy teenstander gestaan het en wat hulleself nie van hom kon vrymaak nie, is nou deur die kruisdood van Christus in die posisie om hulleself los te maak van die teenstander van God, indien hulle Jesus Christus om bystand sal aanroep in elke nood, ter wille van die verlossingswerk wat die mens Jesus vir sy medemense volbring het. Dus is Jesus die voorspreker by God vir almal wat in Hom glo en hul bes doen om in navolging van Christus te lewe, wie dus nou werksaam is in liefde en Sy gebooie onderhou. Dan doen hy dit wat God hom as taak gestel het gedurende sy bestaan op aarde. Dan bevry hy homself van die bande van die dood, want om gebonde te wees aan die teenstander van God, is ‘n sekere dood vir die siel. Jesus het die dood oorwin. Hy was mens en het ook gesterf as mens, alhoewel Hy met God se Gees vervul was en die bitterste dood wat Hy self gekies het, ook van homself kon afwend as gevolg van Sy onbeperkte mag. As mens het Hy vir God die offer aangebied en het daardeur Sy teenstander oorwin. Onselfsugtig het Hy slegs gedink aan die leed en die sondeskuld van Sy medemens en Hy wou hulle lot verlig wat die gevolg is en was van die sonde. En God het die offer aangeneem. Hy vergewe diegene se skuld, wie Jesus as Middelaar aanroep om Sy genade en voorspraak. Maar om die offer aan te neem en die sondeskuld te vergewe, verseker die ontwaking tot lewe in die ewigheid. Dus bestaan daar geen dood meer nie, want na die liggaamlike dood gaan die siel die ligryk binne na 'n ewige lewe. Maar slegs die siele van hulle wat Hom erken, wat in Hom glo as God se Seun en Verlosser van die wêreld. Die mense moet triomfeer dat die dood nou oorwin is en dat Jesus hierdie werk volbring het. Want nou het die dood sy verskrikking verloor, omdat daar 'n ontwaking is in die geesteryk, omdat die teenstander van God geen mag meer het oor die mense, wanneer hulle hulself oorgee aan die goddelike Verlosser en om Sy hulp vra, om versterking van die wil en die genade van die verlossingswerk, om vergifnis van die sondeskuld wat die mens saamgeneem het as erfenis van die eens gevalle gees waartoe hy self behoort het. Hy is verlos van hierdie sonde deur Jesus Christus. En hy sal jubel en juig wanneer hy die liefde van die mens Jesus voor oë hou, Wie die moeilikste op aarde volbring het waartoe 'n mens ooit in staat was. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205