BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 308

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Werksaamheid in liefde – Die gebruik van die krag wat God ons laat toekom – “Wie in die liefde bly”. 4629 Die liefde moet steeds aan julle gepredik word, waarsonder julle kragteloos is en sal bly. Die werksaamheid in liefde stel julle in besit van krag, waaronder egter nie die lewenskrag te verstaan is, wat elke mens besit nie, ook wanneer hy die gebod van die liefde nie in ag neem nie. Hierdie lewenskrag egter stel die mens in staat om in liefde te werk, sodat hy homself dus ook maklik in besit van geestelike krag kan stel, waarmee hy dan met sy siel se positiewe ontwikkel kan slaag. Daarom moet die liefde vir die mense gepredik word, omdat elkeen in staat is om werke van naasteliefde te verrig, indien hy maar net wil. En dit moet hy gebruik om hom van iets te verseker voor die tyd na sy dood, waar die lewenskrag hom ontneem sal word, terwyl die geestelike krag, wat hy verwerf het deur werksaam te wees in liefde, sal bly, en hy daarmee aan sy eie voltooiing kan werk in die geesteryk en ook met die siele wat nog benede hom staan in hul ontwikkeling. Kom die gebod van die liefde na. Hierdie aanmaning kan nie nadruklik genoeg vir julle klink nie, want julle is lui en onverskillig en heg nie veel waarde aan My gebooie nie. Maar dat elke werk van naasteliefde die gevolg het dat julle nader aan My kom, dat ’n werk van liefde as te ware in lig ingeslote is, dat julle, indien julle liefhet, Myself na julle toe trek, is nie vir julle duidelik nie, andersins sou julle bewustelik gestreef het om nader aan My te kom en julle sou onnoemlik veel gewen het vir julle siele vir die ewigheid. Om werksaam te wees in liefde, is al ’n gebruik van die krag wat Ek aan julle gee, wat julle gegee word wanneer die wil in julle gewek word om 'n daad van naasteliefde te verrig. Werksaamheid in liefde is dus om saam met My werksaam te wees en as julle julleself indink dat Ek by julle aanwesig is, wanneer julle werksaam is in liefde, dan moet die verlange na My en die bewussyn van My nabyheid, julle daartoe aanspoor om voortdurend met My saam te werk. Julle sal niks kan bereik sonder liefde nie. Niks het waarde voor My oë sonder liefde nie. En al bereik julle alles op aarde en is julle in julle harte sonder liefde, dan moet julle julle nie daaroor verheug nie, want dit is waardeloos vir die ewigheid. Dit het geen nut vir die ontwikkeling van julle siele nie, en arm en leeg sal julle die geesteryk binnegaan. Geen werke van liefde sal julle daarheen navolg nie en dit sal julle eens bitter berou. Maar die liefdevolle mens kan op aarde arm wees. Aardse goedere en aardse geluk kan hom ontsê bly, maar sy siel sal kan jubel en juig, omdat sy met My die aaneensluiting gevind het, omdat Ek voortdurend naby aan haar is en elke daad van liefde My teenwoordigheid aantoon: "Wie in die liefde bly, bly in My en Ek in hom." Sonder liefde is daar geen vereniging met My nie. Slegs die liefde verbind met My. Die liefdevolle mens pas sy wese by My oerwese aan, wat op sigself liefde is. Vervul met krag sal hy kan werk op aarde en in die hiernamaals, omdat die liefde krag is wat van My uitgaan en julle voortdurend in staat stel tot nuwe dade van liefde. Benut die lewenskrag en wees werksaam in liefde. Ek roep julle steeds weer hierdie aanmaning toe, want slegs die liefde sal julle verlos. Sy maak julle vry van die kettings van die teenstander en lewer aan julle die aaneensluiting met My, Wie die ewige Liefde self is. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205