BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 314

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Daar sal geen steen op die ander bly nie 4639 Daar sal ‘n tyd aanbreek waarin alles verlore sal gaan wat moeisaam verkry en opgebou is. En daar sal ‘n tyd aanbreek waarin die mense die waardeloosheid sal insien van wat dienstig was vir die liggaamlike welsyn en dan sal hulle volledig “arm” wees, omdat die geestelike rykdom hulle sal ontbreek, wat hulle oor aardse verliese heen sou kon gehelp het. Ek wys julle deurlopend op hierdie tyd, want dit sal gebeur soos wat dit verkondig is in woord en geskrif: “Geen steen sal op die ander bly nie”. Maar hoe onbegryplik dit ookal mag lyk vir mense wat maar slegs wêrelds ingesteld is, naamlik dat daar so ‘n vreeslike vernietigingswerk deur ‘n hoër mag sal plaasvind, tog is dit onvermydelik. Eerstens moet dit ‘n opvoedende werking hê en tweedens is dit al voorsien in My heilsplan van ewigheid af vir die gees wat hulleself nog in ‘n lae toestand van ontwikkeling bevind en daardeur tot ander vormveranderinge moet kom. En dat dit die mense bomate swaar sal moet tref, is nodig, want hulle slaan geen ag meer op hul geestelike ontwikkeling nie. Hiermee word daar egter nog ‘n laaste aansporing vir hulle voor die einde gegee, wat hulle ook sal ignoreer, indien hulle nie gewillig sal wees om te verander en opwaarts wil streef nie. Die mense kan slegs nog maar hard aangevat word, want hulle was nie meer toeganklik vir sagte vermaninge nie en alles wat hulle tot dusvêr oorgekom het, het sonder sukses gebly. Daar sal egter in die komende tyd ‘n ingrypende verandering kom, sodat die denke van die mense onwillekeurig gelei sal word na die doel en die betekenis van die aardse lewe. Miskien sal daar by enkeles nog ‘n verandering bewerk kan word wat tot hulle verlossing sal lei. Die nood sal so groot wees, dat die gewilligheid om te help oral sal ontwaak waar daar nog ‘n vonkie van liefde in die harte te vinde sal wees. En die vonkie sal voedsel (wederliefde) vind en ‘n vlam word. Want wie sal wil help, sal ook helpend ingryp om die sware lot vir die naaste te versag, omdat hy self sal weet hoe smartlik die noodlot elkeen getref het. En hierdie hulpvaardiges sal ook deur My gehelp word, want My hulp sal kom wanneer daar geen ander uitweg meer gevind kan word nie, as ‘n sigbare teken van ‘n hoër Mag wat Homself in liefde neerbuig tot die mense om Homself aan hulle te openbaar, want menslikerwys sal dit wel lyk of daar geen hulp meer moontlik sal wees nie. Wat egter vir die mense onmoontlik is, kan Ek nog altyd tot uitvoering bring en daarom sal die grootste nood ook nie hopeloos wees nie, want vir My is niks onmoontlik nie. Daarom sal die liefde tot die naaste ook weer goeie vrugte dra en dit sal weer My Liefde tot gevolg hê. En dit beteken bystand, genade en ’n buitengewone toevoer van krag, sodat Myne niks sal hoef te vrees nie. Hulle sal die nood ook nie so swaar voel nie, omdat hulle vol krag sal wees en Ek steeds as Helper aan hul sy sal staan. Want terwille van hul geloof sal Ek duidelik werksaam wees, om voor die einde nog die weiniges te wen wat ‘n swak geloof het, maar wie van goeie wil sal wees. En hulle sal ook versterking ervaar om die tyd van nood te kan deurstaan, sonder om skade te ly aan hul siele. Maar Myne sal onder My beskerming staan en sal hierdie tye onbesorg tegemoetgaan, want dit sal nie lank duur nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205