BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 323

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Wêreld wil wonderwerke sien maar sien die grootste wonderwerk nie 4665 Dit sal vir julle vreemd voorkom dat Ek My nie in alle glorie openbaar nie, d.w.s. dat Ek My nie deur ongewone, opvallende verskynings kenbaar maak nie, inteendeel, eenvoudig en sonder prag en praal My slegs deur My Woord uiter, daar waar Ek aanwesig kan wees. Die wêreld wil wonderwerke sien, maar Myne sien die wonderwerke oral en herken My daarom ook in die eenvoudigste gewaad, omdat hulle My Gees bemerk Wie Haarself nie as verblindende lig bekendmaak nie, maar ‘n sagte en helder lig versprei wat van binne uitstraal, vanuit die hart, waar Ek Self kan vertoef. Die wêreld wil wonderwerke sien en sien nie die grootste wonderwerk nie. Want is dit dan geen wonderwerk dat julle die stem van God kan verneem nie, dat Ek Self met julle spreek net soos ‘n vader met sy kinders spreek nie? Is dit dan geen wonderwerk dat Ek Self vir julle opheldering gee oor vrae wat ‘n denkende mens besighou en wat hy nie vir homself kan beantwoord nie? Is dit geen wonderwerk dat julle dieselfde Leermeester in julle dra, Wie julle in die suiwerste waarheid onderrig en julle wetend laat word nie? Julle, wie julle God in die vêrte soek, sal die wonderwerk nooit begryp nie en daarom ook nooit kan glo nie, want julle laat My immers nie toe in julle werke nie, dus kan Ek My ook nie aan julle bekend maak nie. Maar Myne, wat deur hulle gedagtes met My verbonde is, wat My steeds naas hulself voel, is onder die indruk van hierdie wonderwerk, die wonderwerk is slegs verborge vir hulle, d.w.s. hulle kan dit nie in sy totale diepte verstaan wat aan hulle voltrek word nie, omdat hulle onbevange moet bly in die verkeer met My, omdat hulle My as Vriend en Broeder kan toespreek en hulself aan My kan toevertrou, sonder om ‘n te groot vrees vir My te voel. En Ek is hulle daarom meer naby as diegene wat My met hulle verstand wil deurvors en My tog nie kan vind nie. Maar aan enigeen sal Ek ook verskyn en hulle sal dan kan getuig van My en My as waaragtig bestaande beskrywe en deur hulle geloof sal hulle ook die mense gelowig maak wat nog swak is, maar nie sonder geloof nie. My Woord sal vir homself spreek en My bewys aan die wêreld. Die inhoud van dit wat uit die hoogte na die aarde gestuur word, is ‘n wonderwerk wat meer sê as elke onmiskenbare buitengewone gebeurtenis wat die mense as “God bewysend” sou wil verklaar. My dienaars op aarde, wat beskeie bly en My Woord nie in ekstase in ontvangs neem nie, wat dit net so eenvoudig weergee soos wat hulle dit van My ontvang het, word weliswaar nie innerlik opwindend getref nie, maar hulle siele ervaar die genadevolle ongewone belewenis en bevind hulself in die lig, selfs wanneer die mens dit nie as sodanig buitengewoon ervaar nie. Ek weet ook waarom My dienare hierdie skynbare ongevoeligheid moet hê en so is ook hierdie werksaamheid van My tog nie nadelig vir die siel nie, maar eerder voordelig. En laat die waarde van die bekendmakinge deur sulke gedagtes daarom nie vir julle minder word nie, maar weet dat Ek Self by julle aanwesig is wanneer julle My stem verneem en dat hierdie teenwoordigheid van My waarlik die grootste wonderwerk is wat weinig mense sal glo of bewustelik sal meemaak. Want die wêreld wil kyk en verbaas staan, maar nie stil luister en dankie sê vir elke openbaring wat so in die verborgenheid gegee word nie, maar dit is wat die oorbring van My Woord van bo vir die mense beteken. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205