BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 324

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Die aanleiding tot God se buitengewone werksaamheid 4670 Groot is die geestelike nood op aarde. Weer is daar ‘n lae geestelike vlak net soos in die tyd van My koms op aarde, want die mense is nie meer in staat om My stem te hoor nie. Hulle kan en wil My nie meer hoor nie en daarom gaan hulle sonder doel of plan op hulle aardse lewensweg, ofskoon hulle aardse doelwitte nastreef waarvoor hulle buitengewoon aktief is. Die weg tot My vind hulle egter nie meer nie en so hou hulle, hulleself afsydig van Hom wat hulle enigste doel behoort te wees. Hulle glo nie meer in My nie, omdat hulle niks meer van My weet nie en hulle voel daarom ook geen liefde vir My wat hulle uit hulle lae geestelike toestand kan help nie. Hierdie situasie kan as ‘n noodtoestand beskou word, omdat ‘n gebrek aan geestelike kennis ook ‘n toestand van ellende in die ewigheid tot gevolg het. Maar elkeen kan hierdie toestand voorkom, indien hy sy lewe op die korrekte manier sou benut. Ek ken die verskriklike lot van die siele en sien hoe die mense in hul blindheid die afgrond tegemoetgaan. Ek roep hulle vermanings en waarskuwings toe, Ek stuur leiers op hulle weg wat hulle na My wil moet terugbring, maar die wil van die mense is voortdurend op die afgrond gerig. Hulle laat hulle nie meer onderrig nie, maar bied weerstand teen My gevolmagtigdes en onttrek hulle op die manier van My sorg. Hulle kom selfs in opstand teen My, vir Wie hulle van ganser harte moet liefhê en tot Wie hulle graag sou moes gegaan het as kinders na hulle Vader. Maar hulle volg liewer die lokkende roepstem van die wêreld. Hulle kies slegs die aardse lewe en daarom kan Ek hulle nie meer bereik nie. Daarom kan hulle My Woord ook nie meer hoor waarmee Ek hulle vir ewig wil wen nie. Desondanks laat Ek die mense nie val nie en wanneer hulle nie na My wil luister nie, moet Ek probeer om hulle via omweë te bereik. Ek stuur dan bodes na hulle toe waarteen hulle nie afwysend staan nie en deur hierdie bodes spreek Ek dan woorde van liefde tot hulle vir die sorg van hulle siele. Ek wil graag na My kinders toe kom, maar hulle wil My nie aanneem nie. Daarom kies Ek vir My ‘n uiterlike vorm en verberg My agter hulle wat My toegeneë is, maar wat omgaan met hulle wat nog vêr van My af staan. Op hierdie manier tree Ek met hulle in verbinding, ofskoon hulle My nie herken nie en maar net My bodes hoor praat. Kan julle mense nou verstaan wat My daartoe beweeg het om Myself op buitengewone wyse te openbaar deur My Woord na die aarde toe te stuur en tot julle te spreek via My gewillige dienaars? Kan julle die groot nood verstaan wat Ek wil afweer en om welke rede Ek alle middele uitbuit om toegang te verkry tot die mense van die wêreld? Daar is nie veel meer tyd na die einde toe nie, daarom is hulp dringend nodig, indien Ek My skepsele nie wil laat verlore gaan nie en Ek hulle kan bewaar teen ‘n herhaalde weg deur die hele skepping nie. Hierdie groot nood kan nie in sy volle omvang deur julle mense gemeet word nie. Maar Ek ontferm My oor die mense wat nog baie moontlikhede besit om hulle aardse doelwit te bereik, maar wat nogtans nie daaraan dink hoe dit met hulle gesteld sal wees na hulle dood nie. Ek het medelye met hulle, maar kan hulle nie andersins help, as met My Woord van bo nie. Ek kan hulle slegs onderrig en wys op hulle groot nood, maar as gevolg van hulle vrye wil kan Ek hulle onmoontlik dwing om te verander volgens My begeerte nie. Slegs dit kan Ek julle te kenne gee, dat Ek waarlik alle middele sal aanwend om julle te help en daarom My Gees sal uitstort oor hulle wat My sal help met die verlossing van hierdie mense. Glo dus diegene wat Ek na julle toe stuur as My bode en glo dat die geestelike nood reusagtig groot is, dat Ek elkeen sal aanneem wat geen weerstand teen My bied nie, sodat Ek hom Self kan nader en hy My kan herken as hy maar net wil. Laat My daarom help en wys My nie af nie, draai terug op julle weg en ontvlug die afgrond. Nog bestaan die moontlikheid daartoe, ofskoon die termyn wat Ek julle nog vóór die einde gee, maar kort is. Laat julle waarsku en volg My dienare wat Ek na julle toe stuur en herken daaraan die groot liefde van julle Vader, Wie julle slegs tot die terugkeer in die Vaderhuis wil beweeg, sodat julle salig kan word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205