BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 325

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Ryp word van die siele deur leed – God se sorg - Die wêreld en God 4672 Wat julle tot geestelike voordeel sal strek vir julle aardse lewens is al van ewigheid af voorsien. Daarom kan julle alles, alle belewenisse, moeilik en droewig, vreugdevol en verheffend, sien as deur My opgelê, wat slegs julle geestelike voltooiing ten doel het. As julle vanuit hierdie gesigspunt die verloop van julle lewe bekyk, dan mag niks julle terneerdruk, beswaar of verskrik nie, want dit is alles vir julle beswil. Julle kan deur elke gebeurtenis ryp word, julle kan voordeel daaruit trek vir julle siele as julle steeds My as Diegene sien, Wie dit oor julle laat kom en julle so met My verbonde bly, deurdat julle steeds julle blik na Bo sal rig op julle Vader, Wie julle tot sy kinders wil vorm op hierdie aarde. Angste en sorge val weg wanneer julle dit aan My voorlê, sodat Ek julle kan help. Julle sal nooit alleen staan indien julle My naas julle duld nie, d.w.s. indien julle nie alleen wil staan nie. Indien julle My nooit sal uitsluit uit julle lewens nie, indien julle julle denke, wil en handel geheel aan My toevertrou dat Ek dit vir julle kan doen, sodat Ek julle kan lei en julle nou slegs uitvoerders van My wil sal wees. Hoe sorgloos en onbeswaard sou julle mense nie die aardse weg kon afgelê het nie, indien julle maar net saam met My sou wil gaan. Maar die wêreld dring haarself dikwels soos ‘n muur tussen julle en My. Die wêreld is vir julle die naaste, terwyl julle My agter stel, selfs nog wanneer julle aan My wil behoort. Die wêreld is nog vir julle te belangrik, julle sien nie haar onbeduidendheid in nie, omdat julle nog midde-in die wêreld staan. Sodra julle My egter voor die wêreld kan plaas, sodra julle slaag om My steeds in die eerste plek te stel, sal die wêreld julle ook nie meer beswaar en ook nie meer verontrus nie. Julle sal haar spelenderwys baasraak en julle sal heer wees oor alles wat van die kant van die wêreld op julle afkom. Probeer dit, laat Ek vir julle sorg. Gee julleself in volle geloof oor aan My hoede en sorg. Vervul julle plig in die eerste plek teenoor My, d.w.s. leef volgens My Woord en wees ywerig besig vir My en My ryk, deurdat julle My wil ook aan julle medemens verkondig, deur hulle steeds te wys op hul eintlike bestemming en hulle aan te spoor om aan hul siele te werk, deurdat julle hul laat toekom wat julle van My ontvang, My Woord, wat aan hulle opheldering sal verskaf terwyl hulle nog in die duister voortgaan. Maak ook julle medemens opmerksaam dat Ek die lot van alle mense bestuur, dat niks sonder doel en betekenis met die mense gebeur nie, dat slegs die geestelike positiewe ontwikkeling die doel van elke gebeurtenis is. En dat alles verdra kan word, indien Ek om hulp versoek word, as Skepper en Bestuurder van ewigheid erken word en as Vader aanbid word vir My sorg. Waarsku hulle, dat hulle My nie terwille van die wêreld vergeet nie, dan sal die aardse lewensweg van elke mens maklik begaanbaar wees en sy siel sal met alles wat sy ervaar tot haar voordeel werk. Want Ek het slegs die voltooiing van julle siele voor oë wanneer julle deur leed moet gaan. Julle kan dit egter self vir julle draaglik maak, indien julle My Woord in ag neem en My steeds naasaan julle laat gaan. Want Ek is julle Vader en wil steeds net die beste vir My kinders hê. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205