BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 328

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Die onderwerping van die wil aan die goddelike wil 4687 Die opgaan in My wil het onherroeplik die aaneensluiting met My tot gevolg. Want dan streef die mens na volmaaktheid. Hy pas homself aan by My oerwese en word nou My ewebeeld, sodat elke kloof tussen My en hom oorbrug word en hy as helder geestelike wese voortdurend in My nabyheid sal kan vertoef. Die opgaan in My wil beteken die opgee van die vroeëre weerstand, die erkenning van My Self as die hoogste en mees volmaakte Wese, die skikking volgens die goddelike ordening en ’n omvorming tot liefde, omdat Ek die liefde as eerste voorwaarde stel om Myself aaneen te sluit met My skepsels. Die opgaan in My wil beteken verder 'n totale losmaking van My teenstander, wat probeer om 'n heeltemal teenoorgestelde wil op die mense oor te dra en die mens moet nou uit homself beslis om sy wil aan My wil te onderwerp. Dus het die teenstander die reg verloor om oor die mens te heers en dit het hom bevry uit sy kettings. Die opgaan in My wil stel egter ook kennis van My wil voorop en dit is weer die rede waarom Ek My Woord na die aarde moet stuur, sodat die mense kennis kan ontvang van My en My wil. Dit is dus 'n daad van liefde en barmhartigheid dat Ek die mense nie aan hul selfgekose lot oorlaat nie, maar hul lewenstaak aan hulle bekendmaak, dat Ek aan hulle die weg toon wat hulle moet gaan en dat ek hulle dus met My wil bekendmaak, alhoewel Ek aan hul die vrye keuse laat om dit na te kom of te verwerp. En nou is dit deurslaggewend in hoeverre die mens homself nog wil oopstel vir die invloed van My teenstander. Hy het self 'n vrye wil en word dus nie gedwing om My wil aan te neem of die van My teenstander nie - wat ook deur liggaamlike indrukke en gevoelens poog om by die mens gehoor te word. Sy hulpbronne is vermaaklikhede en vreugdes van die wêreld, maar My middel is 'n uitstraling vanuit die geestelike ryk wat - indien dit benut word - die siel van die mens ook die geestelike ryk binnetrek, want die opvolg van My woord is as 'n onderwerping van die wil aan My wil en dus 'n digterby kom aan My, wat sal eindig in die algehele aaneensluiting met My. Die onderwerping van die wil beteken dus die nakoming van My wil, My gebooie wat Ek deur My woord aan die mense bekendgemaak het. Maar My eerste gebod lui: Wees lief vir God bo alles en die naaste soos jouself. Wie hierdie gebod nakom, het alles gedoen. Hy sal homself nie meer teen My verset nie, maar My van ganser harte erken en nie onder dwang nie. Hy het vir ewig na My teruggekeer, van Wie hy weggegaan het. Hy sal heeltemal binne My wil beweeg, wat ook sy wil is en hy ontvang as My kind en erfgenaam alle regte van 'n kind en sal aldus vol van krag kan skep en vorm gee en ewig geluksalig wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205