BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Gebed om genade en krag 3714 Wanneer julle My innig sal nader met ‘n versoek om krag en genade, sal julle dit ook onbeperk ontvang, al sal dit soms nie onmiddellik duidelik sigbaar wees nie, omdat genade en krag die siel meer beroer as die liggaam. Die mens as sodanig kan nog aan kwellings blootgestel wees, wat die siel egter nie so affekteer nie, sodat die mens ook in die grootste nood rustig en bedagsaam kan bly, omdat sy siel sterk is en die liggaamlike teenspoed tog oorwin moet word. Dus neem Ek dit steeds nie van hom af nie, maar gee hom die krag om te dra wat Ek hom oplê, en hy sal niks so moeilik ervaar soos ’n mens sonder geloof, wat die stuur van My Krag nie verlang of afsmeek nie. Die graad van teenspoed word nie deur die teenspoed self bepaal nie, eerder deur die toestand van die mens, wat, as hy sonder krag is, elke nood dubbel sal voel. My genade en krag staan julle mense egter voortdurend ter beskikking en as julle julleself daarvan bedien, sal ook die swaarste bestaan op aarde vir julle draaglik wees en steeds tot voordeel wees vir julle siel, want haar omhulsel sal langsaam opgelos word, wat bewerkstellig word deur My Krag en genade. Sodra die mens homself by My aansluit, sodra hy homself met My verbind deur sy gebed om krag en genade, kan Ek Myself teenoor hom uiter in die vorm van die stuur van krag en in dieselfde mate is Ek werksaam aan sy siel en verminder haar strewe na die materie, want die krag van My genade dryf die siel na die gees en weg van materiële goedere af. Daarin laat My genade en krag hulself voel, sodat hulle die mens innerlik stabiliseer, hom van die buitewêreld losmaak en hy kontak soek met die gees in homself en dus geestelik vooruitgaan wanneer hy, met My ondersteuning, deur die toestuur van genade en krag, teen die aardse nood wil ingaan. Nooit sal so ‘n versoek onvervuld bly nie, nooit sal ‘n mens met leë hande vertrek wat My met dié versoek nader nie. En hy sal ook steeds besef hoeveel kragtiger hy is na ‘n innige gebed tot My, ofskoon die aardse nood nog nie opgehef is nie. Maar dit het enersyds tot doel dat die mens sy swakheid en kragteloosheid insien en homself tot dié Een wend, Wie hom kan ophef, terwyl dit egter andersyds ook die geloof moet versterk wanneer daar duidelik sigbaar hulp kom nadat Ek innig aangeroep is. ‘n Siel wat na My streef, trek steeds geestelike voordeel uit die nood van die liggaam, omdat sy steeds na My snel en elke innige gebed krag en genade vir haar oplewer, wat al volgens haar toestand van volmaaktheid, haarself nou laat voel, sigbaar en voelbaar ook vir die liggaam of alleen merkbaar vir die siel, soos My Wysheid en My Liefde dit as doeltreffend beskou. Maar Ek laat niemand sonder krag wat dit van My afsmeek nie, want elke versoek om geestelike goedere verhoor Ek en as dit julle tot seën strek, ook die vra om aardse hulp. En so sal julle My ook in die grootste nood kan gewaarword, julle sal nie moedeloos of vreesagtig hoef te wees nie, wanneer julle julleself vol vertroue aan My Liefde en genade oorgee, wanneer julle ‘n beroep wil doen op My Krag en dit deur innige gesprek met My laat sien. Ek ken al julle node, swakhede en vertwyfelinge, maar Ek wil dat julle julleself daarvan ontdoen in die gebed tot My, sodat julle ook bewus word wanneer dit deur My Liefde, deur die skenk van My Krag en genade opgehef word, sodat julle My leer herken in alles wat julle raak, want deur die nood spreek Ek tot julle, soos wat Ek My ook bekend sal maak deur die hulp. Indien julle innig met My verbonde sal bly, sal geen nood julle bevrees maak nie, al lyk dit hoe groot, omdat enige hoeveelheid krag julle ter beskikking staan deur My Liefde. Ek dra sorg vir julle tot aan die einde van julle lewe, liggaamlik en geestelik en as julle, sonder om te twyfel, hieraan glo, sal elke vrees teenoor ‘n groot nood wat julle voel, van jul af wegval, want julle sal dit te alle tye te bowe kom met My genade en My Krag. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205