BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 334

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Weetgierigheid – Onbegrensde kennis 4705 Die gebied van kennis is onbegrens. Al glo julle ook om volledig deur My onderrig te wees, dan is dit tog slegs minimale kennis, ofskoon dit voldoende is om weer julle medemens te onderrig en hulle ‘n sprankie insig te gee. Dog deurlopend kan julle nuwe kennis in ontvangs neem, op alle gebiede sou julle steeds weer iets nuuts kan kry. Steeds weer sou julle julle kennis kan vergroot en aan die vrae en antwoorde sou geen einde kom nie. Maar dit hang van julleself af hoe diep julle wil grawe in die Bron van Wysheid. Wie wysheid begeer, hy sal steeds sy verlange vervul en daarom word julle, wat onderrigtend werksaam wil wees, steeds weer aangespoor deur debatte van geestelike aard, sodat julle julle kennis kan uitdeel en daarby die tekorte in julle kennis ontdek, om in julle ‘n weetgierigheid op te wek wat nou bevredig kan word. Ek wil dat julle vra om julle te kan antwoord, Ek wil dat julle met aktiewe betrokkenheid sal deelneem aan gesprekke van geestelike aard, dat julle nie net met die ore sal opneem nie, maar hart en verstand onder die indruk sal laat kom, dan sal daar ook ophelderende kennis aan julle toegestuur kan word wat julle sal bevredig, en dan sal julle toeneem in wysheid, geloof en krag. Want hoe dieper julle deurdring in geestelike kennis, des te oortuigender sal julle kan glo en des te nader kom julle aan My en ontvang julle van My krag in direkte vorm. Onuitputlik is die bron van kennis en onbegrens is die gebied wat alleen Ek in julle kan ontsluit. En al sou daar ewige tye vergaan, sal daar nooit 'n einde daaraan kom nie, omdat My skepping oneindig is en omdat, wat volmaak is, ook ewig onbegrens moet wees. Daarom kan kennis wat die geestelike gebied betref, nooit afgeslote wees nie, maar wat vir julle mense nodig is om te weet, wat vir die ryp word word van die siel beslis noodsaaklik is, kan ook in beperkte mate vir julle gegee word, maar dit hang van julle vrye wil af of julle hierdie maat wil vergroot, of tevrede is met wat Ek julle gegee het. Steeds weer sê Ek vir julle dat julle ’n antwoord sal kry op elke vraag, steeds weer versoek Ek julle om dringend vrae te stel om julle dors te les om die kennis op hoogte te bring en steeds weer gee Ek julle geleentheid om aktief met julle gedagtes besig te wees, om julle steeds weer te kan onderrig volgens julle wil. Maar beskou julle kennis nie as afgeslote nie, glo nie dat julle al in die besit is van alles wat daar is om te weet nie, want die gebied wat jou siel nog kan deurkruis, is eindeloos, wanneer sy die wil daartoe het. Maar wat julle deur My gegee word, is ook voldoende om weer die medemens te beweeg om aan 'n God van Liefde, Wysheid en Almag te glo. En wie hierdie kennis in ontvangs neem, kan homself al onuitspreeklik ryk noem, want dit is die waarheid, en 'n korreltjie van die suiwerste waarheid weeg op teen 'n enorme hoeveelheid kennis wat met dwaling deurspek is en die gees van die mens veeleer verduister. Slegs die suiwere waarheid is onskatbare geestelik goedere wat die naam "kennis" verdien. Slegs die suiwer waarheid is ophelderend, terwyl lering wat met dwalinge vermeng is, steeds leemtes ooplaat, denkbeelde is wat vir die mens onbegryplik of ongeloofwaardig voorkom, indien hy opreg begeer om wetend te word. Maar die ware kennis gee uitsluitsel oor alles, omdat dit deur My, die Gewer van die waarheid, aangebied word. Die ware kennis laat egter ook steeds weer vrae opkom, dus sal dit steeds weer opnuut aanspoor tot vrae, sodat dit sal vergroot en die begeerte om meer te weet vanself in die mens moet ontwaak. Innerlike verlange stel die toename van die kennis voorop en daarom is elke nadenkende, vraende mens wat deur My wil onderrig word, vir My welkom. En ofskoon hy die vraag nie uitspreek nie, gee Ek hom tog antwoord deur My werktuig wat Ek as bemiddelaar tussen hom en My sal gebruik om Myself te uiter. So sal julle mense 'n omvangryke kennis in ontvangs kan neem, daar hoef vir julle geen onverligte gebied te bestaan nie, indien julle julself maar ernstig met die waarheid sal besighou en in gedagtes met My in verbinding tree. Maar Ek verlang volledige opmerksaamheid, aangesien julle andersins nie by magte is om My te hoor nie, aangesien Ek ook andersins weier om julle te antwoord, hoewel julle 'n vraag gestel het, maar sonder die ernstige verlange na die antwoord, wat julle bewys deur die gedagtes, wat waarlik nie nie My verborge is nie. Vra, so sal vir julle gegee geword, klop, so sal vir julle oopgemaak word en soek, so sal julle vind. Maar 'n ernstige soeke, 'n vraende gedagte en 'n verwagting van My antwoord, 'n luister binne-in julle, of die aanhoor van 'n bemiddelaar, stel Ek as voorwaarde, dan sal julle onderrig word, julle sal kennis kan ontvang wat onbegrens is en wat sal ooreenstem met die volkome waarheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205