BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 342

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Smal, doringrige weg omhoog –Mense van die wêreld 4717 Talle mense sal die breë weg waaroor hulle gaan kan verlaat en die smal weg kan neem wat na My en na hul bestemming lei. En hulle sal nog ryk skatte vir hulself kan versamel, alhoewel die tyd tot aan die einde maar kort is. Nog is daar kragtige hulp wat hul ter beskikking staan, op aarde en ook in die geesteryk, wat aan hulle ware leiers kan gee en aan wie hulle hulself sonder bedenkinge sou kon toevertrou. Maar slegs hulle wil beslis en solank hierdie wil nie bewustelik op My gerig is nie, waartoe eerstens die geloof in My aanwesig moet wees, solank die wêreld nog op die voorgrond staan, wat dus alle sinne van die mens gevange hou, gaan hulle nog oor die breë weg, wat vir hulle aantrekliker voorkom en wat hulle daarom nie wil ruil vir die smal onaantreklike weg nie, wat egter die enigste weg omhoog is. En tog sou hulle self moet ervaar dat die wêreld slegs wêreldse loon kan bied, terwyl die geesteryk slegs geestelik verkry kan word, dus met die prysgee van die aardse wêreld. Gevolglik sal die lewensweg oor die aarde ontberings en beslommernisse oplewer, wat die mens moet verander en volwasse laat word. In die laaste tyd voor die einde sal die weg omhoog besonder moeilik begaanbaar wees. Dorings en struikgewasse sal dit dikwels onbegaanbaar maak en die stapper sal op hulp van bo moet staatmaak, om sonder gevaar bo aan te kom. En juis hierdie beslommernisse en probleme van die lewe moet bewys lewer dat julle op die goeie weg is. Want hy wat die wêreld regeer, wat julle vir hom wil wen, probeer julle al die mooi te gee, julle begeertes te vervul, sodat julle hom sal erken en sy ryk begeer. Daar gaan nie baie op die smal, moeilik begaanbare weg nie. En daaraan sal julle reeds die tyd van die einde herken, want alles is die wêreld toegedaan. Die mense leef 'n wêreldse lewe en is slegs daarop ingestel om aan hul liggame toe te staan wat dit wil hê. Maar die wat die smal weg gaan, het hul blik omhoog gerig. Hulle streef na die geesteryk. Deur middel van gedagtes is hulle met My verbonde en keer hulle die wêreld die rug toe. Hulle kyk nie na die breë, bekoorlike weg nie, omdat hulle dit as misleidend herken, maar hulle is ernstig van plan om hul ware doel te bereik. Daarvan sou talle mense 'n voorbeeld kon geneem het en dit beproef het, wat hulle 'n lewenswandel sou oplewer wat die liggaam minder sal behaag as die siel. En dit sou dan waarlik beter gegaan het met die geestelike ontwikkeling van die mense, egter ook so met hul liggaamlike gesteldheid. Want ook aardse nood en kwale sou agterweë gebly het, omdat die mense dit nie nodig sou gehad het as hulle self vir hulle positiewe ontwikkeling sorg gedra het nie. Maar die mense luister nie na welgemeende raad nie. Hulle trek niks aan van My Woord en My aanwysings op die nabye einde nie. En so sal die tyd verbygaan sonder resultaat vir die siele, totdat die dag sal kom waarop almal ter verantwoording geroep sal word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205