BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 345

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Gebrekkige geloof - Versekering van God se hulp 4722 Berei julle voor op die groot gebeure wat Ek voortdurend aankondig. Maar weet dat al die leed sal verbygaan, ook wanneer julle dink om daaronder te beswyk. Alles sal vinnig opmekaar volg. Die gebeurtenisse sal in 'n stroomversnelling raak en binne ’n kort tydjie sal dit begin waarop Ek julle steeds weer sal wys. Maar hoe wil julle in hierdie moeilike tyd uithou, as julle nie gelowig na My wil opsien in ure van nood nie? Ek weet wat gaan kom en wil aan julle sterkte van geloof verskaf wat alles sal oorwin, wat daar ookal oor julle sal kom. Leun maar goed teen My aan. Weet dat julle nêrens op aarde die steun sal vind wat julle by My sal hê indien julle maar net glo nie. Ek is steeds daar vir julle. Ek hoor elke geroep, elke sug. Ek is op die hoogte van elke traan, van al die leed wat op julle druk. En Ek wil julle graag steeds maar toeroep: "Waarom vertrou julle so min op My, Wie julle tog voortdurend My beskerming en hulp beloof? Waarom kom julle nie na My wanneer julle belas is en dreig om onder die las te swig nie? Waarom is julle gebed nie so vol vertroue dat Ek julle kan help nie; dat julle in 'n sekere sin My hulp afdwing deur die krag van julle geloof nie? " En as julle dit ernstig wil, sal julle ook kan glo. Maar julle sal julle ernstig met My Woord moet besighou. Julle sal dit in julle harte moet oordink, dit wil sê, julle verdiep in die sin daarvan en julle duidelikheid daaroor verskaf dat Ek geen onwaarheid spreek nie, dat julle dus geheel en al die vervulling van My beloftes sal kan verwag. As Ek dus My hulp beloof het in alle nood van die liggaam en die siel, dink dan daaroor na dat Ek julle kan help kragtens My Almag, dat Ek julle wil help op grond van My Liefde en dat julle nie daaraan sal mag twyfel nie. Want dan erken julle óf nie My Almag nie óf My nie Liefde nie, en julle hinder My dan met die uiting van die Liefde en die Almag, omdat julle dan uit die regte verhouding van 'n kind tree, aan wie Ek egter verlang om My in My Liefde en Almag te kan openbaar. Waarom vrees julle die mag van die wêreld? Waarom laat julle julself deur aardse sorge terneerdruk, wanneer julle tog 'n Vader in die hemel het wat alles vir julle kan reël en ook wil reël, omdat julle Sy kinders is? Waarom het julle geen vertroue in Hom nie, Wie julle tog voortdurend 'n bewys gee van Sy heerskappy en werksaamheid, as julle maar net om julle heen sal kyk? Waarom staan die wêreldse soveel nader aan julle as Ek? Waarom vrees julle wanneer Ek tog voortdurend by julle is? En hoe wil julle dan die probleme dra wat die toekoms nog gaan bring? Maar Ek ken julle nood en wil dit afwend, sodat julle My as steunpilaar sal kan dien, wanneer alles om julle heen dreig om te wankel. Ek het julle nodig en wil julle opvoed tot sterk, vreeslose verdedigers van My leer. En Ek sal dit bereik. Dit wil sê, julle geloof sal onwankelbaar word en alle aanvalle trotseer. Julle sal My hulp so openlik ervaar, dat alle twyfel sal verdwyn, julle geloof sal sterker word en julle sal My dien tot aan die einde. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205