BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 346

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Onsterflikheid van die siel – Verkeerde leerstellings 4723 Ware verduidelikings moet aan julle gegee word, omdat valse leringe julle gees verduister en My skeppende beeld en kreatiewe gees verkeerdelik aan julle voorstel. Dit wys nóg My Liefde, nóg My wysheid en verhoed dus dat julle die vlam van liefde in julle harte ontsteek wat julle nader aan My sal bring. Verkeerde leerstellings kan lei tot ongeloof, verkeerde leerstellings kan alle geloof vernietig, indien dit nie reggestel word nie, en daarom wil Ek julle oor en oor inlig vir julle eie ontwil, omdat julle tewens slegs geseënd kan wees deur geloof en liefde. Wat is die nut van enige leer wat die onsterflikheid van die siel bevraagteken? Die siel is iets geestelik, terwyl die liggaam fisies is. Die liggaam kan sekerlik sterwe, d.w.s. doodgaan en disintegreer in sy substans, maar die siel, die geestelike essensie, is onsterflik. Sy moet voortgaan, sy sal bloot die liggaam verlaat wanneer die liggaam se taak as houer vir die siel op aarde uitgedien is. Sy sal die fisiese eksterne vorm verlaat om die proses van ontwikkeling voort te sit in die geestelike sfere, om geleidelik haar volwassenheid te verhoog, indien sy 'n sekere graad van rypheid op aarde bereik het, of, - indien haar verloop van die lewe onsuksesvol was, sy in dieselfde toestand van totale onvolwassenheid sal bly of sy sal in die duisternis neerdaal, afhangende van haar wil, maar altyd in sfere wat as buite die aardse materiële wêreld verstaan moet word. Dus sal die siel 'n toestand van dood ervaar, maar dit moet nie verstaan word as 'n algehele uitwissing nie, dit is bloot 'n toestand van 'n volledige gebrek aan lig en krag, 'n toestand van hulpeloosheid, maar sy sal altyd bewus wees van haar bestaan. Die siel sal nooit haar bewustheid van bestaan verloor nie, dit kan slegs die gevoel van saligheid of onuitspreeklike angs vir die siel beteken, wat altyd in ooreenstemming sal wees met die tipe lewe wat die mens op aarde geleef het. Dus sal die lewe van die siel ooreenstem met haar lewe in die vlees op hierdie aarde. Gevolglik bepaal die werke van die vlees die siel se lot en plek van verblyf na haar dood, en die dag van die dood is die mens se Oordeelsdag, waarna die siel sal opstaan in 'n lewe van lig of duisternis. Die siel is iets geestelik wat nooit kan ophou bestaan nie, sy kan ook nie tydelik geblus word nie, maar sal vir ewig lewe, met die uitsondering dat 'n bestaan in die duisternis geen lewe genoem kan word nie, maar is ’n geestelike dood, ook kan dit kan nie 'n toestand van rus genoem word nie. 'n Toestand van rus tot by die Oordeelsdag is 'n verkeerde begrip, want onaktiewe siele sal dit ervaar as ’n persoonlike marteling, terwyl 'n siel se ware lewe aktiwiteit is, wat egter 'n sekere graad van volwassenheid vereis, wat 'n siel maklik op die aarde kan bereik, indien sy van goeie wil was. Die siele vertoef in die geesteryk, maar kan nogtans altyd in die omgewing van die aarde wees. Hulle is slegs buite die fisiese wêreld, hulle is dus nie meer gebonde aan 'n materiële vorm nie, maar is vrye geestelike wesens indien hulle verlig is, anders sal hulle in 'n toestand van duisternis wees, want die volledige gebrek aan krag dui ’n beperking aan vir hulle. Maar die siel kan nooit sterwe nie, sy sal slegs haar liggaam verlaat wanneer sy haar aardse leeftyd voltooi het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205