BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 35

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Krag van ‘n lewende geloof 3717 Die lewende geloof kan berge versit. Dit is vir julle maar ‘n wyse van spreke, want julle het die krag van die geloof nog nie beproef nie en dus ken julle ook nie sy doeltreffendheid nie, julle weet nie dat die diep gelowige mens hom van My Krag kan bedien en vir hom daarom ook alles moontlik is. Dog hoe diep moet die geloof wees wat alles teweegbring wat so ‘n mens wil? Om so ‘n krag van geloof te besit moet die mens so innig met My verbind wees, dat hy hom nie meer as ‘n enkeling voel nie, maar as ‘n deel van My, wat nie van My te skei is nie en daarom ook met die krag deurstroom is wat van My uitgaan. Hy moet My steeds en altyd om hom voel, My teenwoordigheid moet hom so tot sekerheid wees, dat hy vanuit hierdie oortuiging dink, spreek en handel. En omdat hy My erken as die hoogste Liefde, Wysheid en Almag, dus die geloof in hom ook tot ‘n vaste oortuiging geword het, so is daar vir hom ook geen grense aan My werksaamhede nie en dus ook nie vir hom nie, wat hom as ‘n deel van Myself en met My Krag deurdring voel. So ‘n geloof vermag alles en kan so ook dinge volbring wat buite die menslike vermoë is. Hy bring dan wondere tot stand en tog is dit alleen natuurlike prosesse van ‘n mens wat is soos wat hy op aarde moet wees, wat sy doel bereik het en sy siel in ‘n toestand van rus gebring het, naby aan haar oorspronklike toestand. So ‘n sterk geloof vereis totale oorgawe aan My, totale afskeiding van aardse dinge, dit vereis ook eenwording met My deur die liefde. Slegs ‘n person wat deurgaans aktief is in die liefde, kan so ‘n intense geloof hê, want die eenwording met My moet eers plaasgevind het, alvorens die mens hom so naby aan My voel, dat My teenwoordigheid werke volgens My wil sal waarborg. Die krag van die liefde wat na hom toe stroom en as gevolg van sy werksaamheid in liefde, moet sy geloof verdiep, omdat dit van Myself en My teenwoordigheid getuig. Wie Myself in hom en naas hom voel, weet ook dat daar vir hom vir ewig geen skeiding van My meer kan bestaan nie en dat hy hom dus ook ongestraf van My Krag kan bedien, omdat Ek Self wil dat hy in My plek werk om aan die mense bewys te lewer van die krag van die geloof en die liefde, om aan hul getuienis te gee van My Liefde en Almag, wat die tot liefde geworde skepsel sodanig sal voorsien dat hy self in geloof, met My Krag, in alle volheid sal kan werk. Die geloof versit berge, maak daarom die diepe geloof julle eie en julle sal tot alles in staat wees, ook reeds op hierdie aarde. Omvorm julle allereers tot liefde, dan sal ook julle geloof in krag toeneem, julle geloof sal ‘n lewende geloof word, d.w.s. dit sal werksaam kan word, terwyl ‘n geloof sonder liefde ‘n dooie geloof bly, ‘n geloof in naam wat egter alle krag misloop. Die woorde: “Ek glo” is nie voldoende om My daartoe te bring om deur julle te werk nie, veeleer moet julle in julle harte lewend kan glo en die lewende geloof is slegs moontlik deur ononderbroke werksaam te wees in liefde, waardeur julle van My die krag in ontvangs kan neem om dan te werk en selfs dit wat onmoontlik lyk, ten uitvoer te bring. ‘n Diep geloof vermag alles, maar dit vereis My teenwoordigheid, en hiervan kan julle, julle alleen verseker deur dade van liefde. Dus is die liefde die belangrikste en as julle die liefde nie het nie, dan het julle ook geen geloof nie, al probeer julle ook steeds deur woorde julle geloof te bewys. Dit sal vir julle nou ook begryplik wees waarom Ek steeds weer die liefde predik, waarom Ek My dissipels uitstuur in die wêreld om My Liefdesleer te versprei. Julle kan ook wel die geloof verstandelik julle eie maak, die geloof aan ‘n Mag wat bomate liefdevol, magtig en wys is, maar julle kan slegs in verbinding tree met hierdie Mag deur werksaam te wees in liefde. Dan eers kry julle geloof betekenis, want dan eers kan julle julleself van My Krag bedien om vanuit ‘n sterk geloof in My, hierdie Krag werksaam te laat word soos wat Ek dit beloof het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205