BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 350

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Eksperimente aan die einde van dae 4731 Daar is geen grens aan die mense gestel in hul handelswyse teenoor dit wat My skeppende Gees laat ontstaan het nie. Sodra hulle hulself dus aanmatig om skeppings van die natuur te wil verander, waarvan elkeen deur My sy bestemming het, dan is ook die ingesteldheid van die mense teenoor My strydig met die gesonde verstand. Hulle onderskat My Wysheid en My Mag en glo om dit te kan uitskakel en gevolglik sondig hulle teen My self, asook teen dit wat Ek geskape het. Dan word die grense wat Ek gestel het oorskry en die mensdom vernietig sodoende hulself, omdat die wyses en geleerdes verkeerde afleidings maak en die uitwerking van hul eksperimente katastrofale gevolge het. Die mense dink dat hulle alles wetenskaplik kan ondersoek wat Ek vir hulle verborge gehou het, vanuit die besef van hul onrypheid vir hierdie soort kennis. Die kern van die aarde is vir die mense nie te ondersoek nie en so sal dit ook bly tot aan die einde. Bowendien is kragte van reusagtige sterkte in hierdie kern gekluister, wat Ek gebonde hou om die bestaan van die aarde nie in gevaar te bring nie. Slegs van tyd tot tyd vind uitbarstings plaas vanuit die binneste van die aarde, waar hierdie kragte ‘n kort uitbreek toegestaan word om die gees, wat in staat is om hulself te ontwikkel, geleentheid te gee om op die aardoppervlak ‘n ander vorm aan te neem en daar sy positiewe ontwikkeling te kan begin. Hierdie kragte bevry hulle egter van hul boeie met My toestemming en daarom is ook die gevolge daarvan voorsien in My ewige heilsplan. ‘n Uitbarsting wat dus volgens My Wil plaasvind, sal ook altyd beperk bly in sy omvang. Maar nooit kan die menslike wil hierdie natuurkragte ‘n halt toeroep nie, soos wat die menslike wil egter ook nooit die aanleiding daarvan kan wees dat sulke kragte in ‘n natuurlike vorm optree nie, omdat geen mens hul oorsaak en werking kan deurgrond nie. Hierdie kragte bevry hulleself van hul boeie met My toestemming, derhalwe is die gevolge daarvan voorsien in My ewige heilsplan. 'n Uitbarsting wat dus volgens My wil plaasvind, sal ook altyd beperk wees in sy omvang. Maar nooit kan die menslike wil hierdie natuurkragte `n halt toeroep nie. Nooit kan die menslike wil die aanleiding daarvoor wees nie, omdat geen mens hul oorsaak en werking kan deurgrond nie. Maar tog matig die mense in die laaste tyd voor die einde hulself aan d.m.v. ondersoeke wat diep in die binneste van die aarde binnedring om kragte wat vir hul onbekend is, in werking te sit, om daaruit wins te wil maak, maar hulle dink nie daaraan dat hul kennis en die werking van hul verstand nie toereikend is vir sulke eksperimente nie. Hulle het dus geen eerbied vir die werke van My skepping nie, hulle dring ‘n gebied binne wat suiwer natuurlik vir hulle geslote is en waar die eksplorasie daarvan, suiwer aards gesien, ‘n vermetelheid genoem kan word. Vanuit ’n geestelike standpunt bekyk, beteken dit egter ‘n binnedringing in die ryk van die laagste geeste, wie se kluistering deur My nog as noodsaaklik gesien word, maar wat nou wederregtelik opgehef word deur die mens, om welke rede dit ook so ‘n onvoorstelbare uitwerking sal hê wanneer My ewige orde omvêrgegooi word. By hierdie manipulasies gaan dit daarom om van die kragte van die aarde gebruik te maak waarvoor elke weerstand sal wyk en dit daarom vir alle eksperimente gebruik kan word. Die mense is egter nie daarop bedag dat hierdie kragte in staat is om alles uiteen te laat val wat binne hul bereik kom nie. Hulle hou nie rekening met sodanige geweld waarteen die menslike wil en die menslike verstand niks kan uitrig nie. Hulle open sluise wat nooit meer gesluit kan word indien dit eenmaal oopgebreek is nie, want die gebied wat die mense nou wil betree, is vir hulle vreemd en die wette daarvan is aan hulle onbekend. Die middelpunt van die aarde is nie op hierdie manier te ondersoek nie en onvermydelik sal elke proefneming in hierdie rigting sy uitwerking hê en nie net op diegene wat eksperimenteer nie, maar ook op die ganse mensdom. Want die grense wat Ek gestel het, mag volgens My ewige ordening nie oorskry word nie. My ordening werk steeds opbouend, maar is egter nooit gerig op verwoesting nie, gevolglik sal elke handeling wat daarmee in stryd is, ook ‘n nadelige uitwerking hê. Die Satan self plaas hierdie gedagtes in die mense van die laaste tyd, hy spoor hulle tot hierdie plan aan, omdat hy weet dat die verwoesting van die skepping die positiewe ontwikkeling van die gees afbreek - wat hy nastreef in sy blinde haat teen My en al die gees wat na My op pad is. Maar ook is hierdie plan, ofskoon duiwels, ’n ongewilde diening. Dit is ingepas in My heilsplan van ewigheid. En daardeur ontstaan ‘n nuwe aarde, waarin die geestelike ontwikkeling weer verder sal gaan, terwyl al die duiwelse opnuut in die skeppings van die nuwe aarde verban sal word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205