BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 352

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Tekens van die eindtyd 4735 Let op die tekens van die tyd. Kyk om julle heen met die oë van die gees en julle sal insien na watter uur julle toe leef. Julle sal besef dat die nag in aantog is en dat julle nog maar weinig minute lig gegee is, alvorens die nag gaan aanbreek. Alles dui op ‘n spoedige verval, die liefde verkoel onder die mense en slegs weinige dien die naaste in onselfsugtigheid. Merk op hoe selde die waarheid nog aangetref word onder mense, hoe blind hulle voortgaan sonder kennis oor hul lot wat hulle sal tegemoetgaan indien hulle nie verander nie. Erken aan al hierdie tekens dat die tyd om te lewe vir baie mense uitgeloop het, herken dat die einde naby is. Ek kan geen ander tydsbepaling aan julle voor die einde gee nie, julle sal self die doen en late om julle heen moet volg, sodat julle kan weet wanneer die dag ten einde loop. Ek maak julle daarop attent, omdat Ek nie wil hê dat julle verras word en ’n prooi van die laaste tyd word nie. Want dit moet vir julle gesê word, dat julle jul nie aan die neus moet laat lei deur die skynbare verbetering van die leefwyse van enkelinge nie. Dit moet vir julle gesê word, dat - wêrelds gesien - daar geen rede voorhande is vir 'n verandering nie, maar dat iets skielik sal gebeur en dat die uur van My ingryping dan gekom het, wat Ek voortdurend aangekondig het. Let op alles wat om julle heen gebeur en julle sal gou insien in watter tyd julle leef. Verloor nie die geloof in My en My Liefde nie, want alles wat Ek doen en toelaat, het die ontwikkeling van julle siele ten doel, ofskoon dit vir julle wreed lyk en julle nie in staat is om My daarin te herken nie. Myne kan hulle egter veilig voel in My beskerming. Hulle kan My hulp vol vertroue verwag in elke aardse en geestelike nood, want Myne hoef niks te vrees nie, wat wat daar ookal mag kom, as hulle maar net hul oë na My sal opslaan, dus voortdurend met My verbonde bly in gedagte en deur die daad. En as julle dus weet dat daar nie meer baie tyd oor is alvorens die aarde 'n groot ingrypende verandering sal ondergaan nie, berei julleself dan daarvoor. Let nie op die wêreld nie, maar betoon aan die lewe van julle siele die grootste opmerksaamheid. Verskaf aan julle siele geleentheid om ryp te word, deurdat julle om julle heen sal kyk en waar julle nood sien, helpend sal ingryp. Verskaf ook aan jul medemens duidelikheid oor die erns van die tyd en predik aan hulle die liefde, omdat slegs die liefde hulle krag sal gee om die lewe te verdra wat nog voor hulle lê. En toon aan hulle deur julle voorbeeld wat die uitwerking van 'n lewe in liefde het. Wees self sterk in die geloof en werksaamheid in liefde, en julle krag sal toeneem en julle sal alles kan hanteer wat julle opgelê sal word. Julle sal ook die moeilikste tyd deurstaan, omdat Ek julle sal help. En julle sal volhou tot aan die einde. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205