BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 356

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Verantwoordelikheid vir die aanneem van dwaalleer 4740 Die mense maak hulle te moeilik los van dit wat hulle van jongs af aangeleer het en wat hulle daarom nie as foutief wil prysgee nie. Sonder nadenke het hulle hierdie kennis aangeneem en omdat hulle geen skuld het aan hul opvoeding het nie, kan hulle voorlopig ook nie verantwoordelik gehou word vir die aanneem van verkeerde leerstellings nie. Maar sodra hulle self hul verstand kan gebruik, is dit ook hul plig om elke geestelike opvatting te ondersoek volgens sy waaragtigheid. En hulle sal hulself moet verantwoord of hulle hul verstand laat werk het sodra hulle daartoe in staat was. Maar hulle mag geen geestelike opvatting as waar beskou sonder ondersoek nie, net soos wat hulle ook nie hulself kan regverdig met die rede dat hulle hierdie kennis ontvang het en dus sonder skuld is nie, wanneer hulle dit gedurende hul lewe op aarde as waar beskou het. Hulle vergeet dat hulle vir hul eie siel die verantwoordelikheid dra, hulle vergeet dat Ek hulle nie straf nie, maar dat hulle hulself straf, dus dat hulle in 'n toestand van onvolmaaktheid vertoef, waarin hulle nooit salig kan word nie, maar dat Ek hulle nie uit hierdie toestand kan verlos nie, omdat hulle vrye wil werksaam moet word ten behoewe van hierdie verlossing, maar dat hulle nie hierdie wil goed gebruik het nie, omdat hulle andersins hul verstand kon benut het om die geestelike opvattings te ondersoek. Hulle bly werkloos, hulle laat vir hulleself in 'n sekere sin iets opdring wat hulle ook kon afgewys het, indien hulle dit wou. As die mense hulle nou vir hul siel moet verantwoord, wil dit sê dat hulle hul skuld sal moet insien, dat hulle hul ongelukkige toestand as eie skuld en regverdig sal insien en hul eie versuim moet erken, hulself dus nie kan vryspreek ten koste van diegene wat hulle verkeerd onderrig het nie. Wel moet hierdie leraars hulleself ook eendag verantwoord ooreenkomstig hul skuld, maar wie dwaalleringe aanneem, kan nie vrygespreek word van skuld nie, omdat Ek aan die mens die verstand gegee het, wat hy in die eerste plek vir sy sieleheil moet gebruik. Wie nou ernstig is oor die waarheid, doen ook sy bes daarvoor en hy sal haar ook vind. En alle onderrig wat vir die mens aangebied word, moet ondersoek word, indien dit aanspraak maak op waarheid. So het ook die mens die plig op homself om die oorgebringde geestelike leringe met die leerstellings te vergelyk en met die korrekte wil om te ondersoek, sal ook korrekte resultate verkry word. Maar soos wat die ingesteldheid van die mens is, wanneer daar deur My Wil die waarheid aan hom gebring word, so is ook die toestand van sy siel ná sy dood - vol Lig of duister. Want slegs die waarheid gee lig aan die siel, terwyl dwaling die siel in duisternis laat vertoef, waarin sy aan die begin van haar weg oor die aarde as mens gekwyn het, wat sy egter heel maklik kon ontvlug het, indien sy haar wil korrek sou gebruik het. AMEN.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205