BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 357

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Werk met volle oorgawe vir die koninkryk van God 4742 Julle moet onvermoeid vir My en My koninkryk werk, dan vervul julle julle aardse taak ooreenkomstig My wil, en dan sal julle ook julle aardse lewe bemeester. Julle sal nie hoef te vrees dat julle nie julle wêreldse verantwoordelikhede kan nakom nie, want die aardse lewe sal slegs bysaak wees wanneer daar meer aandag aan die geestelike lewe geskenk sal word. Wees ywerig besig vir My en My ryk, dit wil sê probeer om aan jou medemens kennis te gee van dit wat deur My op jou inwerk. Probeer om hulle in waarheid te onderrig en maak hulle opmerksaam op die einde en op die tekens van die tyd. Bekommer julle oor die toestand van die siele van julle medemens en laat hulle sien hoe onbeduidend en broos die goedere van die wêreld is en hoe karig hulle hul siel bedink, omdat hulle nie hul taak op aarde ken nie. Vertel dit aan almal wie Ek op jou pad lei. Jy is deur My in die waarheid onderrig en is dus in staat om as voorvegter van die waarheid onder die mense te werk. Dit is 'n mooie taak wat Ek aan jou opgedra het en dit sal 'n seënryke uitwerking hê op jouself, soos ook op jou medemens, want die gevolge geld nie net vir die lewe op aarde nie, maar vir die ewigheid. Wy julself met ywer aan hierdie taak en doen alles wat gunstig is vir die verbreiding van die waarheid wat julle van My ontvang het. Word nie lou in julle arbeid vir My en My ryk nie, maar weet dat dorstige en honger siele oral verlangend wag op die voedsel wat julle aan hulle moet moet gee deur die bring van dit wat Ek julle van bo laat toekom het. Dink aan die siele en dan bring julle die naasteliefde in praktyk by die mense, want hulle siele het behoefte aan voeding uit die hemele, hulle het spys en drank nodig om sterk te word vir die weg omhoog. Wees onafgebroke besig, want die tyd is kort om ywerig in My wingerd te werk. Die siele is in nood, hulle ly gebrek. Omdat daar te veel aan die liggaam gedink word en aan die behoeftes daarvan, word die siel vergeet. Staan daarom die siele by, rig die denke van die mense op die toestand van hul siel, op 'n skielike einde en op die lot na die dood. Neem elke geleentheid waar om geestelike gesprekke te voer en so die mense aan te spoor tot nadenke. En dan verrig julle die arbeid waarvoor Ek julle as knegte in diens geneem het en Ek sal julle seën, nou en tot in die ewigheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205