BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 366

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Herbeliggaming – Ligwesens 4758 Wanneer julle na die suiwer waarheid verlang, sal Ek julle nooit aan dwaling prysgee nie. En waar dit julle aan die korrekte kennis ontbreek en julle ‘n verkeerde voorstelling gemaak het, daar sal Ek Self vir julle opheldering verskaf, omdat Ek nie wil hê dat julle denke foutief moet wees nie. Julle is weliswaar maar ‘n kort tydjie as mens op hierdie aarde, maar tog is hierdie tydjie nie te kort om salig te kan word nie, want julle kan tydens julle aardse lewe julle wese heeltemal verander. Julle kan die eieliefde, wat in die begin van julle aardse lewe nog sterk ontwikkel is, totaal aflê en verander tot onselfsugtige naasteliefde. Julle sal daardeur ‘n graad van geestelike rypheid bereik wat dit vir julle moontlik sal maak om die sfere van die Lig binne te gaan, sodat julle dus salig kan word. Maar tog is die graad van saligheid in die geesteryk baie verskillend, na gelang van die aard van die siel, in welke mate sy geskik sal wees om die uitstraling van lig in haarself op te neem, wat haar direk aanroer, wat van My uitgaan en wat dus ook My teenwoordigheid vereis, wat ‘n vereniging met My beteken, wat egter slegs kan plaasvind met ‘n wese wat haarself tot liefde omvorm het. Sodoende sal die graad van liefde ook die graad van saligheid bepaal. Die mens kan dus al op aarde hierdie graad van liefde bereik en dan as ‘n ware kind van My van hierdie aarde skei en dan is onbegrensde saligheid sy lot. Hy kan egter hierdie volmaaktheid ook nog nie bereik het nie, maar tog deur werke van liefde op aarde, sy siel ontvanklik gemaak het om lig te kan ontvang. Dan het hy dus die aardse lewensproef deurstaan, omdat sy wil homself na My toe gekeer het, wat hy My deur werke van liefde bewys het. Die ligryk neem nou sy siel op, waar sy self nou vêrder kan ontwikkel. Maar sy sal nooit die graad bereik wat ‘n mens, wat op aarde ernstig na volmaaktheid gestreef het, kan bereik nie, omdat hierdie siel deur My vasgegryp word en My liguitstraling ondervind dan geen weerstand meer nie, omdat sy deur die liefde gekristalliseer is en My lig haar nou geheel en al kan deurstraal. Nou kan julle begryp dat aan hierdie graad van saligheid slegs één aardse lewe ten grondslag kan lê, anders sou die verdienste beperk gewees het en moes die loon dus verminder word. Julle moet begryp dat die verbinding met My reeds op aarde gemaak moet word, in ‘n heeltemal vrye wil en met inspanning van alle kragte. Die saligheid van My gawe aan julle is juis vir die totale oorgawe aan My, wat Ek dan ook met My onverdeelde liefde beloon. Dit maak ook duidelik dat dit ‘n daad van onregverdigheid van My sou wees, indien Ek ‘n gelyke loon aan die siele sou gee, wanneer hulle die aardse lewe nie op dieselfde wyse benut het nie. Elke mens het ‘n reg op allerlei moontlikhede om tot voltooiing te kom, vir hom staan alle hulpmiddele ter beskikking en hy kan om genade vra, wat hy in onbeperkte hoeveelheid kan benut. By die korrekte gebruik van sy wil, kan elke mens sy doel bereik en tot voltooiing kom, omdat slegs ’n omvorming van homself tot liefde verlang word en elke mens kan liefde beoefen as hy dit maar net wil. Ek verlang van julle mense waarlik niks wat julle nie kan volbring nie, omdat daar vir julle tog altyd die Een ter beskikking staan, naamlik die hulp deur Jesus Christus, wat daarin bestaan dat die korrek gerigte wil versterking sal ervaar om in onselfsugtige goeie dade omgesit te word. Julle mense sou almal salig kan word as julle dit maar net wil, derhalwe moet die goeie wil ook ooreenkomstig beloon word. So ‘n siel moet dus in die geesteryk anders beloon word as een wat nalatig was tydens haar aardse lewe in die opvoeding van haarself, wat die strewe na volmaaktheid nie so ernstig opgeneem het nie. So ‘n siel moet begryplikerwys in ‘n ander graad van rypheid staan, ofskoon sy ook salig genoem kan word. Sy het haarself uit die duisternis opgewerk uit ‘n toestand van onwetendheid tot ‘n ontvangeres van lig, al is dit in ‘n mindere mate. Die siel kan dus in die geesteryk opstyg tot steeds groter saligheid, want die uitstraling van lig wat sy voortdurend ontvang, verhoog haar graad van lig. Daardeur word dit duidelik dat ‘n reïnkarnering op aarde, met die doel om tot rypheid te kom, onnodig en ook nutteloos sou wees in soverre dat die herinnering van vroeër van die siel ontneem moet word. Want weer sou slegs die vrye wil beslissend wees, wat homself egter net so goed na benede sou kan wend, waardeur die reeds bereikte graad van lig in gevaar sou wees. Daarenteen behou die siel in die geesteryk wat sy voorheen besit het en waarmee sy verseker met sukses kan werk. Die terugkeer van ‘n ligwese na die aarde om ‘n bepaalde taak te vervul, is ‘n daad van die allergrootste liefde en barmhartigheid, want vir ‘n vrygeworde siel lyk die lewe “in die vlees” ondraaglik, as sy maar ‘n glimp van insig besit. Maar ‘n wese wat so onvolmaak die aarde verlaat dat sy haarself in die diepste duisternis bevind, sal nog wel in die nabyheid van hierdie aarde wees, maar meestal onbewus van haar verlore liggaamlike lewe. Haar verlange na die materiële goedere van hierdie wêreld is nog geweldig groot, maar om so ‘n wese weer op die aarde terug te plaas, sou waarlik nóg wys, nóg liefdevol wees, want haar wil sou ook nooit ‘n hoër ontwikkeling nagestrewe het nie. Die sug na die stoflike moet oorwin word, wat egter op aarde baie moeiliker is as in die geesteryk. Daar kan die wese die onwerklikheid van die materie besef en die vrywording daarvan beteken al ‘n begin van ‘n vooruitgang omhoog. ‘n Wese wat maar ‘n swak glimp van insig het, voel homself in sy geestelike toestand bomate salig en hy verlang nooit meer na die kettings van die aardse lewe terug nie. Om ‘n sprankie insig te hê, beteken reeds om ‘n geringe kennis te besit volgens die waarheid en hierdie besit maak die wese al salig, omdat hy met sy geestelike rykdom kan werk. Hierdie liefde spoor die wese dus aan om van sy besit aan die siele te gee wat in nood is, want elke daad van liefde vermeerder die toestroming van lig en kennis en verhoog die saligheid. So ‘n wese gee nooit meer sy vrye geestelike toestand op om na die aardse terug te keer nie wanneer hy besef dat hy in die geesteryk hoër op kan klim en dat sy aktiwiteit daar nodig is. Beliggaam ‘n ligwese homself daarenteen op die aarde, dan is dit ‘n daad van die grootste liefde en barmhartigheid, waartoe reeds ‘n hoë graad van liefde behoort. Want hier gaan dit om hulpverlening aan dwalende mense wat in groot duisternis van gees verkeer, wat buitengewone hulp nodig het om nie in die diepte weg te sink nie. So ‘n beliggaming kan die ligwese die kindskap van God besorg, die hoogste graad van volmaaktheid, wat slegs in die lewe op aarde bereik kan word. Hierdie siel gaan dieselfde weg in die vlees met alle bekoringe van die kant van die duisternis. Van haar vroeëre rypheid het sy geen enkele voordeel nie, maar ‘n wegsinking in die diepte is egter onmoontlik, omdat sy onder die beskerming van die geestelik volmaakte siele staan, wat haar wel help, maar haar wil tog nie dwing nie. Sy moet as mens worstel en stry en sy het geen enkele herinnering aan vroeër nie. Sy moet ‘n lewe van liefde lei om die medemens nou as leier te dien. Die aardse lot van so ‘n siel sal veel swaarder wees, maar sy sal haar doel bereik, omdat die liefde haar beweeg het om die gang oor die aarde te gaan. Die liefde is die krag wat alles oorwin, wat alles bereik en omdat dit die vereniging met die Ewige Liefde Self beteken, ook altyd by My steun sal vind. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205