BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 376

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Waarheid, daar bestaan slegs één – Die gevoelens van die hart 4786 Dit staan julle vry by watter geestesrigting julle julself aansluit, maar steeds sal julle daaraan moet dink dat daar slegs één waarheid is, dat die verskillende geestesrigtings ook verskillende leerstellings het en dat daar maar een korrekte geestesrigting kan wees, om welke rede ‘n ondersoek onvermydelik is, wat elkeen kan uitvoer as hy maar net ernstig wil. Waar daar goddelike openbaringe na die aarde gestuur word, is die waarheid daarvan gewaarborg en daarom kan hierdie steeds as vergelyking genoem word. En die waarheid kan slegs daar wees waar daar ooreenstemming is met die leerstellings wat deur die goddelike Woord oorgebring is. Maar as daar geen regstreekse openbaring as vergelyking voorhande is nie, moet God beslis om ondersteuning gevra word en dan sal die mens ook sekerlik ‘n korrekte uitleg kry, dus sal hy nou ‘n besluit moet neem ten opsigte van wat ‘n geestesrigting aan hom voorskryf om te glo. ‘n Ernstige verlange om in die waarheid vas te staan en ‘n gebed tot God in gees en in waarheid, sal hom verseker van die ware insig oor wat waarheid en wat dwaling is. En sy hart sal hom self aanmoedig of waarsku, by welke geestesrigting hy hom moet aansluit, maar hy moet ook ag slaan op sy gevoelens en nie teen sy gevoel ingaan nie. Daar is geen geestelike organisasie op aarde wat vry is van dwaling nie, omdat die suiwer waarheid, wat die stigter aanvanklik beweeg het om dit uit te dra en die medemens daarvoor te wen, deur mense verander word. En daarom sal ‘n soekende mens in elke geestesrigting in twyfel raak, wat ook goed is, omdat hy dan self die waarheid nagaan en deur ernstige nadenke en verbinding met God deur gebed en werke van liefde, die gees in homself laat ontwaak, wat hom nou volgens die waarheid onderrig en aan hom die ware kennis bekendmaak. En daarom kan ‘n mens in elke geestesrigting die waarheid so vind, indien hy dit self sal doen. Die blinde moet homself toevertrou aan die siende - die Siende is God alleen of ‘n deur God opgewekte en ’n geestelike leier wat deur Hom onderrig word, wat vir die blinde waarlik ‘n egte steun kan wees, wat hom sal lei en hom ook kan help om lig vir sy oë te verkry, indien die blinde dit self wil. Maar ‘n blinde leier sal nie baie seën stig nie, want hy sal ook hulle wat aan hom toevertrou is, op ‘n dwaalspoor bring, alvorens hy nie self deur sy eie wil siende geword het nie. ‘n Blinde leier is egter hy wat sy wysheid nie uit goddelike openbaringe geput het nie, ‘n blinde leier is hy wat sy kennis slegs van swaksiende mense ontvang het en self nie daardeur verlig geword het nie, wie inteendeel in dieselfde duisternis sy weg sal gaan as voorheen. God bekommer Homself oor iedereen wat na die waarheid verlang. Onwetendheid, dwaling en ‘n verduisterde geestestoestand is juis daar te vinde waar die verlange na die waarheid nie aanwesig is nie, omdat die verlange ‘n voorwaarde is dat God, as die Gewer van die waarheid en die ewige Waarheid Self, Homself aan die mens sal openbaar, want as jy na die waarheid verlang, sal sy ook aangebied word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205