BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 379

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Die rede vir die Wederkoms van Jesus 4802 Eertyds moes Ek na die aarde afdaal, want die mense, My skepsele, het deur hulle eie skuld in die grootste nood beland en My Vaderliefde wou hulle nie ten gronde laat gaan nie. Bowendien het My teenstander homself so teen My verhef in soverre dat hy My skepsele volledig beheer het, wie hy wel met sy wil, maar met My krag, verwek het. In ’n sekere mate het hy hulle die vryheid van wil ontneem, deurdat hy My skepsele so verswak het, dat hulle hul vrye wil nie korrek kon gebruik nie, dus soos wat dit vir My welgevallig sou wees nie. Daarom wou Ek My swakke skepsele help in hulle oorgrote nood. Dit was geen nood wat net hulle aardse lewe betref het nie, dit was ‘n nood wat ewig sou duur as Ek hulle nie te hulp sou kom nie. Ek het medelye met My skepsele gehad, ofskoon hulle hulself in vrye wil van My afgewend het. Dat hierdie wil egter soseer verswak was en hulle hulself deur My teenstander laat beheers het, was slegs die gevolg van ‘n gebrek aan liefde. Die Liefde is ‘n Krag wat die wil die moontlikheid gee om hom teen die aanvalle van die vyand van die siel te verdedig. Waar die Liefde is, bestaan daar geen gevaar om ‘n prooi van die teenstander te word nie, want waar die Liefde is, is ook Ek teenwoordig. Maar die mense was sonder enige liefde in die tyd van My geboorte op aarde, behalwe die weiniges na wie toe Ek gekom het om hulle te help, sodat hulle nie in die algehele liefdelose omgewing ten gronde sou gaan nie. En tot hierdie weiniges het Ek na die aarde afgedaal, want hulle was erg in die nood gebring en het tot My in hulle nood geroep. Maar hulle geloof het swak geword en niemand het meer ‘n sodanige verbinding met My, hulle Skepper en Vader van ewigheid af gehad nie, sodat Ek My hoorbaar aan hom kon uiter nie. Waar nog enigsins liefde was, het die geloof ontbreek en My teenstander het verskriklik huisgehou, want sy optrede het nog die weiniges ontneem van die geloof in My, aan My Liefde, Wysheid en Mag. Daarom het Ek Self na die aarde gekom en ‘n menslike liggaam het My opgeneem, omdat Ek die mense as mens te hulp wou kom. Ek wou aan hulle bewys dat ‘n mens My kon nader en homself met My kon verbind, indien hy sy wil deur die Liefde versterk en dan bewustelik die vyand van sy siel, naamlik My teenstander, bestry. My liggaam was suiwer menslik, maar was deur ‘n Ligsiel bewoon van wie ook in die begin elke herinnering aan vroeër weggeneem was, totdat die vereniging met My deur die Liefde plaasgevind het. Toe eers herken die Siel Haarself en Haar taak. Deur die Liefde het die mens Jesus Hom met My verbind, want die Liefde is Krag, Sy is My Oersubstansie, Sy is die goddelike wat alles deurdring en Wie daarom ook die mens Jesus tot ‘n goddelike Wese omvorm het wat vol Krag, Wysheid en Mag moes wees. Sodoende het Ek dus die vorm betrek nadat Sy Haarself deur die Liefde tot ‘n woning vir die Ewige Godheid gevorm het. Julle mense sal hierdie verborgenheid moeilik kan begryp, solank as wat die liefde nog by julle ontbreek, maar waar die liefde is, is daar is ook lig en kan Ek Self werk en julle gees verlig. Ek het na Myne toe gekom, maar hulle het My nie herken nie. Ek wou My aan hulle openbaar en moes daarom klaarheid aan hulle skenk oor waarom hulle in die duister was, waarom hulle My nie herken het nie en waarom hulle in groot gevaar was. Daarom het Ek die mense deur die Mens Jesus onderrig. Ek het aan hulle My Woord gebring wat hulle self nie meer kon hoor nie, maar wat die mens Jesus gehoor het, omdat Hy deur Sy Liefde, My in Homself teenwoordig wou laat wees. My teenwoordigheid het beteken dat julle mense ook My stem verneem het, dus kan julle My slegs verneem indien julle julleself omvorm tot liefde en deur hierdie liefde My teenwoordigheid toelaat. En wanneer julle hierdie liefde in julle sal hê, sal julle sterk wees en hoef julle ook nie meer My teenstander, wat julle wil verderf, te vrees nie. Daarom moes Ek na die aarde neergedaal het, omdat hierdie kennis by julle ontbreek het, maar Ek wil dit weer vir julle gee. En daarom kom Ek ook nou weer na Myne, want weer is die nood groot, weer herken die mense My nie. Weer het My teenstander ‘n sterk mag oor hulle en slegs weiniges roep na My om hulp. Ek verhoor hulle egter en is in hul midde wat Myne wil wees. Ek skenk aan hulle My Woord. Ek vertoef egter net nie liggaamlik onder hulle nie, maar werk in die Gees, soos wat Ek belowe het. Maar Ek sal na die aarde toe kom en Myne kom haal en bring na My ryk, want die aktiwiteit van My teenstander neem hand oor hand toe en dit is tyd dat hy weer gekluister word. Dit is tyd dat die bokke van die skape geskei word, dit is die tyd van die einde soos wat dit geskrywe staan, dat Ek sal kom in die wolke om te oordeel die lewende en die dode. Wie in die liefde bly, by hulle sal Ek aanwesig wees en hulle hoef die laaste oordeel nie te vrees nie, want vir hulle sal Ek weer die Verlosser wees uit die diepste nood, die Redder wat sal kom van Bo, wanneer Satan dink dat hy sy spel gewen het. Maar dan sal hy met kettings gebind word, sodat vrede oor die mense sal kom wat van goeie wil is. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205