BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Ligdraers - God se beskerming 3725 Die lig uit die hemele kan nooit uitgewis word so lank as wat dienaars gevind kan word wat bereid is om dit te aanvaar en deur te gee nie en so die duisternis verdring. Hierdie dienaars is My gereedskap wat sorg vir die verspreiding van die lig in My Naam, en wat Ek dus nie sal laat verswak nie, want dit is My Wil dat die lig van die dag die donker nag van die gees sal deurdring en elke aardse en geestelike krag sal hierdie Wil tevergeefs beveg. Slegs 'n persoon se wil kan weier om die lig te aanvaar. In daardie geval sal Ek dit nie afdwing nie, maar die lig sal nie uitgedoof word nie, dit sal bloot oorgedra word na waar dit vrywillig aanvaar word, waar mense nie vlug nie, maar die lig begeer. Oorvloedige lig kan oral wees, die nag kan wyd en syd uit die weg geruim word as mense dit nie verhoed nie, maar dit beteken nie dat Ek sal toelaat dat My lig uitgedoof word nie, want dit sal sy strale aan mense stuur wat honger is vir lig, en wie se honger Ek wil stil. Gevolglik kan die ligdraers nie aangeraak word nie, selfs al is hulle blootgestel aan die ergste dreigemente. Hulle sal wel verhoed word om My Woord, die lig van die hemele, te versprei, maar omdat hulle in My diens is, omdat hulle namens My werk, sal die dreigemente van ander mense hulle nie laat skrik nie, hulle sal die plek verlaat waar hulle verhinder word om te werk en voortgaan om hul sending iewers anders te doen. Die glans van die lig se strale is vêrreikend, want oral waar Ek weet iemand se hart verlang na die lig uit die hemel, sal Ek sy strale stuur. My Woord sal ook in die geheim onderrig word en veel meer doeltreffend wees as in die openbaar, waar dit skaars opgemerk word en vir so lank as wat Ek My kneg op aarde aan die lewe hou, sal hy in staat wees om vir My te werk, hy sal sy werk geniet en dit nougeset uitvoer, want elke ligdraer is innerlik verlig en ervaar die voordeel, en om hierdie rede is hy ook gretig om sy medemens te voorsien van dieselfde voordeel. Ten spyte van die wêreld se poging om die lig uit die hemele te blus, sal dit nie slaag nie, want oral waar dit belet word, sal dit met geweld deurbars en helderder as ooit skyn, want Ek lei die ligdraers tot waar die vuur van My Liefde voeding vind, dus waar 'n gewillige hart homself sal oorgee, en kort voor lank sal hy self begin te skyn. Dan sal hy een word met die ewige lig en nooit weer neerdaal in die duisternis nie, en nog 'n ligdraer is gewek wat My Woord sal versprei, wat sal sê hoe hy regtig voel, omdat My gees hom aanmoedig om dit te doen. Die lig sal net aanvaar word deur iemand wie se hart 'n vonk van liefde koester, en as Ek hierdie vonk van liefde roer in 'n helderder gloed met My Woord, sal 'n lig opvlam wat nie geblus kan word nie, en so sal daar weer en weer 'n nuwe klein vlammetjie aangesteek word deur My Woord, deur die lig uit die hemele, wat gevoed word deur elke goeie daad, deur elke liefdevolle gedagte, sodat dit sal groei en 'n helder vlam word wat kan voortgaan om te skyn en deur te dring in die geestelike nag, want dit is My Wil. Daarom word die ligdraers deur My geseën en Ek ondersteun hulle werk op aarde, sodat hulle nooit nodig sal hê om hulle te bekommer dat die lig uit die hemele ooit uitgedoof kan word nie, want hulle vervul 'n belangrike sending, hulle is in My diens, en elke heer sal sy arbeiders en dienaars beskerm wanneer hulle in ernstige gevaar is, sodat die werk, waarvoor hy sy dienaars gehuur het, nie benadeel sal word nie. So sal Ek ook, altyd en ewig My werk beskerm, sowel as My dienaars op aarde, want die stryd van die lig teen die duisternis moet plaasvind, want die lig moet in die nag ingedra word, om die donker te verdryf. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205