BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 402

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Kerklike gebooie 4840 Ek het vir julle geen besondere voorskrifte gegee oor hoe julle ingesteldheid moet wees teenoor die kerklike gebooie wat deur mense gegee word nie. Alles wat julle uit vrye wil doen, word deur My gewaardeer. Alles wat julle egter uit dwang verrig, uit vrees vir straf, of ook uit gewoonte, het vir My geen waarde nie. Wat mense julle laat doen, daarvoor moet julle ook deur mense betaal word. Nooit moet mense egter ‘n beloning van My in die vooruitsig stel, wat Ek self nie beloof het nie. Ek kan nie iets goedkeur wat heeltemal in stryd is met My Wil nie, omdat Ek die vrye wil vir die mens gegee het, - wat egter aangetas word deur gebooie wat afkomstig is van mense, want ‘n gebod is ‘n dwang wat die gebruik van die vrye wil uitsluit. Ek het aan die mense slegs één gebod gegee, naamlik die gebod van die liefde, wat die grondwet is en wat nageleef moet word, indien julle nie teen My ewige ordening wil ingaan nie. En tog is die gebod van die liefde ‘n gebod, wat die wil van die mens in vryheid laat. Daar bestaan geen dwang wat hom tot naasteliefde verplig nie. Die mens word ook nie deur My gestraf as hy die gebod van die liefde nie nakom nie, maar hy bestraf homself, omdat hy die enigste middel verontagsaam wat vir hom die verlossing beteken uit ‘n situasie waar hy deur eie skuld in ’n gebonde toestand verkeer. Ek het aan die mense die gebod van die liefde gegee, wat uit vrye wil nagekom kan word of ook nie nagekom kan word nie. Maar die mense voeg nog gebooie daarby wat Ek nie kan goedkeur nie, want dit word nie gedra deur die liefde tot die medemens nie, maar dit is slegs maatreëls om hulle mag te versterk, aangesien die onderhouding van hierdie gebooie ‘n voorwaarde is om tot ‘n organisasie te behoort wat die reg vir hulself opeis, om die ware kerk van Christus te wees. Daarmee plaas hulle die mense nou onder dwang en wat nou glo dat hulle hulself besondig as hulle hierdie gebooie nie hou nie. Daarom kom hulle nou hierdie gebooie noukeurig na en rig hul hele aandag daarop. Terwyl hulle My gebod van die liefde verontagsaam. Die liefde kan haarself slegs in vryheid ontplooi. Liefde en dwang is teenstrydig met mekaar. En daarom kan Ek ook in die vervulling van kerklike gebooie, geen liefde tot My herken nie, solank as wat dit tradisioneel nagekom word as ‘n getuienis teenoor die gesag wat sulke gebooie uitgevaardig het. Bowendien is hierdie gebooie ook nie geskik om die liefde tot My te laat ontvlam nie, omdat dit My voorstel as ‘n Wese wat behep is met menslike swakhede, wat gehoorsaamheid, eerbied en erkenning vereis, terwyl Ek maar net bemin wil wees. In My Oë is niks sonde nie, behalwe dit wat in stryd is met die liefde tot My en die naaste. Hulle wat die kerklike gebooie pligmatig onderhou, sal geen verdienste van My kry nie, omdat dit hulle gebooie is wat julle moet nakom. Die vrye wil moet egter uit liefde kies vir My en daarom het die mense geen gebooie nodig nie, behalwe Myne wat Ek self aan hulle gegee het, in die besef van die seën wat daaruit sal voortkom vir elke mens wat dit sal nakom. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205