BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 406

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Die proses van Jesus se koms - Opvaring 4847 My terugkeer, My koms aan die einde van die wêreld, word betwyfel deur daardie mense wie se geloof nie heeltemal ferm is nie. Tog kan hulle, indien hulle maar net oplet, ook die waarheid van My Woorde aan die besonderhede van hierdie eindtyd herken en ook My teenwoordigheid waarneem. “Ek sal by julle bly tot aan die einde van die wêreld”. Hierdie woorde alleen moes al voldoende gewees het om vir julle ‘n ware beeld te laat vorm van My wederkoms. Omdat Ek nie liggaamlik onder julle vertoef nie, moet julle dus die betekenis van My Woorde geestelik verstaan. Ek sal geestelik vertoef onder Myne tot aan die einde van die wêreld, want Ek sal by hulle gedurende elke uur en op elke plek wees vanaf My Hemelvaart, want Ek het gesê: “Ek sal by julle bly.” En sodoende was Ek altyd geestelik by Myne en sal by hulle bly tot aan die einde van tye. Ek het egter ook die mense ingelig oor My wederkoms, oor My koms in die wolke. Dus moet hierdie wederkoms verstaan word dat die mense in staat sal wees om My te sien, net soos My dissipels My kon sien toe Ek opgevaar het na die Hemel. Geestelik is Ek egter altyd by julle mense, indien julle waardig is vir My teenwoordigheid. Maar Ek sal liggaamlik terugkeer, wel nie in My aardse liggaam nie, maar wel sigbaar vir hulle na wie Ek wil terugkeer. Maar aangesien Ek My wederkoms aangekondig het, kan julle mense dit met sekerheid verwag, indien julle My woord glo en deel is van hulle wie die finale einde sal ervaar. Ek het hierdie belofte nie sonder rede gegee net voor My Hemelvaart nie, want Ek het die geestelike vlak van die mense gedurende die laaste dae vooruit gesien. Ek het ook die ontsaglike nood van die gelowiges gesien wat aan My getrou wil bly en wie onder ekstreme druk geplaas sal word. En Ek het hulle stryd gesien, die moeilikste stryd wat die mense terwille van My Naam sal moet stry. Ek het hulle wil gesien en hulle groot gevaar om vas te staan te midde van duiwels. Om hierdie rede het Ek My persoonlike hulp aan hulle beloof, wat Ek inderdaad ook sal verleen wanneer die tyd sal aanbreek. Ek sal Self na Myne toe kom en hulle bystaan gedurende die laaste stryd en so sal vele My ook mag aanskou, want Ek sal teenwoordig wees waar die nood ontsaglik groot is en waar My Eie My sal nodig hê. Hulle sal My as mens van vlees en bloed sien, dog nie vanuit ‘n vrou gebore nie, want Ek sal van Bo kom en sal My omhul met ‘n sigbare vorm vir julle, sodat julle My sal kan verdra, sodat elkeen wat My sal aanskou, deurdring sal word met krag en hulle sal die laaste stryd op aarde deurleef. Maar dan sal Ek in die wolke kom om Myne huis toe te bring na die koninkryk van vrede. Hierdie koms sal presies so plaasvind soos My opvaart na die Hemel, maar net omgekeerd as wat My hemelvaart plaasgevind het. Ek sal in stralende lig, maar deur wolke omhul, om vir julle sigbaar te kan wees, na die aarde afdaal en Myne versamel, ten einde hulle te red uit die grootste nood en verdrukking, gedeeltelik afkomstig van die demone van die onderwêreld, asook van die vernietigingswerk waaraan alles ten offer sal val wat leef in, op en bo die aarde. Maar hierdie koms in die wolke sal egter slegs sigbaar wees vir hulle wat deel van Myne is, want die aanhangers van My teenstander sal nie in staat wees om My te sien nie. Dit sal ‘n geestelike wederkoms wees, asook fisies waarneembaar, maar slegs deur hulle wat geestelik wedergebore is, wie ‘n diep en lewende geloof sal hê en wie dus My volgehoue teenwoordigheid sal erken tot aan die einde van die wêreld, sowel as My sigbare wederkoms, want hulle was geleer deur hulle harte, die geesvonk in die mens en hulle behoort daarom aan diegene by wie Ek sal vertoef tot aan die einde van tyd. Hulle glo dat Ek sal terugkeer en Ek sal hulle geloof nie beskaam nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205