BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 408

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Hand oor hand toename van sonde 4853 Die sonde sal hand oor hand toeneem en die mense sal sonder ‘n verantwoordelikheidsgevoel losbandig lewe in genot en sonde, want die Satan regeer die wêreld en die mense is aan hom gebonde. En gewilliglik luister hulle na sy influisteringe, swak en sonder weerstand beswyk hulle voor sy versoekinge, hulle vervul hul begeertes van hul liggame en het vir niks ‘n afsku nie, want die sonde lok hulle en so sink die mense weg in hulle verderf. Hulle gaan hulle einde tegemoet. Wie op die gedrag van die mense let, sal ook weet watter uur geslaan het, naamlik dat die aarde ryp is vir haar ondergang en dat die mense die doel van hulle lewe vergeet het en dus voor die afgrond staan. Die Satan het hulle volkome in sy mag en hulle bied hom geen weerstand meer nie, want hulle erken hom as hulle heer en doen wat hy van hulle verlang. In hierdie sonde sal die mense verstik, in hierdie sonde sal hulle ondergaan, want te midde van die genietinge van hulle lewe sal hulle hulle einde vind soos wat dit geskrywe staan. En daarom roep Ek die mense toe: Julle sal almal eendag verantwoording moet doen vir julle denke en handelinge en woorde, julle sal almal geoordeel word volgens julle wil en julle dade. Val nie in die sonde nie, hou julle rein en verafsku die bose, sodat die sonde nie julle verderf word nie, sodat dit julle nie in die afgrond intrek nie. Stomp die “vermaner” in julle nie af nie, luister na die stem van die gewete wat julle waarsku teen elke bose gedagte en elke bose handeling. Let op haar stem en gee gevolg daaraan, stap nie ligtelik oor die sonde heen nie, maar dink aan Hom wie julle eenmaal sal oordeel, Wie regverdig is en elke sonde straf omdat sonde versoening vereis. Laat julle nie verlok word deur die prikkelinge van die wêreld nie en vervul nie elke verlange van die liggaam nie, want dit verlei julle tot sonde. Hou julle rein en dink daaraan dat julle julleself nie voor My oë sal kan staande hou wanneer julle in sonde val en dit nie verafsku nie. Bevry julle van die satan wat julle verlei indien julle hom geen weerstand bied nie. Die sonde het groot mag oor julle en daarom moet julle julleself behoed daarvoor, want daardeur verkoop julle julleself aan My teenstander en verwyder julle julleself van My en dit beteken ewige verderf vir julle. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205