BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 409

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Oral weerklink die stem van God – Die erns van die tyd 4861 Julle leef in ‘n buitengewoon ernstige tyd en julle word ook voortdurend daarop gewys, omdat dit nie oor die aardse ontwikkeling van wêreldgebeure gaan nie, maar oor die geestelike ontwikkeling van die mens. Julle moet leer om in te sien dat die mense in gevaar is en dat hulle in die aangesig van die nabye einde staan. Julle sal self moet toegee dat ongewone gebeurtenisse julle gedagtes op geestelike probleme sal instel en julle sal ook moet toegee dat die aanwysings oor die einde ooreenstem met alle voorspellings rakende die einde. Daarom moet julle hierdie voorspellings ook in ag neem en dankbaar dink aan Hom, Wie julle waarsku en vermaan. Julle moet dus elke aanwysing ernstig opneem en insien dat al die aardse gebeure in verband staan met die ontwikkelingsproses van die mensdom. Julle moet weet dat elke gebeurtenis slegs ‘n middel is om die mense aan te spoor tot siele-arbeid, sodat hy vrywillig na God sal streef. Hierdie tyd is daarom so ernstig, omdat die gevolge van die aardse lewenswandel vir die mens van die allergrootste belang is, want die versuimde of verkeerd gebruikte tyd kan nie meer so gou ingehaal word nie, terwyl die verantwoording niemand gespaar bly nie. Alle vermaninge en waarskuwings is dus slegs op so ‘n manier moontlik dat dit geen dwang tot geloof sal beteken nie. Dit wys wel op die einde en op die Skepper en Behouer van alle dinge, maar bewys niks. Daarom is daar slegs weinig mense wat in hierdie tekens die daaropvolgende einde sal herken en hulle nou, bewus van die geestelike nood, hulself geheel aan God sal toevertrou. En hierdie weinige moet spreek van God en Sy ryk en moet probeer om hul oortuigde geloof tot die medemens oor te bring en hulle sal te alle tye in verbinding moet bly met hul Vader van ewigheid. Hulle moet die vermaninge en waarskuwings aanvaar, om dit dan deur te gee aan hulle wat nog vêr van God verwyder is. Wie dus oë het om te sien, die moet ook kyk en wie ore het om te hoor, moet ook luister, want oral weerklink die stem van God en oral kan Sy werk bevestig word. Oral word die gedagtes van die mense vanuit die Hoogte beïnvloed, maar hul wil bly vry. En op geen mens oefen God dwang uit nie, selfs nie as ‘n buitengewone belewenis die ingryping van God laat sien nie. Die afstand tot die einde word steeds kleiner en die aantal tekens van die eindtyd sal steeds groter word. Vir elke mens word die geloof daardeur makliker gemaak, want as sy wil goed is, sal hy hom nie doof hou vir hierdie aanwysings nie. God werk met Sy genade oral in die wêreld en oral flits klein liggies op waarvan die straal deurdringend kan wees, as dit nie deur die mens self verduister word deur sy onwilligheid om hom aan die werking van hierdie strale oor te gee nie. Geseënd is hy wat so ‘n ligstraal volg en dus die tyd van die einde nie in geestelike duisternis hoef deur te bring nie. Want hy sal dan met sekerheid die regte weg volg wat tot die doel voer, wat tot Sy God voer, sy Vader van ewigheid. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205