BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 417

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Onbereikbaarheid van God – Herkenning van Sy fundamentele natuur 4877 Geen menslike gees kan My begryp, solank as wat hy nie met My verenig het nie, naamlik met My Ewige Vadergees. En hierdie vereniging met My is ‘n daad van die grootste bereidwilligheid om in My Wil in te gaan, dit vereis dus die omvorming tot My fundamentele natuur. Slegs wat een geword het met My, kan My herken, anders is dit bloot geloof en nie volkome besef nie. Die menslike gees is wel tot insig in staat, maar nooit uit homself nie, inteendeel slegs in die aaneensluiting met My. Hy dra ‘n vonk van My ewige Vadergees in hom, dit is ‘n deel van My wat van My uitgegaan het en onophoudelik met My in verbinding staan, maar wat eers deur die wil van die mens in die toestand gebring word waarby hy in werking kan tree. En hierdie wil moet homself nou aan My onderwerp, dan kan die geesvonk in die mens aktief word. Maar dikwels gaan daar ‘n lang tyd verby alvorens die mens deur sy wil die gees in homself opwek en hierdie tyd het dan vir ewig verlore gegaan. In die toestand van onwetendheid is die aardse weg vir die mens fataal vir die siel, want sy sal dan slegs leef vir die wêreld, sy sal nog nie die sin en die doel van die aardse lewe begryp nie, sy het nog nie met die gees in haarself in kontak gekom nie en is daarom volkome blind. Eers die ontwaking van die geesvonk in die mens sal die siel se positiewe ontwikkeling beskerm, haar vervolmaking, want die ontwaakte gees sal die siel oorreed om haarself af te wend van die wêreld en na die gees se stem te luister en wanneer hierdie dag aangebreek het, word die duisternis verdryf deur lig en die gees sal die siel opheldering gee oor My Wese, oor My werksaamheid en oor My voortdurende sorg vir My lewende skepping. Dan sal die gees haar lei na die waarheid, hy sal kennis aan haar verskaf wat nie van buite bronne af meegedeel kan word nie, aangesien dit vir haar heeltemal onbegryplik aangebied sal word, of sy sal nie in staat wees om dit te begryp nie. Dan sal die gees die siel voortdurend aanspoor om met My te verenig en aangesien die gees deel is van My, wil hy ook die siel in homself intrek, dus sal die vereniging met My ook die siel se doel word. Eers by ‘n bepaalde graad van volwassenheid begin die mens waardering te kry vir My fundamentele Wese en selfs dan sal hy nooit in staat wees om dit in Sy hele diepte te deurgrond nie. As mens begryp hy dit nie en selfs ’n ligwese, staan nog op ‘n verre afstand van My, maar tog is hy deurstroom van My krag en is daarom uitermate salig. Dit is onmoontlik om My fundamentele Wese totaal te deurgrond, want Ek oortref alle wesens van lig en krag en is sodoende onbegryplik vir alle wesens, selfs wanneer hy die hoogste graad van volmaaktheid bereik het. Want as Ek deurgrond sou kon word, dan sou Ek nie oneindig gewees het nie, nóg in volmaaktheid, nóg in krag. Maar juis hierdie onbegryplikheid vul ‘n ligwese met saligheid, sodat hy na My kan opsien en My steeds dieper sal liefhê, sodat hy voortdurend met verlange na My sal streef en hy sal altyd vervulling ervaar van sy begeerte. Die feit dat Ek onbereikbaar is vir die wese, sal sy liefde meer intens maak omdat, in die bewussyn van My onbereikbaarheid, hy My Liefde as die grootste geskenk sal beskou. Maar andersyds is My lewende skepping onskeibaar met My verbind. Sy selfveroorsaakte onvolmaaktheid, sy teenstrydige toestand tot My fundamentele Wese, beperk nie My Liefde daarvoor nie en sal My ewiglik nooit daartoe bring om dit te verloën, dus My daarvan te skei nie. Hoe onbereikbaar Ek ookal vir die wese is, is dit nogtans in verbinding met My, dit behoort aan My, omdat dit vanuit My krag voortgekom het en is dus ‘n fundamentele deel is van My. En hierdie toestand van saamwees sal nou sy bekroning vind in die bewustelike eenheid deur die wese. Deur sy afstuur op My, plaas hy hom in ‘n toestand van geluksaligheid, omdat, om My Liefde te voel en dit dan as geluksaligheid te ondervind, moet die wil van die wese onvoorwaardelik tot My gekeer wees. Daar mag geen enkele weerstand meer in die wese oorbly nie, hy moet na My toe wil kom, ten einde deur My omhoog gehef te word en hierdie omhoog hef, hierdie na-My-toe-trek, is ‘n nimmereindigende toestand tot in ewigheid. Die wese sal nooit die laaste doel bereik nie, maar sal geleidelik nader aan My kom, want hierdie sekerheid sal nog vir julle mense op aarde onbegryplik wees. Maar helaas, die geluksaligheid van die wese bestaan in ‘n voortdurende verlange en vervulling. ‘n Wese wat totaal bevredig sou wees, sou geen verlange meer kon ondervind nie en sal daarom ook die vreugde van vervulling mis. Maar Ek wil hê dat My kinders te alle tye na My sal strewe. Ek wil aanhoudend aan hulle gee en wil daarom ook aanhoudend begeer word. En dus, as die finale doel, sal Ek die wesens stimuleer tot die hoogste liefde en grootste verlange maar sal altyd bo My lewende skeppings staan, nie uit ’n gebrek aan liefde nie, maar juis as gevolg van My oorgrote Liefde, want Ek wil ‘n onophoudelike vreugde berei, omdat My Liefde tot in ewigheid nooit kan ophou nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205