BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 419

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Vervulling van voorspellings deur sieners en profete 4879 Dat My Woord vervul sal word, sal julle spoedig ervaar, want die tyd waarvan Ek steeds weer deur sieners en profete verkondig het, het aangebreek. Hulle almal het My Woord verkondig, dus spreek hulle slegs uit wat Ek tot die mense wil spreek. En omdat Ek die profete en sieners gebruik as My sprekers, daarom kan hulle maar net deurgee wat Ek Self bekend wil maak. Dit is dus seker dat hierdie voorspellings vervul moet word, want My Woord is die waarheid. Dit is egter vir die gelowiges meestal onbekend wanneer My voorspellings vervul sal word en daarom word hulle nie ernstig opgeneem nie. Die mense glo dat dit eers vir die toekoms is wat lank tevore vir die mense voorspel is. Hulle weet nie wanneer die tyd vervul sal wees nie en glo ook nie dat hulle midde in hierdie tyd lewe nie. Hulle glo en dan glo hulle weer nie, hulle wys die voorspellings nie heeltemal af nie, maar wil tog nie glo dat dit vir die teenswoordige tyd geld nie. En daarom bly hulle lou in hulle siele-arbeid. Maar Ek sê steeds weer vir julle dat julle nie meer lank tyd het om te besin, indien julle nie verras wil word nie. Julle vertoef nog net ‘n kort tydjie op hierdie aarde en die onus lê by julle of julle wil behoort aan die bewoners op die nuwe aarde. Maar dan moet julle vas en onwankelbaar glo dat die einde voorhande is en julleself ook op die einde voorberei. Julle moet lewe volgens My wil en sal dan ook ervaar in welke uur julle leef. Julle sal dan geen tyd mors nie en julle sal weet welke lot daar vir die mense beskore is. En sodat julle nie behoort tot die ongelukkiges wat die einde moet vrees nie, moet julle by My aansluit en alles wat aan die wêreld toebehoort, die rug toekeer. Wanneer julle egter sonder geloof lewe, sal julle maar net Ag, slaan op die wêreld en sal nie die erns van die uur insien nie en julle sal dan vir ‘n lang tyd verlore gaan. Ek kan julle maar net waarsku teen die einde en julle vermaan tot liefde, maar Ek kan julle nie dwing om hierdie kennis te glo nie. En daarom verkeer julle in groot gevaar, omdat julle nie glo dat die einde naby is nie, ofskoon dit steeds weer deur sieners en profete aan julle verkondig word. Tog sal julle My Liefde voortdurend ervaar, om julle gedagtes op die einde te rig. Maar My Liefde laat julle soms smartlike weë gaan om julle blik van die wêreld af te trek. My Liefde spreek tot julle deur My dienaars, want My Liefde wil julle red. Maar Sy laat julle altyd die volle vryheid toe om in My Woord te glo en dit aan te neem. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205