BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 428

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Voorloper – die beliggaming van Ligwesens 4899 Ek stuur die Evangelie na die aarde en wanneer julle dit van bo af ontvang, is dit suiwer en nie deur die menslike wil vervals nie. Ek weet dat dit nodig is, omdat talle mense My nie kan vind nie, omdat hulle nie in die waarheid onderrig is nie en daarom beliggaam Ek Myself in die gees van hulle wat My Wil dien. Dat die waarheid in sy suiwerste vorm na hulle toe sal kom, is ’n lang erkende noodsaak deur My Liefde en Wysheid en dit alleen gee vir My aanleiding om die ontvanger van die waarheid van bo te beskut teen die invloed van onrein geeste, wat sy denke sou verwar en die toesending van die waarheid sou wil belemmer. Wie dus ’n ontvanger is van My Evangelie wat Ekself op aarde geleer het, waarvoor Ek weer aan My dienaars op aarde die opdrag gee om dit te versprei, kan gerus wees dat hy in die waarheid sal wees en dat hy as My dissipel van die eindtyd die mense kan leer sonder om bevrees te wees dat hy dwalinge by die onderrig sou kan inmeng. En vanuit hierdie sekerheid moet hy invloed uitoefen op almal wat sy weg kruis. Hy moet homself beskou as My spreker en in My opdrag steeds dit uitdra wat hy van Myself ontvang het, wat as gewaarwording in hom na bowe kom, omdat dit die suiwer waarheid is. Talryke ligwesens is op hierdie oomblik op die aarde beliggaam, omdat die groot geestelike nood ook buitengewone hulp vereis, wat slegs deur hierdie ligwesens verleen kan word. Hierdie ligsiele is meestal geestelike leiers, dus staan hulle deur ‘n lewenswandel na aan My Wil en in noue kontak met My en hulle kan My leringe dus direk ontvang en aan die mense oorbring. Hierdie wesens besit ‘n graad van rypheid wat ‘n afdaling na die dieptes onmoontlik maak. Hulle gaan derhalwe ook altyd in die grootste deemoed en onbaatsugtigheid deur die aardse lewe en trag slegs om My Ryk na die mense toe te bring, sonder om self daarvan nut te hê, slegs met die bedoeling om My te dien en om die mense te help. Daarom kan so ‘n ligwese wat deur My na die aarde toe gestuur is, homself ook meermale beliggaam, indien die geestelike vlak van die mense dit noodsaak. Maar steeds is hierdie beliggaming ‘n voortdurende diening tot aan die einde, want My Wil in hierdie wesens is oorheersend. Hulle maak hulself vrywillig aan My onderdanig en kan daarom hulle graad van rypheid op aarde ook nie meer verloor nie. Nooit sal laer geeste oor so ’n wese wat as mens beliggaam is, mag hê nie en nooit sal hy onder hulle bose invloed beswyk nie. Nooit kan ‘n reeds volmaakte gees dus op aarde faal nie, d.w.s. sy taak nie vervul nie. Dit kan wel vir die mense lyk asof ‘n taak onderbreek is deur ‘n skielike terugroep na die geesteryk, of deur menslike vyandige maatreëls wat sy aardse lewe voor die tyd beëindig. Maar daarvan weet Ek sedert ewigheid af en gryp nog steeds nie met My mag in om die wil van die mense onvry te maak nie. Sy verlossingswerk word egter voleindig en alles sal so plaasvind soos wat dit in My heilsplan van ewigheid bestem is. Ook die mees volmaakte geeste uit die Hemel sal hulself tydelik beliggaam om ‘n geestelike vooruitgang onder die mense te bereik, want sonder sulke hulp sou die mense te swak gewees het vir teenstand. En dan kan die dooies ook uit hulle grafte verrys en die wat volledig blind is in die gees kan deur ‘n helder verligte bliksemstraal van bo wakker geskud word en siende word. Dan sal dit egter die tyd van die einde wees waarin ook My Wederkoms verwag kan word, wat ook steeds deur sieners en profete aangekondig word. Voordat Ek egter sal kom, sal die “grootste Lig” op aarde straal, maar in die eenvoudigste gewaad. Die “Lig” sal nogeens van My getuig, soos wat hy dit gedoen het voor My optrede in die vlees op hierdie aarde, alvorens Ek aan die mense, vir wie Ek die Evangelie gebring het, onderrig het. Hy was My Voorloper en sal dit ook nou weer wees. Julle mense sal hom aan sy spraak herken, want hy sal dieselfde woorde kies en van My getuig soos wat hy dit destyds gedoen het. Sy gees sal slegs na die aarde toe kom om die Wet te vervul, derhalwe moet hy My voorgaan in die volste insig van sy herkoms en sy opdrag. Hy sal alles deursien en sal ook sy aardse lot ken waaraan hy homself egter nie sal onttrek nie, want dit is ook deel van die verlossingswerk waaraan hy sal deelneem, uit liefde vir die onverlostes. Hy weet dus dat die taak eers met sy dood vervul sal wees en hy het geen ander verlange nie, as die uiteindelike vereniging met My, sy Heer en Meester, sy Vriend en Broer, sy Vader van die Ewigheid. Wanneer hy sal verskyn, is die einde naby, want Ek sal hom spoedig opvolg en My aankondiginge waar maak. My Wederkoms is die laaste fase voor die algehele vernietiging van die aarde met alles wat leef en dan sal vervul word soos wat dit geskrywe staan: Daar sal ‘n nuwe hemel en ‘n Nuwe Aarde ontstaan, waarin Ek midde onder Myne sal wees, waar slegs een Herder en een kudde sal wees, omdat almal wat lewe met My verbonde sal wees en hulself sal oopstel vir My verblyf onder hulle. Dan sal alle mense op die Nuwe Aarde My kinders wees tot wie Ekself sal kom as Vader, om aan hulle te gee wat hulle salig sal maak. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205