BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 430

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Aanmaning om standvastig te bly in die geloof 4904 Julle sal vir alles beloon word wat julle om My ontwil sal moet verduur. Bly daarom standvastig en dink steeds daaraan dat die liggaam wel van julle afgeneem kan word, maar nie die siel nie, dat mense wel die liggaam kan dood, maar dat die siel nie deur haar vyande gedood kan word nie. Bly standvastig in die geloof in My as God se Seun en Verlosser van die wêreld, want hierdie geloof wil mense van julle afneem, mense wil My wegdring uit die gedagtes van die mense en dit sal hulle bereik deur meedoënlose maatreëls, wat gemik sal wees om hulle wat swak van geloof is, te laat wankel. Vertrou dan tog net op My, Wie julle sal bystaan in elke aardse nood en julle ook teen die maatreëls kan beskerm as Ek dit goeddink. Versterk julle geloof, laat dit so standvastig word dat julle vir julleself niks aantrek wat die wêreld aan julle wil doen nie. Dink aan My Woorde: Ek wil julle vir alles beloon wat julle om My ontwil sal moet ly. Wanneer julle geloof sterk is, sal die maatreëls van die aardse maghebbers julle nie raak nie, dit sal julle nie bangmaak nie, omdat julle in My julle Heer sien, Wie Sy kinders in Liefde met sorg omring en hulle behoed teen die vyand van hulle siele. Deur hom aangespoor, sal die wêreld julle erg in die noute bring, maar julle sal haar kan weerstaan as julle julleself maar net by My sal aansluit, indien julle My in die stryd teen die vyand na julle toe trek, Wie waarlik aan julle sy sal stry om ook die sege oor hom te behaal. Julle sal hom nie mag vrees nie en sal openlik van My en My Naam getuienis moet aflê, want julle mag nie swyg nie, julle sal moet spreek waar mense My wil doodswyg. Ek het julle nodig, sodat julle van My kan getuig wanneer die mense vrees om My te bely. Dan moet julle My werke in julle en My bestemming vir julle verkondig, dan sal julle aan hulle die bewys moet lewer wat standvastigheid in die geloof kan vermag, julle mag nie vrees vir julle lewens nie, wat geen waarde sal hê as julle julle siele verkoop het nie, julle moet inteendeel ook bereid wees om julle lewens te gee en om dit in te ruil vir ‘n heelwat heerliker lewe in die geesteryk. Maar eers wanneer dit My Wil is, sal julle van die aarde af weggeroep word, want teen My Wil sal mense julle geen leed kan berokken nie. En daarom roep Ek julle toe: Hou vol en bly standvastig tot aan die einde, glo in My belofte dat Ek in die grootste nood sal kom om julle te red en julle na My toe te roep, weg uit die plek van verderf, uit die ryk van die duiwel. Verwag My en vrees nie, want My Woord sal vervul word wanneer die tyd daarvoor aanbreek. Ek sal myne waarlik nie in die hande van My teenstander laat val nie. Ek kom julle haal om julle te bring na ‘n ryk van vrede en salig sal die wees wat sterk is en volhard tot aan die einde. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205