BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 433

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Teengestelde ontwikkeling is nooit die Wil van God nie – Herbeliggaming - Omgekeerde proses - Hernude kluistering – ligwesens 4913 'n Omgekeerde proses vind nou plaas, wel aan die gang gebring deur My Wil, maar deur menslike wil self beskik. Dit kan as 'n daad van teengestelde ontwikkeling gesien word, wanneer al die gees wat as mens beliggaam is, weer in die vaste materie gekluister word, dus as 'n daad deur My Wil teweeggebring, terwyl Ek tog slegs, volgens My ordening van ewigheid, 'n voortskrydende ontwikkeling bevorder. Maar ook hierdie daad kan dieselfde beginsel laat sien wat op My ordening gebaseer is. Want die gees het deur menslike wil in die diepte geval, waaruit Ek dit weer oor 'n langdurige weg omhoog lei. Daar het dus 'n terugval plaasgevind, egter nie deur My Wil nie, maar deur die menslike wil, terwyl My Wil weer die positiewe ontwikkeling moontlik maak en daar dus 'n nuwe genesingsproses begin na die einde van hierdie aarde; 'n genesingsproses wat onnoemlik smartlik sal wees en waaraan geen einde blyk te kom nie en wat tog die enigste middel is om die gevallenes weer te help om opwaarts te gaan. Wat My verlossingswerk dus nie volbring het nie, moet hierdie proses tot stand bring. Wat maklik moontlik was, moet uitermate moeilik beveg word, omdat die strewe nie daarop gerig was nie, naamlik die verlossing uit die vorm, die vrywording van die gees en die opwekking uit die nag na die lig. Ek het dit vir die mense maklik gemaak deur My kruisdood, maar die mense neem My gawe van genade nie aan nie. Ek het die leed op My skouers geneem, maar hulle wys My hulp af en daarom moet hulle die leed op hulself neem en dit vir ’n eindelose lang tyd dra. Hulle het al ver na bo gevorder en stort hulle self in die diepte in. En My Liefde en Erbarming verskaf nuwe moontlikhede aan hulle om weer die hoogte te bereik. Met 'n reuse tempo het die proses van positiewe ontwikkeling weer in ’n omgekeerde rigting gegaan. Die mens het na alle voorafgaande trappe van ontwikkeling in die kort tyd op aarde in vrye wil teruggeval en weer daar beland waar hy vir ondenkbare lang tyd gelede was, naamlik by die materie waarna hy met al sy sinne streef en wat dus ook sy lot sal wees. Maar steeds moet dit duidelik gemaak word dat My Wil nooit hierdie agteruitgang veroorsaak het nie, maar die menslike wil self. En My Wil gryp nou eers in, deurdat hulle My wil teengegaan het en word nou in die vaste materie, wat die gevallene gees bevat, 'n dienende bestemming toegewys, sodat die gees weer stap vir stap omhoog kan klim; egter in gebonde wil, omdat dit andersins nie moontlik sou wees nie. En gevolglik word My Wil weer kenbaar en ook, dat Ek slegs 'n positiewe ontwikkeling begunstig, maar dat van elke negatiewe ontwikkeling, die menslike wil die beweegrede is. Daarom is die gedagte absurd dat iets, wat al ryp geword het, 'n agteruitgang in ontwikkeling meemaak deur My Wil, dat so 'n wese dus, wat homself al uit die materiële omhulling bevry het en binnegegaan het in die geestelike sfere, deur My Wil weer 'n liggaamlike omhulling kry, Wie dan terselfdertyd die bewussyn van vroeër van die wese afneem, en veroorsaak dat hy weer 'n wilsproef moet aflê, wat hy alreeds eenmaal deurstaan het, maar nou egter in vrye wil sou kon faal. Om homself positief te kan ontwikkel het so ‘n siel, wat die wilsproef deurstaan het, geen nuwe beliggaming as mens nodig nie, omdat daar in die geesteryk altyd baie geleenthede sal wees om ryper te word. Maar indien 'n siel nie die wilsproef deurstaan het nie, dan sal sy nog baie minder op die aarde teruggeplaas word, omdat die terugplaas dan deur My Wil sou moet plaasvind, maar nou 'n handeling teen My ewige ordening sou wees, omdat Ek slegs voortdurende vooruitgang, maar geen stilstand of agteruitgang begunstig nie. As daarenteen die daad van beliggaming van 'n siel op die aarde deur My Wil toegelaat is, dan beoog sy nie die bereiking van 'n versuimde graad van rypheid nie, maar slegs die vervulling van 'n nuwe taak, ten behoewe van die mensdom wat in geestelike nood is, wat wel aan die wese 'n hoër graad van rypheid kan gee, maar dit nie as beweegrede het nie. Siele wat hulleself op aarde beliggaam, kan wel al 'n sekere graad van rypheid hê wanneer hulle van ander sterre afkom om op aarde tot die hoogste rypheid te kom. Vir hierdie siele beteken dit egter geen terugplasing in 'n reeds oorwonne stadium nie, wat egter die geval sou wees indien 'n siel, wat eens ’n bewoner van die aarde was, uit die geesteryk weer na die aarde teruggeplaas sou word, met die doel van 'n van positiewe ontwikkeling. Tewens sou dit nie vir so 'n siel tot seën wees nie, omdat die herinnering aan vroeër weer van haar afgeneem sal word en sy gevolglik die vroeër verkrygde insigte nie sou kon benut nie, maar uit vrye wil - net soos die eerste keer - sou moet besluit, wat tog ook na 'n algehele val na benede sou kon lei. Wie daarna streef om opwaarts te gaan, sal ook in die geesteryk voldoende geleentheid vind om hoër te gaan. Wie nog aanstuur op die aarde, is nog in haar ban en sal nooit deur My teruggeplaas word nie. Wie homself egter in die lig bevind en uit liefde vir die onverlostes na die aarde wil afdaal, aan hom word hierdie herbeliggaming toegestaan, maar dit kan nooit as te nimmer 'n terugsink na die diepte tot gevolg hê nie, omdat die siel van bo kom en ten spyte daarvan dat sy nie haar herkoms ken nie, voldoende krag besit om weerstand te bied teen alle verleiding op aarde. Want 'n wese van die lig sal Ek nooit meer laat val nie. Hy sal altyd sy taak volbring, ofskoon hy ook altyd in vrye wil handel en op aarde leef. Maar sy wil is en sal op My gerig bly, omdat hy ook die liefde in hom het wat My herken en My ewig nie meer wil verloor nie. En so sal wat opwaarts wil gaan, ewig deur My bygestaan word; wat na die diepte verlang, sal nie deur My gehinder word nie. Maar steeds is My grondbeginsel die positiewe ontwikkeling, wat ook altyd herken sal word deur diegene wat daarna streef om opwaarts te gaan. Wat daarom opwaarts lei, is My Wil; elke teruggang is egter die wil van die mens, wat nie deur My in sy vryheid aangetas sal word nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205