BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 439

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Antichris - Die geloof is in gevaar 4947 Op ‘n onverantwoordelike manier sal die Antichris optree teen almal wat nog sal glo in ‘n God van Hemel en aarde, want hy sal die mense dwing tot die verloëning van die geloof wat van My af ‘n absoluut vrye wilsbesluit van die mens vereis. Hy sal hulle onder bedreiginge en met maatreëls dwing, wat vir die mense ondraaglik sal lyk, om welke rede hulle te swak sal wees om weerstand te bied. Daarom moet daar gesê word; “die geloof is in gevaar”. Dit moet almal laat dink wie Ek benader deur My afgesante op aarde, aan wie My Woord, wat My afgesante van My af ontvang het, oorgebring word. Die geloof is in gevaar! Weet julle wat dit beteken om openlik ‘n standpunt te moet inneem en tegelykertyd die grootste aardse nood tegemoet te gaan? Weet julle hoe die mense elke lering van die geloof sal afkraak teenoor julle en vir julle die sinneloosheid daarvan sal wil bewys en hoe weinig julle daarop sal kan antwoord? Weet julle hoe moeilik dit vir julle gemaak gaan word om te kan standhou in julle geloof in My, julle God en Vader van die ewigheid? Hoe hulle alles van julle sal afneem en ruïneer wat vir julle tot nou toe onaantasbaar gelyk het. Hulle sal brutaal handel en optree teen almal wat hulle eis om My te verloën, vasberade van die hand sal wys en met dit alles voor oë, sal sommige meer swak word en My sonder weerstand verraai, want dit sal hulle aan die krag van geloof ontbreek wat uit die suiwer waarheid ontspring. Ek wil julle attent maak op die tyd en julle alreeds vooraf opheldering daaroor gee, omdat Ek die gesteldheid van elke mens persoonlik ken. Ek ken ook die nood waarin julle beland het deur die aktiwiteit van My teenstander, wat homself deur sy maatreëls duidelik sal laat ken. Ek wil julle oor sy sukses inlig, omdat hy baie aanhangers sal vind, want hy sal met lis en geweld stry. Hy sal slaag waar hy nie moes slaag nie, hy sal die geloof aan die wankel bring wat onwankelbaar lyk. Hy sal geloofsleringe sonder moeite omvêrgooi, want hy sal goed die woord kan voer en sal aan die mensdom die dwaasheid van hul denke bewys en die wat My nie in hulle harte dra nie, sal hom toejuig en gelyk gee en sy mag nog aansienlik versterk. Hy sal bereik wat niemand tevore bereik het nie, naamlik ‘n mag tot ’n val bring wat as onoorwinlik beskou was. Maar één muur sal hy nie kan neerslaan nie, teen één weerstand sal hy stuit en wel daar waar My stryders onder My leiding sal staan. Daar sal hy geen kans hê nie, want My stryders sal onoorwinlik wees, omdat die skild van die geloof hulle sal beskut, ‘n geloof wat so lewend sal wees dat die krag in hulself sal wees en nie aan die wankel gebring sal kan word nie. My stryders sal die krag regstreeks van My af ontvang, want hulle sal My kan hoor en sien en voor geen versoeking beswyk nie; hulle sal daarom wetend wees en ook insien welke uur geslaan het en hoe naby die einde is. Die ware kennis sal vir Myne die krag gee om te volhard tot aan die einde toe, maar die ware kennis ontbreek by die meerderheid van die mense en wanneer dit vir hulle vertel word, sal hulle dit nie aanneem nie. Ek weet egter wat kom en sal julle graag wil help, maar Ek kan dit slegs doen deur opheldering volgens waarheid vir julle te gee oor die stryd van die Lig teen die duisternis in die laaste tyd voor die einde. Dus opheldering oor die groot mag van My teenstander en die nog baie groter liefde van julle Hemelse Vader en Sy genade wat vir almal geld wat by Hom wil bly, wie daarom die ernstige wil het om aan die klein kudde te behoort wie se Herder Ek is en wie Ek dus nie sal verlaat in die verskriklikste geloofstryd wat die mense van hierdie aarde nog vóór die einde sal belewe nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205