BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 440

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Doeltreffendheid van die genade is afhanklik van die wil van die mens 4949 Ondersoek jouself in hoeverre jy gewillig is om in die waarheid onderrig te word. En as jy ernstig daarna verlang, sal jy dit ontvang. Want Ek, as die ewige Waarheid, sal dan ook naderkom aan julle mense, omdat julle verlange dan ook na My uitgaan. En net Ek is in staat om julle dinge te openbaar wat die menslike verstand nie kan deurgrond nie. Net Ek kan julle uitsluitsel gee oor vrae wat die menslike verstand nie kan beantwoord nie. En Ek sal dit ook doen, sodra julle My daarom vra en My Gees in julle werksaam laat word, omdat Ek daardeur kan praat: Ek wil julle na My toe trek deur My genade, want sonder My genade sal julle nie die weg na My vind nie. Sonder My genade ontbreek dit julle aan krag. Dus moet die stroom van My Liefde uitgegiet word oor julle en moet Ek My genade in volle mate oor julle uitstort. Omdat Ek al My skepsels liefhet, sal Ek al My skepsels dieselfde toebedeel. Maar nie almal is ewe gewillig om My genadegawes aan te neem nie en bepaal dus self die mate van genade wat by hulle werksaam word. Omdat Ek julle mense 'n vrye wil gegee het, is dit verstaanbaar dat Ek hierdie wil op geen enkele manier sal beïnvloed nie. Sou die genade wat aan julle geskenk word dadelik en ongehinderd effektief wees, dan sou dit gelyk wees aan 'n dwang op My skepsels. Die genade sou julle dus moes vorm tot die wesens wat julle eens was en weer moet word. En My Liefde sou die waarborg wees dat alle skepsels binne die kortste moontlike tyd verlos sou wees, omdat My genade buitengewoon doeltreffend is. Die wese sou dan deur My wil, deur My hulp, dit geword het wat hy egter uit vrye wil moet word en ook kan word, indien hy My hulp aanneem. Gevolglik moet Ek ook die doeltreffendheid van My genade afhanklik maak van die wil van die mens wat op My gerig is om geestelike onvolmaaktheid uit te skakel. Die doeltreffendheid van My genade is dus beslis wanneer dit begeer word. Maar vir 'n onwillige mens wat nog van My afgewend is, bly die genade sonder uitwerking, totdat hy homself weer vrywillig na My toe wend, van wie hy eens uit eie wil geskei het. Daar kan onbeperk ‘n beroep gedoen word op My genade. Die toevoer van My genade ken geen beperking nie en verseker ‘n gewillige mens binne ’n kort tyd geestelike vooruitgang en rypheid van die siel. Dus sou elke mens onherroeplik gered moes word, indien Ek nie vir die doeltreffendheid 'n voorwaarde sou gestel het nie, wat slegs bestaan uit die op My gerigte wil wat bewustelik op My moet afstuur. Die genadestroom kan dus sy uitwerking laat geld wanneer geen weerstand daarteen gebied word nie, sodat ook die wil van die mens kan verander wanneer die genade hom tref en hy homself sonder weerstand aan die uitwerking daarvan oorgee, indien sy wil dus besluiteloos was waarheen hy homself moes wend en die keuse van sy wil nog nie plaasgevind het nie. Indien die wil deur My genade vasgegryp word, sal die uitwerking hiervan duidelik wees en ook ingesien word as dit wat dit is, naamlik 'n daad van barmhartigheid van die ewige Liefde, Wie Haar skepsels wil terugwen. 'n Siel wat geen verset bied nie, selfs wanneer sy nog nie die weg na My gevind het nie, sal die uitwerking van die genade bemerk en haarself onderwerp daaraan. 'n Siel wat op My gerig is, sal daardeur na My toe gedryf word, maar 'n siel wat My nog vyandiggesind is, sal onaangeraak bly deur hierdie genade, omdat sy nie gedwing mag word om haar weerstand op te gee nie, maar dit in vrye wil moet doen om salig te word. Genade en wil staan dus so in verhouding met mekaar, dat die wil die uitwerking van die genade bepaal, maar die genade nie die rigting van die wil bepaal nie. Want Ek maak die wil van die mens nie onvry deur My Liefde en barmhartigheid nie, soos Ek die mens ook nooit hulpeloos prysgee aan die vyandelike mag nie. Veeleer kom Ek altyd weer met My genade nader aan hom, sodat hy die uitwerking daarvan sal kan beproef, naamlik dat hy sy weerstand teen My sal opgee en hy homself deur My laat saamsleep om ook die uitwerking van My genade duidelik te ervaar. Ek help elkeen deur My genade, maar Ek dwing niemand om werksaam te word nie, maar laat die wil van die mens volledige vryheid toe. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205