BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 441

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Onbegrensde toekom van genade – Doeltreffendheid 4952 'n Volle maat van genade val julle ten deel vir solank as wat julle op aarde wandel. En daarom sal niemand kan sê dat hy karig deur My bedeel is nie, sodat die lig van insig nie waarneembaar was nie. Ek kruis die pad van elke mens en Ek maak hom attent op die waarheid, wat hy ook altyd sal aanneem wanneer hy die wil het om opwaarts te gaan. In elke lewensituasie word hy geleentheid gebied om die weg opwaarts te gaan, die weg van liefde, wat onherroeplik tot insig lei. Die hele aardse lewe laat 'n aaneenskakeling van genadegawes sien, hulpmiddels wat My Liefde ononderbroke aan hom laat toekom, sodat hy aan die doel van sy aardse bestaan sal kan beantwoord. Niemand hoef daaraan verby te gaan wanneer Ek hom met My genade wil bedeel nie. Hy hoef maar net sy hart te open en die genadegawe in ontvangs te neem. Hy hoef slegs sy wil op die korrekte wyse te gebruik en die genade wat Ek hom onmeetlik laat toekom sodat hy gelukkig sal word, sal ’n effek op hom hê. Die mens hoef geen omvangryke kennis te besit nie, maar net te lewe volgens My wil, wat ook die eenvoudigste mens sal kan herken, omdat dit in sy hart gelê is wat goed en wat kwaad is. Ook die eenvoudigste mens kan na die stem van die gewete luister en dit in ag neem. Hy kan innerlik goed of sleg wees. Die insig daarin ontbreek nie by hom nie, solank hy die stem in homself nie tot swye bring deur die bewustelike oortreding van My gebod nie. Wie boos is, weet dit, selfs wanneer hy sy boosheid probeer regverdig of dit wil verbloem. Ook hierdie mens sal My genade kan ervaar. Ook hy word in situasies geplaas waarin hy homself kan besin en verander. Dan staan Ek weer op sy weg en hou hom 'n mate van genade voor. En slegs sy wil besluit of die genade by hom doeltreffend sal word of nie. Maar volledige insig vereis bereidwilligheid om gebruik te maak van die skenking van My genade. Dit vereis 'n oopmaak van die hart vir My stroom van genade. Dit word dan op so 'n manier effektief dat die mens vanuit die toestand van onkunde in die helderste lig geplaas word. Die volledige insig sal ook slegs deur 'n mens besit word wat werksaam is in liefde, wat dus alle weerstand opgegee het en daarom My gawe van genade gewaarword en die uitwerking daarvan in aanmerking neem. Genade kom elke mens toe, of hy goed of sleg is. By die goeie mens ondervind dit geen afweer nie, terwyl die slegte mens nog vol weerstand is teen My en daarom ook nie My geskenk aanneem nie. Maar Ek sal niemand karig bedeel nie, omdat alle mense My skepsels is, wat Ek liefhet en vir ewig vir My wil wen. Maar die doeltreffendheid van My genade maak Ek van die wil van die mens self afhanklik, omdat dit hom andersins nie tot seën sal strek nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205