BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 442

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Verwerping van die genadegawe van God - Duisternis 4956 Die genade van God mag nie afgewys word nie. Oorweeg hierdie woorde en dan sal julle dit begryp dat die mense deur leed en ellende heen moet gaan om oor ‘n ander weg by die doel te kom, wat hulle sonder moeite sou kon bereik het deur gebruik te maak van My genade. Ek worstel vir elke siel, Ek wil nie dat sy verlore gaan nie en daarom kom Ek haar steeds weer met My genade tegemoet. Ek wil haar help om haar doel te bereik, omdat Ek weet dat sy net te swak is om haar doel ernstig na te streef, naamlik om haarself te verlos. Waar die krag daartoe haar dus ontbreek, gee My Liefde haar buitengewoon baie genade en sy hoef slegs haarself sonder weerstand aan die werking van My genade oor te gee, sy hoef haarself slegs te laat aantrek deur My Liefde en die genadegawe dus gebruik. En dan sal sy vir ewig gered wees. Dog sien die mense in hulle blindheid nie My Liefde nie en wys daarom ook My genade af. Tog het Ek nog erbarming met hulle en hou rekening met hulle toestand van duisternis, want Ek verwerp nie die mense nie, maar hulle bevry hulself nie uit die boeie van Satan nie, wat dieselfde is as die verdoemenis, omdat dit ‘n totale verwydering van God beteken. Ek het erbarming met die blinde en onwetende mense en sit steeds weer My voet dwars vir hulle. Hulle wys My en My genadegawe wel af, maar hulle kort insig in dit wat hulle doen en daarom verstoot Ek hulle nie, inteendeel probeer Ek aanhoudend om hulle te wen. Maar wie My genade afwys, terwyl hulle dit egter ingesien het as genade, sondig teen My Liefde en kan geen erbarming verwag nie. Ook aan hulle laat Ek My steeds weer ken, maar veel moeiliker te herken as voorheen, omdat Ek sy hart met smartlike omstandighede probeer versag en hy My met sulke middele slegs moeilik sal kan herken. Ook is leed ‘n genadegawe, omdat dit die mens na My moet lei, as hy die weg nie alleen kan vind nie, of nie lus het om daarop te gaan nie. En so sal julle ook begryp dat ‘n kosbare gawe van My by die mens wat dit afwys, nie twee maal aangebied word nie en wie tog die insig gehad het, wat dus goed geweet het hoe om die waarde daarvan te skat, hy sal homself moet verantwoord, beantwoordend aan die genade wat hy afgewys het. Hy sal egter ook in duisternis verkeer, omdat die lig wat Ek hom aangebied het, uitgedoof is deur sy eie skuld en nou is die duisternis veel dieper as voorheen. Ek stuur die lig van die hemel omlaag na die aarde en wie deur sy straal aangeraak word, kan sy innerlike verlig en die geestelike duisternis verjaag. Dit is ‘n onmeetlike genadegawe wat Ek uitdeel op aarde en My Wysheid kan waarlik sien wie die hoeder van hierdie Lig kan wees, maar nooit is dit My Wil dat die mens goddelike Lig in homself moet opneem en daardeur helderheid aan homself verskaf nie. Maar as hy die Lig uit die hemel kan herken wanneer hy dit wil sien, sal die uitwerking van hierdie genadegawe hom openbaar by elke mens wat ernstig daarna streef om na My toe te kom en wie dus alle middele sal gebruik wat My Liefde hom aanbied. En so kan onwetendheid dus nie as verskoning na vore gebring word nie, wanneer die mens homself moet verantwoord vir sy goeie of verkeerde gebruikte wil nie. Veeleer sal die weerstand van die wil teen My Liefde en Erbarming duidelik aan die lig kom en ook sy toebehoort aan My teenstander, wie van benede net so op die mense inwerk en hulle aanspoor om My genadegawe af te wys. Die mens is vry, hy word nóg van bo, nóg van benede gedwing waar dit oor die geestelike ontwikkeling van die siel gaan. So word ‘n genadegawe, waarna hy sy hande nie verlangend uitstrek nie, ook nooit aan hom opgedring nie, maar of dit hom ooit op aarde opnuut aangebied sal word, is onseker, want slegs ‘n berouvolle siel, wat My innig daarom vra, kan weer deur die straling van lig aangeraak word. Maar wie eenmaal My genade afgewys het, beland in die diepste duisternis en sal alle lig verafsku, omdat die vors van die duisternis hom na benede trek en hy homself, sonder om weerstand te bied, sal oorgee aan sy mag en krag. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205