BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 447

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Teenstander van God se wil om te vernietig – Die gekluisterde gees - Mens 4965 Alles wat in die wêreld onbestendig is, is die aandeel van My teenstander. Dit wil sê dat alle materie nog onvolkome, dus aan My wederstrewige gees bevat wat My teenstander eens van My ontneem het. Die materiële skepping het deur My Wil ontstaan en hy het geen mag daaroor nie. En tog behoort hierdie wêreld aan hom, want hy kan homself daarop beroem dat die gees wat in die materie gekluister is, die produk van sy wil is. Maar My Wil het die materiële skepping laat ontstaan, om die gees uit die mag van sy verwekker te onttrek. En nooit meer sal hy die werk van My Liefde en Erbarming kan vernietig nie, wat sy voortdurende strewe is. Hy sou wel graag die gees wil bevry uit die gekluisterde toestand, waarin Ek hom geplaas het met die doel dat hy geluksalig sal word. Want as vry wese soek hulle nooit hul weg omhoog nie, maar gaan altyd verder die afgrond in onder die mag van My teenstander. Daarom ontneem Ek hom van die mag oor hierdie gees en skep vorms wat hy nie kan verwoes nie, omdat hulle My onveranderlike Wil is. Oor dit wat nog in die materie gekluister is, het My teenstander dus geen mag nie. Maar des te meer probeer hy dit gebruik by die laaste materiële vorm, wat die gees bevat, naamlik by die mens in die stadium van die vrye wil. Hy kan hulle ook nie dwing om aan hom onderdanig te wees nie, maar hy kan hulle op elke manier verlei en probeer om hulle daartoe te bring om ook materiële skeppings met kwade opset te verwoes. Dus bedien hy homself van die mens om sy wil uit te voer, naamlik die verwoesting van die materie. Maar dit staan die mens vry om sy wil te vervul of aan hom weerstand te bied. Om hom te wen vir sy skandelike planne, hou My teenstander dit verlokkend voor sy oë, wat hy self graag sou wil verwoes. Hy probeer die begeerte na die materie in die mens op te wek of te vergroot, om daardeur ook drifte en neigings in hom uit te lok, wat nie vir die verwoesting van materie terugdeins nie, om homself ryk te maak en goedere te versamel waarvan die eintlike doel daarvan afgeneem word, naamlik om hulleself deur diensbaarheid te verlos, omdat die mens self die gees daarin verhinder om te dien. Wat die vyand dus nie kan verwoes nie, wil hy hinder in die positiewe ontwikkeling. Hy probeer om die onbestendige bestendigheid te gee, as dit nie vir sy wil bereikbaar is om te verwoes nie. En die mens self gehoorsaam hom maar al te graag, solank as wat die materie hom lok en hy voortdurend poog om dit te vermeerder. Slaag My teenstander om die mense te verlei om vernielend besig te wees, dan gaan die voortydig vrygeworde gees sodanig tekere dat die orde omvêr gegooi word, dat daar dus chaos is, wat ook die mense kan tref wat hulself aan die invloed van My teenstander wil onttrek. Want die onsuiwer geesteswesens rig oral boosheid aan, wat steeds deur die aansporing van My teenstander gebeur, wat nou weer sy invloed uitoefen op die vry geworde gees. Daarom word dit weer deur My Wil gebind. Voortkomend uit die drang tot selfbehoud van elkeen afsonderlik, verskaf sulke mense van wie materiële goedere verwoes word, steeds weer werke van dienende bestemming, waarin die uit die materie ontsnapte gees weereens gekluister word, met die doel om verder ryp te word. En hierdie werke dien dan des te yweriger, omdat die gees daarin ‘n weldaad bespeur om weer ingeskakel te wees in die ontwikkelingsproses, wat hy onder dwang moes afbreek. Hy voel die weldaad aan van die ordening, wat aan al My werke ten grondslag lê, in vergelyking met om strydig met die wet werksaam te wees van My teenstander, aan wie hy wel onderworpe was in sy vrye toestand, maar wat hom nie gelukkig gemaak het nie. Die mens kan kragtens sy vrye wil en My genade, wat hom ter beskikking staan, aan die teenstander weerstand bied en baie daartoe bydra dat ook die materie deur hom onaangeraak bly, deurdat hy hom help om te dien en slegs 'n vernietiging uitvoer, wanneer daar aan die materie 'n vergrote dienende werksaamheid toegeken word. Dan onttrek die mens homself steeds meer van die invloed van My teenstander. Dan onderwerp hy homself heeltemal aan My Wil, terwyl hy homself verlos en ook die gees in die materie help om hulself positief te ontwikkel, deurdat hy My teenstander geen mag verleen oor homself nie en ook probeer om die materie van hom vry te maak, omdat die wil van die mens My teenstander steeds weerstaan. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205