BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 448

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Krag van die geloof is genade, wat egter eers werksaam word deur die wil 4966 Die genade van die almagtige God sal in die eindtyd buitengewoon goed merkbaar wees, wanneer die mense oorval sal word deur nood wat byna ondraaglik sal lyk. En wie hom in sy hart tot Hom wend, sal deur Sy Liefde vasgegryp word en met sy genade vervul word. Die regverdige mens wat homself vir God uitspreek, sal toeneem in insig. En hierdie insig alleen is 'n genade, want dit besorg die mens standvastigheid in die geloof en die daaruit voortvloeiend krag om weerstand te bied. Die mens wat 'n beroep doen op die genade van God sal nie meer swak voel nie. Hy sal bewustelik lewe in die hoop op spoedige redding uit die nood. Standvastigheid in die geloof is 'n genade, want die mens sal in hierdie groot nood van die eindtyd nie meer so aan homself werk, dat hy vanself 'n versterkte geloof sal kry nie. Maar God sal die wil sien wat na Hom gewend is en sal ook daar help waar die mens swak is. Hy sal 'n geloof in sy hart plaas wat onwankelbaar is en wat hom die laaste tyd op aarde sal laat verdra. Hy sal die geloof in sy hart plaas, maar dit wil nie sê dat God willekeurig gelowiges sal laat word deur Sy genade nie. Die geloofskrag is wel 'n genade, maar word slegs effektief by hom wat wil glo en God om hulp sal vra in sy swakheid. Elke mens sal waarlik God se genade en barmhartigheid kan ervaar, maar dit vereis die wil wat na Hom toegekeer moet wees, en hulle sal God te alle tye dankbaar wees. Dit sal 'n tyd van nood wees wat julle mense op aarde nog nie vir julleself kan voorstel nie. En die goeie mense sal bevrees wees vir hul medemens wat ware duiwels geword het. In hierdie angs en vrees sal hulle swak word en smekend tot God roep. Dan sal hulle Sy genade duidelik gewaarword. 'n Vaste vertroue en vrede sal hulle vervul en alle swakheid sal verby wees. Hulle sal Sy teenwoordigheid voel en sal hul vol vertroue oorgee in die hande van God. Slegs die aanroep in gees en in waarheid sal voldoende wees om die skenking van God se genade in die eindtyd te kan ervaar. En van daardie oomblik af sal die mense makliker oor hulle weg gaan, omdat hulle voel dat hulle nie meer alleen gaan nie. Om God te erken en op Hom af te stuur, maak die mens ook tot vruggebruiker van die goddelike genade. Dan kan hy nie meer swak wees nie. Dan sal hy alles met die oë van 'n wetende beskou en in sy hart sal die rus kom wat as vrede in God aangedui kan word, want hy is nou voortdurend in die gees met God verbind. Voortdurend voel hy die Vader langs hom. Voortdurend bemerk hy Sy krag en mag, en hy weet dat dit na die einde loop, dat elke dag vir hom verlossing kan bring uit die aardse nood, dat hy deur 'n wonderwerk gered sal word. Hy weet dat wanneer God in die wolke kom, dit die einde van sy aardse nood sal beteken en hy verwag dit dus met 'n gelowige hart, want sy geloof het nou die krag, wat hom in staat stel om vol te hou en God getrou te bly tot aan die einde. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205