BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 453

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Die Eerste en Tweede GEBOD 4978 Die riglyn waarvolgens julle op aarde moet lewe en My Wil vervul, sal vir julle gegee word: Julle sal voortdurend My gebooie van die liefde voor oë moet hou en dan sal julle nooit kan sondig nie, want ‘n lewe in liefde is ten alle tye ‘n lewe in My ewige orde en dan is dit onmoontlik om te sondig. In My gebod van die liefde teenoor God en die naaste was die wette van die ewige ordening en die profete inbegrepe en sodoende was die tien gebooie, wat aan Moses gegee was, nie opgehef deur My gebooie van die liefde nie, maar veeleer bevestig. Die tien gebooie was ast’ware vervat in My twee gebooie, waarin Ek die liefde tot My en die liefde tot die naaste verlang het. Slegs aan één enkele God moet julle julle hele liefde skenk, dus moet slegs een Wese vir julle Daardie Een wees waarna julle met julle hele hart na streef, Wie julle bemin en vereer, Wie julle probeer om te bereik. Daar moet niks vir julle bestaan wat die volmaakte Wese, julle God, sou kan vervang of verdring nie, want al die ander wat vir ‘n mens nog begerenswaardig lyk, is afgode, wat die liefde tot julle God minder maak en daarom nie naas My geduld kan word nie. Julle liefde moet My volledig en heeltemal toegedaan wees, julle God, Skepper en Vader van ewigheid. Want vanuit hierdie liefde vorm julle julle lewenswandel, julle wil en julle insig. Wie My bo alles liefhet, het alles gewen, My Self, My Liefde en die ewige lewe in My nabyheid. Hierdie gebod is die eerste gebod, maar omvat tog ook die tweede gebod, naamlik die liefde tot die naaste. Want ook die liefde vir diegene wat Ek geskape het, is ‘n getuienis van die liefde vir My en daarom kan beide gebooie nie vanmekaar geskei word nie. Sodat julle vas en onwankelbaar kan leer om te glo, moet julle My nabyheid bespeur en voel dat Ek Self tot julle spreek en ingaan op al julle gedagtes en vrae, selfs wanneer dit nie uitgespreek word nie. Ek toon steeds belangstelling vir julle innerlike lewe, Ek ken julle vrae en wil dit ook steeds beantwoord, sodra julle My geleentheid daartoe gee, sodra julle die vrae en gedagtes aan My voorlê en die antwoord geduldig afwag. Julle sal die antwoord steeds ontvang, sodra julle julleself instel om dit bereidwillig te ontvang, dus na julle innerlike luister, vanwaar die antwoord sal kom. En so verneem nou die verklaring van die gebod: “Julle sal die naam van julle Heer nie nutteloos gebruik nie”. Ek is en bly vir julle die hoogste en mees volmaakte Wese, met Wie julle altyd in verbinding sal kan tree. Ek wil dat julle julleself met My verbind, dat julle die vereniging met My sal soek, Ek wil dat julle na My roep, omdat julle daardeur julle wil aan My laat blyk, Ek wil dat julle My nooit uit julle gedagtes ban nie, dat Ek vir julle die eerste en die laaste sal wees, dat julle alles met My sal deel wat julle besighou, dat julle My om raad sal vra en alles aan My toevertrou en dat julle julleself toegedaan volgens My Wil, sal voeg. Maar Ek wil nie dat julle My Naam in die mond neem sonder dat die hart daarby is nie. Ek wil nie dat julle ‘n skynlewe lei nie, dat julle julleself teenoor die mense wil voordoen as My kinders wat die Vader innig toegedaan is, terwyl julle in werklikheid vêr van My verwyder is. Ek wil nie dat julle My Naam in die openbaar uitspreek en die verbinding met My heeltemal onmoontlik maak deur julle gesindheid nie, deur julle lewenswandel wat nie ooreenstem met My Wil nie, wat egter vir julle medemens verborge bly, omdat julle julleself voortdurend van My Naam bedien om julle medemens te mislei. Julle gebruik dan My Naam tevergeefs, wanneer hart en mond nie ooreenstem nie, wanneer die mond anders spreek as wat die hart voel. Dan sal dit waarlik beter vir julle wees as julle julleself duidelik van My afwend, omdat alle insig julle dan ontbreek, terwyl julle deur die noem van My Naam toegee dat julle besef wie Ek is, maar My nog in julle hart weerstaan. Julle mislei My nie, wel egter julle medemens en julle speel so ‘n spel van leuens en verraad teenoor My. Julle moet bewus wees dat die nuttelose noem van die Naam van julle God julle sonde verdubbel, dat julle My in ‘n sekere sin as dekmantel van julle verkeerde lewenswandel gebruik, dat julle verwarring wil stig by hulle wat nog glo en vir wie Ek die hoogste en mees volmaakte Wese is. Ek sou julle moet straf vir elke aanroep van My Naam wat uit julle mond kom, maar Ek eerbiedig julle vrye wil en duld julle vergryp, wat die gelowiges egter soms agterdogtig maak en aan die geloof sal laat twyfel. Daarom is elke noem van My Naam sonder erns ‘n versoeking vir die gelowiges, waarvoor Ek eens verantwoording sal eis. Dit is ‘n minagting vir My, Wie julle nie erken en tog gebruik om julle werklike wese te versluier, Wie julle dus tot deelgenoot probeer maak, anders sou julle julleself duidelik van My afgewend het en julle lewenswandel nie probeer verberg het nie. Die nuttelose noem van My Naam is ‘n leuen, wat homself eens ernstig sal wreek wanneer alle sonde geopenbaar sal word, want dit is ‘n growwe oortreding van die gebod van die liefde tot God en die naaste. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205