BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 454

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Derde, Vierde, Vyfde en Sesde GEBOD 4979 “Julle moet die rusdag heilig” Dit is ‘n gebod wat julle bewus moet laat word dat julle iets aan My verskuldig is, dat julle aardse lewe vir ‘n bepaalde doel aan julle gegee word, sodat julle ernstig daarna moet strewe om ’n verbinding met My te kry, dat julle die brug na My moet betree, dat julle die wêreld agter julle sal laat en julle verplaas in die geesteryk deur beskouing, deur innige gebed, deur ‘n stille samespraak met My, - dat julle dus in julle hart ‘n ware rusdag sal hou, dat julle ‘n ruspouse inlas in die jaag en gejag van die wêreld, waarin julle weliswaar leef, maar wat julle nie tot slaaf mag maak nie. Julle sal My alleen as julle Heer moet sien en julle sal My moet dien en juis daarom dikwels ‘n uur van rus inlas, ‘n uur waarin julle gedagtes by My kan vertoef, ook wanneer julle julle aardse plig vervul en ononderbroke besig is. Hoe meer julle julleself van die wêreld kan losmaak, hoe meer dikwels julle julleself in gedagtes met My verbind, des te meer erken julle My met oortuiging as julle God en Vader van ewigheid en met hierdie gebod vervul julle dus die heiliging van die rusdag en tewens ook die gebod van die liefde tot My. Maar julle liefde moet ook julle naaste geld. Maar wie is julle naaste? Elke mens met wie julle in aanraking kom, julle liefde moet aan almal behoort. Toe Ek deur Moses die tien gebooie vir die mense gegee het, was dit nodig om die mense spesiaal te wys op hul foute en ondeugde, want die liefde vir al die mense wat hulle omring het, was in hulle verkoel. Ook die kinderlike liefde was nie meer betrek nie, dit was ‘n toestand van verdorwenheid, boosheid en selfsug. Derhalwe moes die gebod van die naasteliefde in elke besonderheid aan hulle bekend gemaak word. Alles wat die goddelike orde betref het, het hulle buite beskouing gelaat en so moes hul meer gebooie gegee word wat weliswaar reeds in die gebod van die naasteliefde inbegrepe was en ook nou deur die hedendaagse mense in ag geneem moet word, indien hulle nie in stryd wil handel met die liefde nie. Julle moet julle ouers eer, aan hulle julle kinderlike liefde betoon en steeds aan hulle gehoorsaam wees. Julle moet steeds daaraan dink dat hulle julle in onbaatsugtige liefde tot mense gevorm het en dit dus vir julle moontlik gemaak het om die gang deur die aardse lewe te gaan en julle positief te ontwikkel, dat hulle hierdie taak deur My toegewys was, dat julle hul dus hierdie liefde sal moet vergeld wat hulle julle ooreenkomstig die natuurwet betoon het en wat hulle in staat gestel het om liggaamlik en geestelik vir julle te sorg. Aan hulle het julle julle lewe te danke en dus moet julle hulle eer en hul sorg vir julle aan hulle vergeld tot aan die einde van hul lewe. Dan sal Ek julle ook met welgevalle aansien en julle met My Liefde seën, want julle bewys, deur die liefde tot julle ouers, dat julle warm en gewillige liefdevolle harte het, wat ook vir My in liefde sal klop, as julle My sal herken as julle Vader van ewigheid, van Wie alle skepsels uitgegaan het, wat Hy tot Sy ware kinders wil maak. Slegs die liefde maak julle My kinders en wie sy ouers liefhet en eer, hy sal ook die hemelse Vader liefhê en deur Hom geseënd wees. “Jy mag nie doodslaan nie”. Ook hierdie gebod word vanself nagekom wanneer daar in liefde aan die naaste gedink word, want die liefde sal hom nooit skade berokken nie en nog minder hom van sy lewe ontneem. Dit gaan nie net oor die aardse lewe van die mens wat die liefdelose mens wil ontneem nie, dit gaan oor die moontlikheid om homself positief te ontwikkel, wat slegs op aarde gerealiseer kan word, om die mens te verander tot kind van God. Daarom laai julle ‘n onverantwoordelike groot skuld op julle wanneer julle julleself aan die lewe van ‘n mens vergryp, wanneer julle dit met geweld afbreek en daardeur wederregtelik van die siel ‘n genadegawe van My afneem. Julle begaan ‘n dubbele sonde, teen die naaste en ook teen My, soos trouens elke oortreding van die gebod van die liefde tot die naaste ook ‘n oortreding is van die liefde tot My, omdat julle indirek ook Hom die liefde ontsê Wie julle naaste geskape het. Om die aardse lewe te ontneem is nooit goed te praat nie, selfs wanneer edele motiewe die aanleiding is. Want deurslaggewend is dit dat die lewe van die liggaam slegs omrede van die siel gegee word, sodat die siel haarself daarin opwaarts kan ontwikkel. Julle mag die aardse lewe, die lewe van die liggaam, nie as die vernaamste beskou nie en om hierdie rede maar net aandag skenk aan die liggaamlike lewe nie. Maar nog baie minder mag julle die lewe so onbelangrik beskou dat julle meen om dit na willekeur te mag beëindig. ‘n Onvoorstelbare sug na wraak agtervolg die mens op aarde en ook nog in die geesteryk, wat wederregtelik die lewe van ‘n medemens neem en tewens sink hy deur sulke dade van haat en liefdeloosheid self in die diepste duister, want hy het homself aan Satan oorgelewer, wie se strewe dit is, om dit wat deur My tot lewe gewek is, te vernietig, om elke positiewe ontwikkeling te verhinder. Hy het sy wil om te sondig op die mens oorgedra en wil hom dus vir ‘n sataniese werk gebruik, wat die mens egter in vrye wil kon geweier het. Hy was nie gedwing om te sondig nie. Waar daar egter dwang aanwesig is deur aardse maghebbers, waar die mens in noodweer handel om sy eie lewe te behou, waar sy innerlike hom verset teen ‘n daad van die ergste liefdeloosheid en hy hom tog nie kan verset teen die aardse gebod nie, word steeds net die ingesteldheid van diegene beoordeel wat ‘n daad in stryd met die gebod (van liefde) verrig. Maar waar die mens teen die gebod sondig vanuit sy hart, word hy ook ten volle tot verantwoording geroep, omdat hy My gebod van die liefde nie ag nie en My teenstander aanhang. “Julle mag geen egbreuk pleeg nie.” Die gebod is besonder belangrik, want dit omvat alles wat met vleeslike begeertes saamhang. Dit betref die rigting wat die sinne neem, wat haarself uitlewe op seksuele gebied. Wel het Ek Self die reg daartoe gegee met die woorde: “Wees vrugbaar en vermenigvuldig julle”. Ek het die mense Self so geskape dat die liggaam van man en vrou verlang na vereniging, maar die einddoel daarvan is slegs die voortplanting en omdat die mens in besit is van ‘n vrye wil, staan dit hom vry om homself te beheers of homself ongebreideld uit te lewe. Wat enersyds deur My geseën is, kan andersyds vir die teenstander ‘n hoogs welkome geleentheid wees om die mens tot sonde te verlei, waarvan hulle egter ook steeds bewus van sal wees, want elke uitlewing, elke vervulling van liggaamlike begeertes trek die mens na benede en plaas hom nog onder die dier, wat slegs sy natuurlike drange volg, beantwoordend aan die natuurwet. Die wil van die mens is daarom egter vry omdat hy homself moet oorwin, omdat hy sy liggaam op die agtergrond moet stel, om die siel te help om opwaarts te klim. Sinlike drifte is die grootste hindernis om die siel te vergeestelik. En nogtans het Ek die mens so geskape dat die vleeslike begeerte hom erg kan beetpak, wanneer hy homself daardeur laat oorheers, as hy nie die wil het om weerstand te bied teen die versoekinge, waaragter My teenstander steeds staan nie. Dit is ‘n ernstige gebod wat Ek julle gee: “om nie egbreuk te pleeg nie”. En egbreuk is alle onkuise lewenswandel, wat inderwaarheid ‘n ongeoorloofde gedrag beteken jeens My gebod van orde, ‘n misbruik van die geslagsdaad om menslike lewe te verwek. Reine onselfsugtige liefde moet twee mense die weg na mekaar laat vind en die verwekking wat in so ‘n liefde plaasvind, sal nooit sonde wees nie, want dit beantwoord aan My ewige wet van orde. Maar sonder liefde is alle sinlike roes maar net die grootste gevaar vir die siel wat in geestelike duisternis wegsink en haarself moeilik daaruit kan verhef. Dit is die vleeslike lus van ’n eieliefde van die hoogste graad, wat alle onbaatsugtige liefde tot die naaste verstik, want vir so ‘n mens is niks heilig nie, hy respekteer en ag geen medemens nie, maar gebruik hulle net, hy neem wat nie van hom is nie en sondig dus in velerlei opsigte teen die gebod van die naasteliefde. Hy wie se siel ernstig daarna streef om opwaarts te gaan, weet ook dat hy hom nie ongebreideld mag uitlewe nie, omdat hy voel dat dit sy siel omlaag trek en dat hy ongelooflik moet worstel om weer ‘n hoër vlak te bereik. ‘n Ware huwelik sal nooit My afkeuring ervaar nie, anders sou Ek die mense nie geskape het om hulself voort te plant nie, maar die grense kan maklik oorskry word en elke te buite gaan is ‘n breuk in die deur My deur die natuurwet gewilde eg, in die saamlewe van man en vrou met die voortplanting van die menslike geslag as doel. Maar Ek ken die geaardheid van die mense, Ek is op hoogte van hul swakheid van wil en die uitermate sterke invloed van My teenstander. Ek verdoem hulle nie vir hierdie sonde nie, maar Ek gee hul die gebod tot hul eie voordeel en wie dit sal naleef, het ook die liefde tot My en tot die naaste en hy sal die weg omhoog makliker klim as diegene wat hul liggaamlike drifte vrye teuels gee tot skade van hul siel. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205