BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 459

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Verlos ons van die bose 4985 Verlos ons van die bose. Dikwels word julle gekonfronteer met versoekinge wat wel deur My toegelaat word, maar steeds die werk van My teenstander is, omdat hy ook stry om elke siel en daarom trag hy om die wil van die mens te beïnvloed om self teen My in opstand te kom, dus om te sondig. Hierdie versoekinge is vir die mens steeds ‘n klip waarop hy kan skipbreuk ly, maar ook dan laat Ek hom nie sonder genade om die Satan teen te werk nie. Ook Ek tree duidelik herkenbaar te voorskyn, wanneer die mens by ‘n kruispad kom wanneer hy deur die lis van My teenstander van die regte weg weggedring word en nog twyfelagtig is. Dan is ‘n kort skietgebed voldoende, ‘n gedagte tot My: Verlos ons van alle boosheid. Ek sal dan vol lig tevoorskyn kom, Ek sal hom die regte weg wys en Ek sal hom die duisternis toon van die ander weg. Ek staan elke mens by wat maar net ’n vraende en smekende gedagte tot My rig. Die versoekinge laat Ek wel toe, want ook aan My teenstander is die reg toegestaan om sy invloed uit te oefen, want dit gaan tog oor die vrye wilsbesluit en om dit te neem moet die mens ook aan beide invloede blootgestel word, die goeie sowel as die slegte. Maar om sonder beskerming die onderspit te delf, hoef die mens nie, want hy sal steeds weerstand kan bied, omdat Ek hom sal help, as hy maar eenmaal die weg na My ingeslaan het. Dan sal Ek hom baie duidelik toon welke krag hom wil skade berokken. Ek wil julle mense almal van die bose verlos en Ek wil julle bevry uit die mag van hom wat die skuld dra van julle gebonde toestand, Ek wil dat julle salig word, dat julle julleself nie meer in die noute gedrewe voel deur hom wat julle boosheid wil aandoen nie, wat julle in die verderf inlok en wat vir geen middel terugdeins nie. Hy kom selfs soos ‘n engel van die lig na julle toe, wanneer hy glo om daarmee sukses te hê, hy wil julle besit en gebruik lis en geweld. En tog vind hy in My sy Meester, want ‘n siel wat My gekies het, sal nooit meer sy slagoffer word nie. Wee egter diegene aan hom gebonde is, want hy hou hulle vas totdat hulle My om hulp smeek, wat ook verseker aan hulle verleen sal word. Verlos ons van die bose. Spreek hierdie woorde dikwels uit in die hart en julle sal van My hulp bewus word, want met hierdie versoek spreek julle julleself uit vir My, omdat julle My aanroep teen hom wat My teenstander en julle vyand is. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205