BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 462

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Geestelike dwang - Dogma 4993 Die grootste gevaar vir ‘n mens is geestelike dwang wat hom hinder met die verkryging van die insig wat die vrye wil bepaal watter rigting hy moet kies. Elke mens is ‘n individu wat homself moet vorm tot volmaaktheid. Elke mens is daarom ook verantwoordelik vir sy lewenswandel wat nodig is om ‘n bepaalde graad van volmaaktheid te bereik. En elke mens moet daarom vry kan kies, hy moet vir My getuig van sy wil. Hierdie getuienis verlang Ek, want Ek gaan nie daarmee akkoord dat ‘n mens vir sy medemens bepaal om in hiérdie of dáárdie rigting te dink, te wil of te handel nie. Die vryheid van wil van elke mens moet onaangetas bly. Dit word egter aangetas wanneer ‘n wilsrigting wetlik vasgelê word en die mens nou deur beloftes of bedreiginge daartoe gebring word om hierdie rigting te gaan. Maar so ‘n gedwonge wil sal Ek nooit as te nimmer goedkeur nie, selfs wanneer Ek nie openlik daarteen optree nie, juis om geen dwang op die wil uit te oefen nie. Die mens is ‘n denkende individuele wese, wie Ek die vermoë gegee het om vry te kan wil en dink en wel met die doel om self te kies in die laaste stadium van sy geestelike ontwikkeling op aarde en om dan ook sy loon te ontvang in die ewigheid, beantwoordend aan die keuse van sy wil. Dit is wel goed en ook My wil dat ‘n mens sy medemens op hoogte sal bring van die gevolge van sowel ‘n regte gebruik asook ‘n verkeerde gebruik van die wil. Dit is My wil dat die mense opheldering ontvang oor die verhouding waarin die mens tot My, sy Skepper, staan en moet staan. Dog kan daarmee volstaan word wanneer hy reg onderrig word, wanneer die goddelike liefdesleer aan hom gebring word en dat hy ook aangespoor word om onbaatsugtige naasteliefde te beoefen. Maar dit alles moet sonder dwang gebeur. Die mens moet dus onderrig word, maar nie daartoe gedwing word om die leer wat aan hom oorgebring is, aan te neem nie, omdat hy sy wil moet gebruik volgens eie goeddunke. Ek het die mense ‘n vrye wil gegee, julle het dit egter afgeneem en gebruik julle wil dus verkeerd, ofskoon julle glo om vir My in My opdrag te werk. Nooit het Ek My apostels die opdrag gegee om My leer as geloofsdwang te versprei nie, omdat ‘n geloof uit dwang nooit ‘n geloof kan wees wat heilsaam sal wees vir die positiewe ontwikkeling van die siel nie. Bowendien vra Ek van die mense maar net ’n geloof aan My as hoogs volmaakte Wese. Ek vra maar net om te glo aan My Almag, Wysheid en Liefde en aan die Krag van die Liefde. Want wanneer julle dit glo, sal julle self die Krag van die Liefde ondervind en dan alles anders wat nodig is om te glo, vanself insien. Want dan werk My Gees in julle, Wie julle volgens Waarheid onderrig. Maar ‘n gedwonge geloof lewer vir julle geen volmaaktheid op nie. ‘n Gedwonge geloof sal ook selde lewend word en aan ‘n gedwonge geloof kan Ek geen waarde toeken as vrye wilskeuse nie, omdat die vrye wil nog nie in julle werksaam geword het nie, maar julle julleself alleen volgens julle opvoeding uitspreek vir ‘n geloofsrigting, sonder om dit goed te ondersoek vir haar waarde of waardeloosheid. Wat Ek van julle vra as geloof is dat julle slegs deur die liefde salig kan word. Maar ook hierdie geloof moet julle self verwerf, julle kan wel die leer daarvan aanneem, maar julle moet egter eers die liefde beoefen om in julleself seker daarvan te wees dat die liefde die verlossende krag is. En eers hierdie innerlike oortuiging is die geloof wat tot lewe wek, omdat dit in vrye wil verkry was. Dog is alle dwang ‘n teken van onvolmaaktheid, omdat alle dwang strydig is met die vryheid, wat egter in die allereerste begin eie was aan die geestelike wesens en hulle dit daarom ook moet terugwen om salig te word. Hoe kan ‘n dwangmaatreël as in ooreenstemming met My Wil beskou word, wat die mens se geestelike vryheid ontneem, wanneer hy in ‘n sekere sin “pligmatig” iets moet glo waarvoor Ek vra vir volledige vrye oorweging en aanname. Ek, as hoogste Wetgewer het, op die gebod van die liefde na, wat ook die tien gebooie van Moses insluit, julle mense geen vêrdere gebod gegee nie, omdat so iets teen Myself sou getuig, of die vrye wil van die mens sou laat twyfel. Die mense matig hulle egter aan om wette uit te vaardig, sonder om ‘n bevoegdheid daartoe te hê. En daarmee tas hulle die vrye wil van hul medemens aan! Elke wet is dwang en alle dwang is teen My Wil. Sodra die mens nie self vry kan dink nie, sodra hy ‘n leer moet glo, is sy wilsproef waardeloos. Want hy moet self kies, maar geen besluit neem onder dwang nie. En elke dogmatiese leer is dwang, dit maak nie saak of dit volgens die waarheid is of nie. Alle dogma doen dus die vrye wil geweld aan, wat onvry word wanneer ‘n geestelike beslissing gemaak moet word, omdat dit aan hom voorgeskryf was en die oortreding daarvan ‘n oënskynlike sonde is. Maar van My kant het elke mens die reg tot vrye wilsbesluit. Ek vra slegs nadenke oor wat daar van hom verlang word om te glo. En indien hy dit nie met oortuiging kan aanneem nie, ondanks nadenke, dan reken Ek hom dit nie as sonde toe nie. Wel sal hy egter sondig wanneer hy ‘n leer met die mond bely, sonder dat hy sy hart geraadpleeg het. Elke mens is slegs verantwoordelik vir homself en dit is ‘n aanmatiging, wanneer één mens die geloof van duisende wil vasstel deur ‘n gebod, soos wat ‘n dogmatiese leer altyd beskou moet word. Alles wat die wilsvryheid van die mens aantas, kan nooit My toestemming wegdra nie, want Ekself het nie die mense eenmaal oorreed om die waarheid aan te neem, indien hul eie wil nie daarna verlang het nie. Wel het Ek die mense steeds onderrig en Ek het hulle die suiwer waarheid laat toekom, maar dit het elkeen vrygestaan om dit aan te neem of af te wys. En so ook moet julle julle medemens maar slegs onderrig in alle liefde, maar steeds die vryheid van ‘n besluit aan hulself oorlaat, omdat ‘n geloof vanuit dwang nie deur My erken word nie. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205