BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 463

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Besorgdheid van die Vader oor Sy kinders 4994 Julle kinders van hierdie aarde is My versorgingskinders, omdat julle julle eie weg gegaan het en nie meer aangetrokke voel tot die Vader nie en daarom luister julle nie na die Vader se stem wat julle liefdevol wil terugwen nie. Die weg wat julle geneem het, het vêr van die doel af gelei, daarom bekommer Ek My oor julle, omdat Ek weet waar hierdie weg heen lei. Maar as My kinders het julle ook ‘n vrye wil, anders kan julle nie My kinders wees nie. Vrye wil is deel van die toestand van volmaaktheid, waarin julle julleself aanvanklik bevind het, daarom kan Ek julle nie na My toe terug forseer nie, maar gee julle altyd net liefde, want sodra Sy julle hart aanraak, sal julle na My teruggedryf word. Maar hoe dikwels verleng julle mense julle tyd van skeiding van My. En hoe dikwels oorskry julle self julle aangewese verlossingsperiode. En dan moet julle weer ‘n smartlike toestand verwag wat egter nie aan julle opgelê word deur My toorn nie, maar wel deur My Liefde, sodat julle jul doel kan bereik. Weer is daar vir julle mense ‘n draaipunt in sig, naamlik die einde van ‘n verlossingstydperk wat aan julle toegeken is. Ek word meer en meer besorg oor julle, want die tyd wat oor is vir julle verlossing, is baie kort, maar kan nog gebruik word om julle te help met julle verlossing. Julle kan nog van die hinderlike beperking bevry word, indien julle dit self sou wil, indien julle julleself sonder weerstand aan My begeleiding sou oorgee. Die tyd van genade sal spoedig verby wees, die resultaat van julle weerstand sal spoedig bekend wees en julle sal die gevolge moet dra, omdat julle julle eie weg gevolg het, sonder om te luister na die stem van julle Vader, Wie duidelik spreek tot elkeen, want Ek praat met julle deur alle gebeure, julle hele aardse lot is die uitdrukking van My Liefde; die lyding, die ontbering en die verdriet is Woorde van liefde van My aan julle, om julle daaraan te herinner dat julle My kinders is wat julle van My geskei het en wat hul weg weer na My moet terugvind. En slegs iets wat julle innerlik beweeg en julle ontmoedig, sal julle terugdryf na My, by wie julle beskerming en hulp sal vind in alle teëspoed. Julle moet self na My toe kom, net soos wat julle julleself van My geskei het. En om hierdie rede sal die lyding en ontbering meer word tot aan die einde, omdat dit die enigste middele is wat nog suksesvol kan wees, want julle luister nie na My sagte Woorde van liefde in julle harte nie en My Liefderyke oortuigings bly ondoeltreffend. Julle het ‘n lang pad gekom tot by julle menswording. Laat hierdie weg nie vergeefs afgelê wees nie, neem die laaste kanse waar wat aan julle gebied word om in ‘n toestand van vrye wil ’n besluit te neem om opnuut ware kinders van julle Vader te word. Moet nie dat die kort tyd verbygaan sonder dat julle julle julle wil verander nie, naamlik dat julle wil homself in die rigting sal wend waar die mees getroue Vaderliefde op julle wag. Die tyd vlieg verby en julle gaan ‘n vreeslik lot tegemoet indien julle My bly teenstaan en julle weg nie na My teruggevind het nie, want My plan staan vas sedert ewigheid. ‘n Nuwe periode van Verlossing sal begin, omdat alles die weg van hoër ontwikkeling sal moet neem, sodat al die kinders van My Liefde die geleentheid kan kry om in vrye wil nader aan My te kom. om na hul Vaderhuis terug te keer wat hulle eens vrywillig verlaat het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205