BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 479

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Geloof stryd - Groot teenspoed – Bely Jesus as Verlosser 5028 Bly in aanhoudende geloof in julle God en Vader, Skepper van die Hemel en Aarde en Heerser van die geesteryk in Krag en in Heerlikheid. Bly in die geloof in Hom, selfs in die grootste nood en bely Hom voor die wêreld. Dit word van julle mense verwag en sal baie krag verg, veral gedurende die laaste dae voor die einde. En net dié mense wat die krag daarvoor van My vra en dit voortdurend aanvaar deur My Woord, sal uithou. Julle sal almal nog in groot nood beland, julle sal onder groot aardse en geestelike druk geplaas word om julle denke te verander en My te ontken. Selfs julle wat getrou is, sal nog toetse van geloof moet slaag, alhoewel dit meer ter wille van julle medemens as vir julleself verwag sal word. Julle sal slaag om daardeur te kom, omdat julle reeds baie krag sal hê, omdat julle in kontak met My sal wees en hierdie kontak nie sal breek nie, want Ek sal julle vashou met My Liefde wat julle sal voel en met julle hele hart sal teruggee. Maar julle sal nietemin nie hierdie toetse van geloof gespaar bly nie, want julle standvastigheid is bedoel om julle medemens te laat besef waar julle jul krag vandaan kry en hoe effektief dit is, omdat julle in My glo. Dit sal wees soos dit was toe Ek in die wêreld gekom het, waar die geloof in My selfs ontbreek het in dié wat beskou was as hul medemens se onderwysers en wat deur hul lewenswyse, hul vlak geloof in 'n God van liefde, almag en wysheid verraai het. Dieselfde gebrek aan geloof sal nou in mense wees en diegene wat vasbeslote is om hulle te forseer om God heeltemal te ontken, sal dit maklik vind en min weerstand vind, aangesien mense se geloof leweloos is, omdat hulle sonder liefde leef. Hulle glo nie in 'n God en Skepper van die ewigheid nie en nog minder in 'n goddelike Verlosser, Jesus Christus, in Sy verlossingswerk en is dus onder die beheer van die een wat die siele van My wil ontworstel vir die ewigheid. Hy sal nie daarin slaag nie, want My Liefde sal nie eers die laagste gevalle siele laat los nie. En daarom laat Ek Satan toe om te doen waaraan hy ookal kan dink in sy haat en dwaling. Ek laat dit toe, want Ek wil 'n nuwe tydperk van verlossing begin, sodra daar nie meer hoop is dat mense op hierdie aarde sal verander nie. En so sal hy woed totdat hy te ver sal gaan, en julle mensdom sal die gevolge en volle krag van sy haat ervaar, want hy sal dié van julle beveg wat aan My behoort en 'n wrede oorlog voer. Nietemin moet julle hierdie tyd vreesloos verwag, want Ek sal ook buitengewoon werk, maar met liefde en nie haat nie. En liefde sal seëvier. Ek sal na julle kom as julle Verlosser wanneer julle in die grootste nood is. Ek het hierdie tyd van teenspoed oor en oor voorspel, sodat julle nie sal wankel in julle geloof nie, maar besef dat alles sal gebeur wat Ek vir julle aangekondig het deur sieners en profete, deur My dissipels van die laaste dae, wat in My Naam sal werk om krag en troos aan julle oor te dra wanneer julle in desperate situasies sal beland. Ek sal altyd self naby aan julle wees en hierdie sekerheid sal julle krag gee en julle sal aanhou tot die einde, selfs in die sterkste stryd van geloof. Ek sal aan julle kant veg en die oorwinning sal ons s'n wees. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205