BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 49

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Geestelike betekenis van die Woord 3735 Elke Woord wat Ek gespreek het toe Ek op aarde geleef het, bevat ‘n diepgaande geestelike betekenis, selfs waar dit aardse sake betref. Julle moet daarna streef om die geestelike betekenis te verstaan en so My Woord ontvang met die begeerte om dit geestelik te verstaan, want wat Ek gesê en gedoen het op die aarde, was ter wille van die siele wat veronderstel was om volmaaktheid te bereik, terwyl hulle nog op die aarde was. Daarom moet julle denke geestelik georiënteerd wees vir die siel om voordeel te trek uit My Woord. Dan eers sal julle die onskatbare waarde besef van dit wat Ek op aarde aan julle deurgee, slegs dan sal julle in staat wees om te besef hoe groot die geskenk van genade is wat julle van My ontvang, deur die direkte oordrag van My Woord aan julle. Elkeen van My Woorde waarsku julle om liefdevol op te tree. Dit sluit ook die aardse aktiwiteite in, maar as die aardse daad nie geïnspireer is deur die gees van liefde nie, verloor dit sy waarde vir die siel. Alles wat julle op aarde doen kan slegs as ‘n aktiwiteit van liefde oorweeg en waardeer word, wanneer die gees van liefde betrokke is, anders sal 'n aksie slegs effektief wees in die aardse lewe. En daarom is dit die gees wat eerstens 'n persoon se daad waarde vir die ewigheid gee. As julle elkeen van My Woorde vanuit hierdie oogpunt beskou, sal julle besef hoe ywerig 'n persoon homself sal moet verbeter om sy siel te voorsien van die voordeel van My Woord. Hy sal elkeen van My woorde geestelik moet verstaan, eers dan sal hy dit kan nakom en My wil vervul. Dit volg dus dat die optrede wat uiterlike gebare vereis, uiterlike herkenbare dade, met die uitsondering van die barmhartige hulp vir 'n medemens, nooit My wil kan wees nie, omdat die korrekte nakoming van My Woord geestelike werk is wat nie vir enige ander persoon sigbaar hoef te wees nie, wat slegs herkenbaar is deur die gevolge daarvan, maar nie deur uiterlike aksies nie. Ontdek die geestelike betekenis in elkeen van My woorde en julle sal moet erken dat Ek nie van julle verwag om enige besondere dade te doen wanneer Ek julle herinner om nederig, vreedsaam, barmhartig en regverdig te wees nie. Al hierdie vereis bloot geestelike werk, want 'n uiterlik sigbare aksie waarborg nie die gees van wat Ek vra nie. Net die effek is herkenbaar in die persoon self, net soos wat ‘n liefdevolle daad vir 'n mens se naaste inderdaad ook waarneembaar sal wees vir die mens en tog hoef dit nie die gees van liefde te bevat nie, indien die persoon se denke nie geestelik georiënteer is nie. Die gevolg van julle optrede in die lewe is duidelik in die orde wat noodwendig sal moet lei tot 'n insluiting van My wil. Gevolglik kan julle mense My Woord volg sonder om geestelik aktief te wees deur 'n lewe te lei wat die gevolg is van julle opvoeding, en wat nie My wil weerspreek nie, maar wat tog geen groot voordeel vir julle siele sal inhou nie, omdat julle My Woord nie geestelik verstaan nie. Julle maak nie seker van die geestelike betekenis van My leer van liefde nie, en so sal julle nie in staat wees om heeltemal binne My orde te bly nie, aangesien Ek julle eers bewus moet maak van die feit dat julle nie genoeg aandag gee aan julle siele nie. Om hierdie rede moet hart en verstand aktief raak indien julle geestelik volwasse wil word, julle moet My Woord aanneem met julle harte en dit volg soos deur die hart gemotiveer, anders sal dit onbruikbaar in julle bly, ten spyte van julle skynbare nakoming van My gebooie. Probeer om die gees van My woord te verstaan en julle sal die mees oorvloedige seën daaruit kry, want dit wat Ek aan julle gee, is bedoel vir die ewigheid en nie vir julle tydelike lewe nie, dus moet julle 'n poging aanwend om die ewige lewe te verkry, en daarom moet julle ook geestelik baie aktief wees, aangesien dit die gees is wat lewe verwek. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205