BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 496

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Wederkoms van die Heer – Huidige tyd – Getuies vir die nuwe aarde 5077 Julle almal sal getuies van My mag en glorie wees, julle sal leef om My terugkeer te sien, gedeeltelik in die gees en gedeeltelik in die vlees, omdat die tyd na die einde neig en dit sal plaasvind soos wat Ek dit te alle tye en voortdurend afgekondig het. Julle sal My wederkoms meemaak en daarvan getuig in die Paradys op die nuwe aarde, want Ek sal hulle wat My tot aan die einde getrou bly op die nuwe aarde plaas, waar hulle ook My Woord aan hul nakomelinge bekend sal maak, soos wat hulle dit nou volgens My opdrag doen. Ek weet wie hiervoor geskik is en weet goed hoe om My knegte teen ondergang te beskerm. Ek sal My dissipels van die eindtyd met buitengewone Krag voorsien, sodat hulle hul diens goed sal kan verrig, sodat hulle moedig sal kan veg teen almal wat My vyandig gesind is, wie se haat oorloop teen Myne. Maar nie een van My knegte sal van hierdie aarde vertrek voordat hul taak voltooi is nie. En die laaste op hierdie aarde sal die eerste wees op die nuwe aarde, waar hul opdrag ook dieselfde sal wees, naamlik om My Woord te verkondig, al is dit op ‘n ander wyse, want dit sal vreugdevol en verlangend aanvaar word, dit sal herken word vir wat dit is, naamlik ’n liefdesbewys van die Vader, Wie Sy kinders gelukkig wil maak. Almal sal My stem herken, wanneer Ek deur hulle tot die mense van die nuwe aarde spreek, omdat elkeen van hulle die vuurproef op die aarde deurstaan het en aan My getrou gebly het. Daarom sal hul loon groot en saligmakend wees, ‘n harmonieuse lewe in die Paradys op die nuwe aarde sal vir hul beskore wees, wat geen mens vir homself kan voorstel nie, omdat My Mag en Heerlikheid geopenbaar sal word en Ek Self by hulle sal wees. Ek sal in die wolke kom en hulle tuisbring en sal by hulle bly, omdat hulle My kinders geword het deur hul getrouheid, wat hulle aan My getoon het gedurende die laaste geloofstryd! Omdat hulle My onbevreesd bely het en van My getuig het sonder dat hulle My eers vooraf gesien het, sal hulle My daarom ook in alle glorie aanskou voordat die laaste einde gekom het. Wat Ek aankondig, sal vervul word, Ek sal weer kom en julle sal My wederkoms beleef. Julle glo nog nie dat die tyd so naby is dat julle die verskrikking van die einde sal moet beleef en dat hierdie aardoppervlak deur My toelating vernietig sal word nie. Julle glo nog nie dat die verklarings deur sieners en profete die teenwoordige tyd betref nie en dat julle mense in hierdie tyd groot dinge sal beleef wat geen mens vir homself kan voorstel nie, omdat so-iets nog nie op hierdie aarde gesien is nie. Maar met verwondering en ontsetting sal die mensdom spoedig hierdie gebeurtenisse kan volg, wat ‘n spoedige ontbinding van die aarde geloofwaardig sal maak en daarna sal die einde vinnig kom. Maar My uitverkorenes sal hierdie tyd deurstaan, omdat dit My wil is en omdat hierdie tyd ook getuies sal hê, wat uitverkore is om oor hierdie gebeure te spreek, sodat My Mag en Heerlikheid onder die nakomelinge van die menslike geslag op die nuwe aarde openbaar sal word. Want hierdie gebeurtenisse moet deur oorlewering vir die nageslag bewaar bly, aangesien daar weer ‘n tyd sal kom wanneer die sonde die oorhand sal kry en daar nie meer aan My gedink sal word nie. Dan moet hulle getuienis die mense tot waarskuwing en vermaning dien, welke noodlot hulle wie My heeltemal vergeet het, sal meemaak. Dan sal daar gewag gemaak word van die ondergang van die ou aarde en van die laaste oordeel wat beslis het oor lewe en dood, oor geluksaligheid en verdoemenis. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205