BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 504

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Aardse goed - Die dwaling van die menslike strewe 5100 Alles wat julle op aarde julle eiendom noem kan van julle afgeneem word, indien dit My Wil is. Julle kan julle nie daarteen verset nie, maar julle sal julle daarna moet skik. Ek maak julle egter steeds oplettend daarop dat julle julle harte nie aan aardse goedere vasheg nie, omdat dit nie blywend is nie. Julle kan julleself egter van ‘n geestelike rykdom verseker wat nie van julle afgeneem kan word nie, wat julle voortdurend kan vergroot, in die besonder in die tyd van groot nood wat oor julle gaan kom. Dan sal julle kan uitdeel en groot seën sal hulle ontvang wat die skatte uit die geesteryk as geskenk aan hulle laat gee. Want hierdie skatte sal julle die ewige lewe besorg. Aardse goedere kan julle nie teen die dood behoed nie, wel kan die geestelike goedere julle egter behoed teen die dood van die gees. Al die aardse sal vergaan en julle mense is ook netso in gevaar dat julle die liggaamlike lewe sal moet prysgee. Dan sal al julle besittings niks meer werd wees nie. Bly julle egter in die lewe, dan sal julle gedagtes anders gerig word, want dan sal julle die waarheid van My Woord insien, wat julle steeds op hierdie nood oplettend gemaak het. Ek weet wie van julle getref gaan word, - deur My Wil. Wat Ek daarmee beoog is egter nie tot julle skade nie, maar slegs tot voordeel van julle siele. Ek weet waar die afsonderlike mens nog kwesbaar is en daarom moet Ek hom sulke wonde toedien wat sy verlange na die materie tot niet sal maak, wat hom sal genees van die verpestende invloed van hierdie wêreld. Wel sal vele dit as ‘n wrede en harde ingryping van die noodlot beskou, maar eenmaal sal dit vir hulle duidelik voor oë staan. En hulle sal My dank vir My gewelddadige ingryping in hul lewe, wat andersins sonder sukses vir die siel sou verloop het. Ek sien hoe die mensdom steeds meer in die materie wegsink, hoe hulle enkel en alleen nog maar streef daarna en besig is met die vermeerdering daarvan, onbekommerd hoe naby die einde is. Dit is ‘n volledige nuttelose kragverspilling, want baie vinnig sal dit voor julle oë vergaan, juis dit waarna julle mense so gretig na verlang. Dag na dag laat julle verbygaan sonder om vir julle siele geestelike goedere te verwerf. Dag na dag wend julle jul oë na die wêreld en dink nie aan die lot van julle siel na die dood nie, wat vir julle almal so naby is, aards en geestelik gesien. Maar Ek kan julle slegs weer vermaan, dwing kan Ek julle egter nie en julle ook geen sigbare bewys van die waarheid gee van dit wat Ek aan julle bekend maak nie, sodat julle julself nie uit vrees verander om die onheil vry te spring nie. Julle moet vry vanuit julself wil dat julle salig kan word. Julle moet vry vanuit julself verlang om met My, julle Skepper en Vader van ewigheid verenig te wees, dan sal julle ook vrywillig My Wil vervul en die eieliefde, d.w.s. die liefde vir die wêreld, in onbaatsugtige naasteliefde verander. Dan sal julle na geestelike goedere strewe en julle sal die einde nie hoef te vrees nie, net soos die verlies van aardse goedere, wat die komende tyd van nood met hom sal meebring. Ek weet goed wat Ek elke mens afsonderlik wil laat behou en oorlaat, maar julle weet dit nie en moet julself daarop voorberei dat alles van julle afgeneem sal word en dat daar vir julle tog nog ‘n rykdom sal oorbly wat onverganklik is en nooit van julle afgeneem sal kan word nie. Sorg maar net vir hierdie goedere en julle sal altyd My goedheid en erbarming, My Vaderliefde wat trou vir julle sorg, in julself ervaar, Wie julle steeds sal gee wat julle nodig het, wat julle, wat aan My wil behoort, nooit in nood sal laat beland nie. Dan hoef julle ook nooit die komende te vrees nie, want julle sal niks meer kan verloor nie, omdat julle alles gewen het. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205