BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 512

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Weg van ontwikkeling in die toestand van gebonde wil en in die staat van vrye wil 5125 Niks is doelloos nie. Alles wat is, is deur God geskape en in die lewe geroep om 'n doel te vervul. Alles het dus ook sy bestemming, dit moet op die een of ander manier diensbaar wees om sy doel te vervul. Selfs die kleinste skeppingswerk, die kleinste lewende wese, het sy taak wat hy moet vervul en waartoe hy in 'n sekere sin gedwing word, omdat al die geskapene onder 'n natuurwet staan en kan dus nie teen hierdie wet handel nie. Tog is hy wat onder die wet van die gedwonge wil volbring word, ook in 'n sekere sin 'n diensbare wese, want hy strek steeds 'n ander skeppingswerk tot voordeel en hy is nodig vir die ontstaan en behoud daarvan. En so bestaan daar niks in die hele heelal wat sonder bestemming is nie, wat dus doelloos geskape is nie. Maar die laaste doel en die laaste bestemming is die vrywording van die gees, waartoe die hele skeppingswerk dus bydra volgens die goddelike wyse plan van ewigheid. Die hele skepping het slegs met die doel ontstaan om die gees te verlos en elke afsonderlike skeppingswerk vervul onder die wet van die gebonde wil sy bestemming. Maar dit is anders gesteld met die mens, wat weliswaar ook `n skeppingswerk van God is, maar in sy denke, wil en handeling nie onderworpe is aan die wet van die gebonde wil nie. Die uiterlike mens, die liggaamlike vorm, staan nog wel onder die wet van die gebonde wil, omdat dit gevorm is uit gees wat nog aan die begin van sy ontwikkeling staan. Maar sy siel het 'n sekere vryheid, sy kan haarself volgens eie wil ontwikkel, is dus deur God nie aan hierdie wet onderworpe nie. Tog is ook haar ontwikkeling, haar verlossing uit die kettings van die aardse materie, afhangend van haar wil om haarself diensbaar besig te hou, dus is diensbaarheid die eintlike doel van haar bestaan op aarde. En omdat sy nie gedwing word om diensbaar te wees nie, moet sy haarself in die liefde ontwikkel wat die mees sekerste aansporing is om dienend besig te wees. Wat in ’n eindelose tyd onder die wet van die gebonde wil plaasgevind en bereik is, moet nou as mens sy bekroning deurmaak, egter in vrye wil. Die mens moet dien in liefde om daardeur totaal vry te word uit die gebonde staat wat die gees as ’n ketting en as ’n beperking van sy oorspronklike hoogs eie volheid van krag en lig ervaar. Die siel van die mens kán op aarde hierdie doel bereik wanneer sy dit maar ernstig wil, maar sy móét dit nie bereik nie, omdat God haar die vryheid van wil gegee het, sodat sy vry kan kies vir Hom of Sy teenstander wat haar onvry gemaak het. Dienende liefde is die sleutel om vry te word uit ’n eindeloos lange gevangenskap. Wat die wese volgens God se wil móés doen gedurende die lang gang deur die hele skepping, dit moet sy nou in die laaste stadium uit vrye wil doen: Sy moet uit liefde diensbaar wees. Daardeur bewys sy haar Goddelike afkoms, want die liefde druk 'n stempel op die goddelike wese en sy vorm weer haarself tot dit wat sy was in die allereerste begin, sy aanvaar weer wat sy uit vrye wil prysgegee het uit arrogansie. Sodra die mens in liefde diensbaar geword het, sal sy oortreding teenoor God opgehef word. Hy het dan vanuit die sondige toestand getree en het weer na God teruggekeer van wie hy homself wou verwyder. Hy het sy kindskap ingesien en begeer nou om die regte verhouding met die Vader aan te gaan en so word hy deur die liefde 'n ware kind van God. Maar alles moet in vrye wil gebeur en dit is die toets van sy aardse lewe wat hy onvoorwaardelik sal moet deurstaan. Die mens kan die doel bereik, aangesien daar vanaf God op elke manier hulp aangebied word, maar hy kan ook die hele lang gang van ontwikkeling onder die wet van die gebonde wil tevergeefs afgelê het, wanneer hy, in plaas van om opwaarts te gaan in die stadium van mens, stilstaan of homself heeltemal negatief ontwikkel. Dan misbruik hy weer opnuut sy vrye wil, want hy maak geen gebruik van die vele geleenthede wat hom gebied word om die doel te bereik nie en sal dan ook die gevolge moet dra, naamlik 'n hernieude gang deur die hele skepping. Eens sal ook hy sekerlik sy doel bereik, maar die wese bepaal self die tydsduur van sy gebondenheid, want God het hom die vrye wil gegee, wat Hy ook moet eerbiedig sodat hy volmaak kan word. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205