BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 514

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Pilare van die kerk van Christus – Arbeid in die wingerd 5131 Ek trek julle steeds uit suiwer liefde na My toe. Ek weet sedert ewigheid wie sy weerstand teen My sal opgee en wie Ek daarom as instrument sal kan gebruik om My te dien gedurende die laaste tyd vóór die einde. Nog ken julle nie die uur van die einde nie, nog hou Ek ‘n sluier gesprei oor alle dinge op hierdie aarde. Maar julle, My getroues, moet op hoogte wees van My verlossingsplan. En indien dit nodig sal wees, sal Ek julle ook die tyd aangee, sodat julle tot seën van julle medemens julle kennis kan gebruik, sonder om hulle daarvan in kennis te stel. Want die kennis van die dag en uur sal hulle skaad. Slegs ingewydes, My troue toegeneë dienare kan Ek opmerksaam maak oor die dag van die einde, maar ook vir hulle op ‘n wyse wat hulle nie sal skaad in hul geloof en wil nie. Daarom beproef Ek eers die harte van My dienare. Ek gee hulle egter ook die krag om elke beproewing te deurstaan en so sal die weinig tevoorskyn tree wat My aan die einde nog groot dienste sal verleen en wat ook daartoe in staat sal wees. Ek ken julle harte, Ek ken julle wil en Ek kom julle tegemoet met dit wat julle begeer, naamlik lig en krag. Daardeur sal julle sterk pilare van My kerk op aarde word en geen wêreldse of geestelike mag sal haar kan omgooi nie, omdat julle kragtig weerstand sal bied wanneer mense haar mure bestorm. Aan die einde van hierdie aarde het Ek mense nodig met ‘n sterk wil en ‘n sterk geloof. En oral ken Ek sulke mense en berei hulle voor op die laaste stryd, wat teen My en al die gees gerig is. Die voorbereiding geskied egter sodanig, dat Ek hulle inwy in My heilsplan van ewigheid, om eers self in My bestuur en werksaamheid besig te wees en om alles wat daar gebeur te verklaar, om hulle daardeur te versterk in hul geloof in My, wat dan egter ook ywerige suksesvolle arbeid in My wingerd moontlik maak. Bowendien verskaf Ek lig en krag aan hulle, wat hulle bekwaam sal maak om te onderrig en wat hul ook krag sal gee om uit innerlike oortuiging stand te hou teen alle aanvegtinge van die kant vanaf die duisternis. En so vorm Ek vir Myself ‘n leër van sterk stryders, wie Ek egter ook versorg en ondersteun totdat hulle hul opdrag heeltemal vervul het, totdat hulle die oorwinning oor die vyand behaal het gedurende die laaste stryd op hierdie aarde. Ek ken julle en julle wil en Ek prys julle salig dat julle julleself aan My gewy het. Ek neem julle op as My eiendom en sal julle vir ewig nie meer loslaat nie. Want Ek het julle nodig in hierdie laaste tyd, omdat Ek nog deur julle wil inwerk op julle medemense wat Ek julle sal laat ontmoet, sodat julle by hulle julle werk in die wingerd kan verwesenlik. En omdat Ek julle nodig het, sal Ek ook vir julle sorg totdat julle julle taak volbring het, totdat die einde gekom het, wat vir julle almal ophande is. Ek wil My Gees uitstort oor julle almal, sodat julle kan insien in welke tyd julle leef. En My Gees sal dit ook aan julle verkondig wanneer die dag kom wat aangekondig is in woord en geskrif. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205