BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 516

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

Geestelike ontvangs of verstandswerk? –Ernstige ondersoek 5135 ‘n Eindelose oorvloed van geestelike kennis kan na die aarde oorgedra sonder dat dit deur mense herken word vir wat dit is. Want geeste werk op alle terreine en wil kommunikeer met mense, en afhangende van mense se graad van volwassenheid, word hulle ontvang of verwerp. Geen geestelike wese word verhinder om homself uit te druk as mense bereid is om te luister nie. Tog word mense netso beskerming gebied wanneer hulle nie genader wil word deur bose magte nie. Want krag kan nie toegepas word deur die geestelike wêreld nie, nie van onder af, of van bo af nie en daarom hang dit altyd af van die individu se eie vrye wil, watter soort geestelike inligting hy sal ontvang. Nietemin moet julle weet dat geestelik ontwaakte mense, dus diegene wat in bewuste kontak met My is en wat 'n beroep op My doen vir die suiwer waarheid, kan nie weer mislei word of verkeerd onderrig word nie, want hierdie mense word omring deur 'n beskermende muur van ligwesens wat net altyd probeer om toegang te weier aan alle onrein geeste, want 'n geestelik ontwaakte mens behoort aan die verlossingsgemeenskap sodra hy sy dienste vir My aangebied het en sy verlossingswerk sal nie deur die duisternis bedreig word nie. Maar dan is die vraag in watter soort posisie die persoon van voornemens is om My te dien en hoe ver hy reeds in die waarheid binnegedring het. ‘n Minder ingeligte persoon sal nie in staat wees om verhewe wysheid te begryp nie, gevolglik sal hy ook nie in staat wees om die waarde daarvan te beoordeel nie, 'n waarheid te beoordeel wat nog vir hom onverstaanbaar is. In daardie geval is sy sending nie dieselfde as dié van 'n persoon wat in die mees diepgaande kennis onderrig is nie. Verder moet streng aandag geskenk word om te bepaal of 'geestelike ontvangs' of verstandelike werk van die brein onder bespreking is. Julle doen goed om te onthou dat geestelike ontvangers, indien hulle volgens My instruksies werk, geestelik beskerm sal word teen inmenging deur onrein geeste, maar dat 'n mens se eie denke nie verbied kan word wanneer hy sy intellek gebruik om sy wil te formuleer nie en ‘geestelike ontvangs’ dus dan nie kan plaasvind nie. Hierdie persoon kan ook goeie bedoelings hê, maar hy laat homself nie toe om gelei te word nie, in plaas daarvan neem hy self die leiding. Julle mense moet julleself streng kritiseer, julle moet uiters nederig bly sodat Ek in julle kan werk, sodat julle nie aan die teenstander enige rede gee om julle negatief te beïnvloed nie. Julle sal deur My Gees van Liefde onderrig word wanneer julle gedagtes na hoër vlakke mik. Maar dan moet alles wat nog betrekking het op aardse sake, agtergelaat word, dit wil sê, julle moet julself heeltemal uitsluit wanneer julle vrae stel wat julle beantwoord wil hê. Eers dan sal die geestelike magte wat absolute waarheid aan julle oordra, in staat wees om tot aksie oor te gaan. Dan sal suiwer geestelike gedagtes na julle toe vloei en julle sal seker wees dat julle waaragtig onderrig word. Maar indien julle wêreldse indrukke saamneem, sal die siel steeds deur die verstand beïnvloed word, in welke geval die intellek die oorhand kan kry, en volgens sy wense kan julle beïnvloed word deur gedagtestrome wat nie uitstralings vanaf die koninkryk van lig is nie, maar wat as sodanig beskou word en dit is waarom teenstrydige inhoud altyd krities ondersoek moet word, sodat julle nie verwar word nie. Julle moet leer om binne suiwer geestelike gedagtestrome te beweeg, julle moet slegs die suiwerste waarheid begeer en net geestelik onderrig wil word. Julle moet in uiterste nederigheid begeer om My Woord te hoor, dan sal alle wêreldse gedagtes na die agtergrond beweeg, die ligwesens sal dan in staat wees om julle te beïnvloed en sal julle onderrig volgens My instruksies. Dan sal julle die suiwerste geestelike inligting ontvang waarvan die inhoud konsekwent is, en elkeen van julle sal dieselfde dink, want slegs een waarheid word van bo gestuur na diegene wie My liefhet en verlossend aktief wil wees, wat My werking in hulle wil toelaat. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205