BOEK 2 - OPENBARINGE EN PROFESIE VIR DIE LAASTE DAE
BERTHA DUDDE

Hoofstuk 521

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249, 250, 251, 252, 253, 254, 255, 256, 257, 258, 259, 260, 261, 262, 263, 264, 265, 266, 267, 268, 269, 270, 271, 272, 273, 274, 275, 276, 277, 278, 279, 280, 281, 282, 283, 284, 285, 286, 287, 288, 289, 290, 291, 292, 293, 294, 295, 296, 297, 298, 299, 300, 301, 302, 303, 304, 305, 306, 307, 308, 309, 310, 311, 312, 313, 314, 315, 316, 317, 318, 319, 320, 321, 322, 323, 324, 325, 326, 327, 328, 329, 330, 331, 332, 333, 334, 335, 336, 337, 338, 339, 340, 341, 342, 343, 344, 345, 346, 347, 348, 349, 350, 351, 352, 353, 354, 355, 356, 357, 358, 359, 360, 361, 362, 363, 364, 365, 366, 367, 368, 369, 370, 371, 372, 373, 374, 375, 376, 377, 378, 379, 380, 381, 382, 383, 384, 385, 386, 387, 388, 389, 390, 391, 392, 393, 394, 395, 396, 397, 398, 399, 400, 401, 402, 403, 404, 405, 406, 407, 408, 409, 410, 411, 412, 413, 414, 415, 416, 417, 418, 419, 420, 421, 422, 423, 424, 425, 426, 427, 428, 429, 430, 431, 432, 433, 434, 435, 436, 437, 438, 439, 440, 441, 442, 443, 444, 445, 446, 447, 448, 449, 450, 451, 452, 453, 454, 455, 456, 457, 458, 459, 460, 461, 462, 463, 464, 465, 466, 467, 468, 469, 470, 471, 472, 473, 474, 475, 476, 477, 478, 479, 480, 481, 482, 483, 484, 485, 486, 487, 488, 489, 490, 491, 492, 493, 494, 495, 496, 497, 498, 499, 500, 501, 502, 503, 504, 505, 506, 507, 508, 509, 510, 511, 512, 513, 514, 515, 516, 517, 518, 519, 520, 521, 522, 523, 524, 525, 526, 527, 528, 529, 530, 531, 532, 533, 534, 535, 536, 537, 538, 539, 540, 541, 542, 543, 544, 545, 546, 547, 548, 549, 550, 551, 552, 553, 554, 555, 556, 557, 558, 559, 560, 561, 562, 563, 564, 565, 566, 567, 568, 569, 570, 571, 572, 573, 574, 575, 576, 577, 578.

God Self as Leraar 5150 Wie die buitengewone genade sal ondervind om deur Myself onderrig te word en wie hierdie leer, wat regstreeks aan ‘n mens (Bertha Dudde) deurgegee is, ontvang en aanneem, hy sal nie langer aangewese wees op die verskaffing van enige kennis van elders af nie. Hy sal oorvloedig deur My versadig word met die “Brood van die lewe” en hoef die geestelike voedsel nêrens anders meer te soek nie. Hy hoef ook nie meer uit ‘n reënbak te skep nie, omdat die suiwer water hom uit die bron toestroom wat waarlik baie suiwerder en beter is. Waar daar egter ‘n gebrek aan vars bronwater is, daar moet die mense hulself dankbaar bedien van die water wat hulle ter beskikking staan. Maar hulle moet dit ook sorgvuldig beskerm teen ontreiniging. Verstaan julle wat Ek vir julle daarmee wil sê? Ek wil in geen geval hiermee die “boek van die vaders (die Bybel)” veragtelik maak nie, wat vir julle van oudsher af heilig is en wat ook nooit te nimmer sy waarde sal verloor vir mense wat in goeie geloof en liefde tot My, hulle kennis daaruit probeer put nie. Want daarin lê ‘n diepe wysheid verborge wat slegs verstaanbaar is vir hulle in wie die Gees werksaam en lewend geword het. Maar wanneer Ek julle Self onderrig, gee Ek vir julle naas die lering, terselfdertyd ook die verklaring. Ek pas die onderrig aan na gelang van die mate van julle rypheid, Ek gee aan julle die verklarings in so ‘n formaat dat dit verstaanbaar is. Ten eerste leer Ek julle steeds om My wil te ken, want om te lewe volgens My wil is die opdrag van julle aardse bestaan. Ek vra julle om My aan te neem as God en Skepper van die ganse heelal, maar ook as liefhebbende Vader van My “kinders”, wat op aarde die kindskap van God sal kan bereik, maar baie hulp en ondersteuning daarvoor sal nodig hê. Vir julle mense het die betekenis van My vroeëre woorde onduidelik geword, daarom wil Ek (deur die nuwe openbaringe: opm van uitg.) aan julle op ‘n eenvoudige manier die korrekte sin van die Bybel verklaar. Daarom stuur Ek My evangelie weer na die aarde toe, soos wat Ek dit eens verkondig het tydens My verblyf op aarde. Ek wil nie net as God in julle verstand teenwoordig wees nie, maar ook in julle hart woon. Ek verlang dat julle lewendig in My sal glo en Ek wil dit aan julle duidelik maak hoedat julle ‘n lewende geloof kan verkry. Nie deur baie kennis wat julle met julle verstand julle eie gemaak het bereik julle ‘n lewende geloof nie, selfs wanneer julle die boek van die vaders (die Bybel) ontleed het, nee - slegs deur ‘n lewe in onselfsugtige liefde. Julle insig sal baie meer omvangryk wees as wat dit moontlik is om alles te bestudeer en julle geloof sal waaragtiger wees wanneer julle My gebooie van die liefde tot God en julle naaste onderhou, want dan sal julle waarlik wys wees en innig met My verbonde. Dan sal julle ook geskik wees om julle medemens te onderrig en aan hulle die gevolg van ‘n opregte lewenswandel te verkondig. Dan sal julle ware verteenwoordigers op aarde en predikers volgens My wil wees, want dan put julle al julle kennis uit julleself en My Gees in julle lei julle dan in die suiwer waarheid in. Julle sal dan ‘n kennis besit wat julle nie van buite af gekry het nie, maar wat julle blywend deur My genade ontvang het. Dan het die “Bron van die Lewe” Haarself vir julle geopen, dan stroom die lewende water uit die “Bron van My Liefde” tevoorskyn, waaraan julle julleself almal moet lawe. Maar julle moet dan ook ’n verfrissende drankie vir julle medemens aanbied, sodat hulle ook daardie suiwer water mag proe. En indien hulle van goeie wil is, sal hulle hierdie “water” (My Woord) nooit wil misloop nie. Alle mense sou hulle aan hierdie “Bron van die Lewe” kan lawe, maar slegs weinig weet hoe om hierdie bron te vind. Hierdie weinig is egter nie tevrede met hulle onwetendheid nie en soek die Waarheid, om welke rede hulle hulself na My toe sal wend as die ewige Waarheid en sal bid vir ‘n verkwikkende drankie, wat Ek sekerlik nie van hulle sal weerhou nie. Skep daarom uit die “Bron van die Lewe” en ontvang met ‘n dankbare hart wat My Liefde vir julle aanbied. Waardeer die groot genade om deur Myself onderrig te word, want julle sal nog baie krag nodig hê, wat julle slegs uit My Woord wat julle van bo ontvang het, kan verkry, want hierdie Woord van My het Ek geseën met My Krag. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205